Boere vas vir moord op ‘veedief’

Argieffoto

Argieffoto

Drie mans, tussen 68 en 76 jaar oud, verskyn Maandag in die Bafokeng-landdroshof in Tlhabane in Noordwes nadat hulle glo ʼn vermeende veedief doodgeslaan het.

Lt.kol. Pelonomi Makau, polisiewoordvoerder, het gesê die boere het Donderdag in die Luka-omgewing naby Phokeng die 24-jarige oorledene daarvan beskuldig dat hy beeste gesteel het voor hulle hom glo erg aangerand het.

“Die Phokeng-veediefstaleenheid het op ʼn klag van veediefstal reageer en met hul aankoms by die veepos die oorledene bewusteloos in een van die mans se voertuie aangetref,” het Makau gesê. “Die man het verskeie beserings gehad en sy hande was vasgebind. Hy het by ʼn plaaslike kliniek aan sy beserings beswyk.”

Nadere ondersoek het die verdagtes met die 24-jarige se dood verbind en hulle is in hegtenis geneem op aanklag van moord.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

22 Kommentare

JC ·

“Moord”, wat ‘n grap! Hulle het hul eiendom beskerm!! Die ouens moet net ‘n goeie prokureur kry!! Dit is al wat nodig is, dan sal hulle loskom.

Uvonka ·

Die slagoffers is altyd die skuldiges. Maak nie saak of jy jou en jou gesin, eiendom of enigeiets wil beskerm nie, boet sal jy!!!!!!!

Annemarie ·

Absoluut belaglik! Sal graag hierdie een wil volg en hoor wat die uiteinde is! Kriminele elemente het te veel regte en boere is voos en arm gesteel/gemoor/verkrag! As die wet op almal van toepassing was het so iets nie gebeur nie!

Kiepie ·

Daar het ons dit nou met die alewige geroep na “mob justice”. As jy so laag kan daal om iemand se hande agter sy rug vas te bind en hom dan dood te slaan is jy niks beter as enige ander krimineel nie. En weereens, jy kan nie jou barbaarse optrede regverdig deur die oortredings van ander nie. Mag die reg sy gang gaan in hierdie geval net soos ek hoop dat reg sal geskiet in elke plaasmoors, aanranding ens. wat daagliks in ons land voorkom.

Anoniem ·

Ja, die reg moet sy gang gaan. Die probleem is die reg gaan net in een rigting sy gang.

Dis nogal snaaks (of eintlik is dit al ‘n gewoonte) dat as ‘n boer aangeval word dat daar bitter min gebeur en dit vat ook baie lank voor iets gebeur om die skuldiges vas te trek, maar as ‘n boer iets gedoen het word dit dadelik hanteer en oor die hele wereld uitgesaai oor hoe sleg die boere is

Karma ·

@Kiepie, met dáárdie ingesteldheid, is dit dalk beter om jou mond te hou. In mindere of meerdere mate sê jy dit reg dat die anderskleuriges die boere se beeste en eiendom steel, asook hulle vermoor en hul vrouens en kinders verkrag en vermoor. Moet die Boere dan altyd stilsit en toekyk hoe dit waarvoor hulle en hul geslagte jare lank gewerk het, gesteel en verniel word? Eienaardig dat mens dikwels lees dat ‘geen arrestasies nog in die geval gemaak is nie” waar ‘n plaasmoord plaasgevind het, maar waar die Boere reg in eie hande geneem het – dalk uit moedeloosheid met die polisie se onvermoê of onwilligheid om reg en geregtigheid te laat geskied – word die Boere tjop-tjop in hegtenis geneem en aangekla.

Kiepie ·

Nee jong Karma, jy lees of verstaan my kommentaar heeltemal verkeerd. Maar soos die Engelsman sê: ” There is none so blind as he that would not see”, so daarom gaan ek nie eers verder uitbrei op jou kommentaar of myne verdedig nie. Mooi dag.

Kiepie ·

O ja Karma, ek wou nog sê, lees Francois le Cochon se kommentaar hier onder. Hy is meer wel ter tale as ek so miskien verstaan jy hom. Weereens, Mooi dag.

Van ·

Wag totdat dit met joy gebeur ………..hind sight is always an exact science!

Boer ·

Hulle mag steel Moor en plunder en kom weg daarmee maar nou dat ons op staan vir ons goed en lewens kyk wat gebeur.

KarooKlong ·

Jy verstaan nie wat jy lees nie. Jou “ons” is onder verdenking.

Kiepie ·

Nee Boer, hulle mag nie en daar is ‘n regstlesel wat met hulle behoort te handel. Indien hulle wel moor en plunder het ons egter nie die reg om dieselfde te doen nie. As ons nie vertroue in die regstelsel het nie moet ons die druk op die regering plaas om die regstelsel weer effektief te maak.

#whatajoke ·

BOER >>> Ek stem saam met wat jy sê. Dis eintlik hartseer dat so baie mense in ons land so vir die kriminele kan wees…. dis regtig mos #viva_a_la_criminal

Francois le Cochon ·

Indien iemand ‘n ongemagtigde oortreder op sy eiendom betrap, of ‘n ongemagtigde oortreder op sy eiendom betrap wat besig is om ‘n misdaad te pleeg, het die eienaar die reg om hierdie oortreder te dood, indien die die oortreder vir hom ‘n lewensgevaar is. Indien drie boere ‘n misdadiger vang, wat nie hul lewes in gevaar stel, en hom doodslaan, pleeg die drie boere moord, en sal al drie op ‘n aanklag van moord verskyn. Eenvoudig soos dit. Dit het NIKS te doen met “ONS” en “Hulle” nie. Dit is bloot “common sense”

Van ·

U edelagbare……hoeveel van ONS word in hegtinis geneem terwyl hulle vrylik rondloop end plunder?!?!?!?! ONS probeer die regte ding doen deur hulle te gaan aangee maar Dan raak files missing end sake word uitgegooi …..waars jou common sense nou. Julle justice lovers besef nie dat ons uitgemoor word vir selfone nie en dit gaan nie ophou totdat die bloed vloei nie!

Francois le Cochon ·

@Van. ONS sal slegs in hegtenis geneem word as ONS iets onwettigs doen. Wees verseker, dat daar wel lasbriewe sal wees vir misdagers wat nog “rondloop”. Die punt is, as jy onwettig optree, ongeag of jy een van ONS is of een van HULLE, dan sal jy (een of ander tyd) in hegtenis geneem word, en sal die wet sy gang gaan. Om wet in eie hande te neem, is blootweg onwettig. Moenie dat persepsies jou denke beinvloed nie. Wees emosioneel intelligent.

Hasie ·

Hoe seker is julle, dalk het die veediefstal eenheid hierdie ou aangerand op pad kliniek toe. Almal lieg.

Johan ·

Daar sal niks van die saak kom nie want dit is swart boere.

marie visser ·

Ons hoor ook niks van die skuldiges wat rowers binne hul woongebied met klippe stenig nie. Waar is daardie klomp skuldiges, is hulle ook vir moord aangekla? Vra maar net, want van hulle hoor mens niks.

Louwrens ·

Al wat my van hierdie insident pla is die feit dat die vermeende rower se hande agter sy rug vasgemaak was. Ek het nog altyd geglo as jy die boosdoener vang en hom foeter dan moet hy ten minste in n posisie wees om homself te verdedig. Ek dink dit is pure slapg…t geit om enige iemand aan te rand terwyl hy homself nie kan verweer nie. Selfs die feit dat dit 3 teen 1 was pla n bietjie. Dalk sal hulle ouderdomme as versagting kan dien maar dit bly steeds verkeerd.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.