Boere wat hulself verdedig, ‘in spervuur’

plaas-noordwes

Argieffoto: Johni Edwards

TLU SA sê die Suid-Afrikaanse regstelsel laat wetsgehoorsame burgers in die steek deur boere in hegtenis te neem wat hulself teen misdadigers beskerm. Die situasie word boonop vererger wanneer die staat boere se aansoek om borgtog teenstaan.

Volgens Henry Geldenhuys, TLU SA se president, gaan die organisasie binnekort ’n skrywe aan Ronald Lamola, die minister van justisie en korrektiewe dienste, rig om die erns van die situasie onder sy dringende aandag te bring.

Maroela Media het die afgelope jaar oor enkele gevalle berig waar boere in hegtenis geneem is nadat hulle hulself teen plaasaanvallers probeer beskerm het.

In ’n onlangse voorval is Piet Kleynhans, ’n Vrystaatse boer, op ’n aanklag van poging tot moord in hegtenis geneem nadat hy glo ’n groep jagters se honde doodgeskiet het.

In Februarie is Pieter Swart, ’n leeuboer van Kroonstad in die Vrystaat, in hegtenis geneem ná hy drie vermeende aanvallers uit beweerde selfverdediging doodgeskiet het. Hy is egter ’n week later uit aanhouding vrygelaat aangesien daar geen prima facie-saak was nie.

Geldenhuys sê dit wil voorkom asof die regstelsel nou omgeswaai word om die plaasaanvaller te beskerm, eerder as om na die belange van boere om te sien. Hy sê op hierdie manier word die regstelsel se onafhanklikheid en geloofwaardigheid ernstig onder verdenking geplaas.

“Dit wil voorkom asof misdadigers nou gerat is om onmiddellik ’n klag vir die rig van ’n wapen, rassisme, poging tot moord, aanranding, intimidasie of selfs moord teen die boer by die polisie aanhangig te maak, soms sonder enige bewyse,” sê Geldenhuys.

“In die meeste gevalle word die boer in hegtenis geneem en bevind die wetsgehoorsame burger hom in die beskuldigdebank. Boonop gebeur daar niks met die persoon wat eerste die wet oortree het nie.

“As jou plaas onwettig betree word, moet jy jouself kan beskerm. Maar nou moet jy skynbaar kies tussen om self geskiet te word of tronk toe te gaan.”

Geldenhuys sê die owerhede behoort ook in ag te neem wie die aanhitser van die voorval was wat daartoe lei dat die boer strafregtelik aangekla word.

“As die oortreders in die eerste plek nie die grond onregmatig betree het nie, sou daar geen voorval gewees het nie.”

Volgens Geldenhuys laat die staat die boere verder in die steek deur ook hul borgtogaansoeke teen te staan.

“Die boer blyk skuldig te wees ongeag die omstandighede nog voordat hy verhoor word. Dit is tog algemene kennis dat ’n boer met ’n plaas wel vaste eiendom het en gevolglik nie ’n vlugrisiko is nie.”

Geldenhuys het ook daarna verwys dat die gepaardgaande regskoste ’n ekstra en uiters onnodige finansiële las op boere se skouers plaas.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

25 Kommentare

Di ·

Vertel dit nou vir die useless ANC kaders. HULLE is die grootste rassiste in die land! As dinge so aangaan is daar een van die dae ‘n groot voedseltekorte in die land en glo my, ONS gaan nie die swaarste daaronder ly nie, die MEERDERHEID gaan dit voel.

casper ·

Die reg stelsel asook die polisie word beman en gedirigeer deur die rassisties ANC reghering wat alles moontlik sal doen wat hulle kan om mense met ‘n wit vel van die plase af te kry en hulle eiendom te roof !!!

Jacobus ·

Al hierdie boere moet bygestaan word om siviele eise vir onnodige inhegtenisneming en vir verlies en skade aan eiendom omdat die boer nou aangehou word en die terroriste dan sonder weestand sy skure en implimente aan die brand steek. Soos nou die geval was met die boer in KZN wat nog steeds sukkel om borgrog te kry.

Dup ·

Die getransformeerde regstelsel is nou daar om ñ sekere rassegroep te beskerm.

Pieter ·

Praat gaan ons niks help nie, dit is van al die praat dat ons sit waar ons sit sterkte vir die wat dink jy kan met n anc terroris onderhandel.

Werner ·

Die regering wil so graag he n rewolusie moet in die land uitbreek.Hulle hoop die boere begin dan kan hulle weer die onskuldige jannie jammergat gesiggies opsit.

Wakkerslaper ·

Net so! Ek dink die terroriste regime karring met opset aan Boere om te sien of ons eerste wil slaan. Gaan dan soos jy sê weer “arme slagoffer” kaart speel soos in die verlede…

Nick ·

Dit het nou tyd geword om siviele eiese en dagvaardigings te bring aan polisie wat boere onregmatig in hegtenis neem en groot eise instel en klagte le’ teen die wat vals inligting en bewyse lewer. Dit is ook tyd dat boere saamstaan en bydra tot n fonds wat kan aangewend word in gevalle van vals en onregmatige arrestasies.
Om die polisie en howe te vertrou gaan nie help nie. Hulle span almal saam om malema se agenda deur te voer. Hulle lok die boere uit.

FM ·

Mag ek voorstel

Stig ‘n fonds binne AfriForum om al hierdie onregverdige aanklagte te beveg dat geen persoon aangekla word wat huis en haard probeer beskerm het.

Die betreder is die krimineel

Nie Verbaas ·

Dit is wat gebeur as mense met n minderwaardigheidskompleks moet oordeel.

Swartskaap ·

Stop alle landbou produksie. Laat hierdie komuniste vrek van die honger.

Maggies ·

Dit is waarom ek teen doodstraf is. Stel julself voor hoe vinnig en ook onregverdig ons boere tereggestel sou word.
Ons lewe ongelukkig nou in ‘n land met ‘n regering wat nie ‘n flenter omgee wat van die minderheidsgroepe word nie. Die rassekaart vier hooggety.

Jaco ·

Die regstelsel beskerm die plaasaanvaller, MAAR van die beloofde onteiening sonder vergoeding kom ook niks. Vreemd…

Jacques ·

Ek wens regtig dat daar n land is wat al die blankes in Suid Afrika sal inneem. Die wêreld moet ook dan sy hand toe hou vir Afrika se bedel. Ons sal dan sien hoe lank die klomp sal hou.

Hulle beskerm nie die boere wat kos op hulle tafels sit nie, hulle wat in bewind is kan natuurlik nie so vêr dink nie!!!!

Anoniem ·

En dan is daar nog steeds idiote wat dink die strafregstelsel is nie gekaap nie.

Aai ·

Ek is reg om in die tronk te gaan sit ,maar ek gaan my familie beskerm teen alle omkostes die staat sal my nie keer om my familie te beskerm as ons lewens in gevaar is binne die wet.

Carel Aaron ·

Omgekeerde rassisme in SA. Arme boere, wit, swart of pienk.

As jy nie iemand genooi het vir tee nie…..

Jaco ·

Omgekeerde rassisme? So rassisme is wit op swart rassisme. As dit swart op wit rassisme is, dan is dit omgekeerd.
Rassisme is bloot rassisme en kom wêreldwyd onder alle rasse en kleure voor. Niks is “omgekeerd” nie.

Gert ·

Daar moet net een saak gewen word namens die boer teen die kriminele om sodoende ‘n president te skep. Dan sal die wet in plek wees sodat jy jouself jou mense en besittings mag beskerm sonder vervolging

Andries ·

ek het die ander dag gelees dat die boer wat in die struweling ‘n aanvaller doodgeskiet het uit klaarblyklike selfverdediging (Glencoe) borgtog geweier is uiit vrees vir onrus – dit kom dus daarop neer dat openbare mening van die massas die regspraak intimideer. EN DIT IS VERREGAANDE!

Andries ·

As ‘n boer onskuldig bevind word en die aanklag as vals en kwaadwillig bewys word, behoort die staat die regskoste van die onskuldige te dra – hierdie kommentaar berus op ‘n ware gebeurtenis wat die betrokkene byna R50 000 gekos het.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.