‘Boere wys Suid-Afrikaners gee nog om vir mekaar’

Die skoolbus wat deur vloedwater meegesleur is. Foto: Facebook

Die skoolbus wat deur vloedwater meegesleur is. Foto: Facebook

Die voorval Dinsdag waarin boere in lewensgevaar sowat 30 skoolkinders van ʼn moontlike waterdood uit ʼn bus naby Parys gered het, wys dat Suid-Afrikaners oor die kleurgrens heen nog vir mekaar omgee.

Volgens adv. Anton Alberts, voorsitter van die VF Plus, is dit nieteenstaande verdelende uitsprake van sommige politici. “In dié voorval, waarin vloedwater ʼn bus vol skoolkinders van ’n laagwaterbrug afgedruk het, het boere van die omgewing uit eie inisiatief hulle na die toneel gehaas en ure lank gespook om die kinders met ʼn trekker na veiligheid te bring. Al die kinders is van die Weiveld Hotel-landbouskool.”

Tydens die reddingspoging is een van die boere deur die vloedwater meegesleur en kon hy self moontlik omgekom het indien hy nie ʼn reddingsbaadjie aangehad het nie.

Volgens Alberts dien ʼn voorval soos dié as bewys dat daar nog groot welwillendheid onder Suid-Afrika se mense van alle rasse bestaan.

“Die boere het nie gevra wat die kleur van die kinders is nie. Hulle het bloot ingespring en gehelp. Selfs al was van hulle se eie lewe in gevaar. So ʼn voorval belig ook opnuut die skokkende onvanpastheid van sekere politici se verdelende uitsprake. Dit dui daarop dat hulle bereid is om groot rassewrywing te veroorsaak bloot om goedkoop politieke punte vir eie gewin aan te teken,” het Alberts gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Hennie ·

Ja dis so jammer dit kom soms net van een kant af. Dis miskien daardie selfde kinders wat hulle eenfag op die plaas kom aanval!

Johan ·

Of dis dalk net een van daai kinders wat eendag president word en dan goedgunstelik teruggee.

AL ·

Boere is helde, hetsy of dit onder uiters moeilike omstandighede te boer of om lewens te red.

Uvonka ·

Wat ‘hulle” noem of nie noem nie, ons verwag dit mos is nie belangrik nie. Ons as trotse Afrikaners weet waartoe ons as ‘n nasie in staat is en dit is die belangrikste. Ons boere is helde en laat ons harte swel van trots wanneer hulle sulke onbaatsugtige hoendervleis oomblike goeie dade doen. Dankie manne!!!!!

Ada ·

Ek is so trots op ons boere! Die Here sien dit raak!!.
Dankie aan alle boere!!

Ruby ·

Maar die regering sal niks hiervan sê nie!

Solank ons help en ophef, dis ons plig. Sodra ons kapsie maak is ons rassiste.

Ouvrou ·

Dis nie in ons aard om enigiemand net te sien verdrink nie. En ja hulle sal nie bedank word nie. Sal gese word ons skuld hulle welwillendheid.

johann ·

Ja. Ons praat en praat en niemand wat enigsins die mag het luister nie. Ek het op ‘n plaas groot geword en my ouers het telkemale deur die nag met van ons werkers of hul kinders hospitaal toe gejaag. Maar dit hoor ons niks van en dit gebeur steeds elkedag.

Jane ·

Die Welwillendheid in hierdie is EENSYDIG. Dit kom net van die een kant af. Solank die boere help, is hulle heroes, more word hulle weer doodgemaak agv ‘n loongeskil en word hulle beskuldig van rassisme. Hulle hulp, kos en geld beteken BAIE, maar hulle lewens MIN!

Theresa ·

Ek hoop die boere het tyd en goeie ontvangs (sein) om te lees hoe die mense hul onbaatsugtige heldedaad waardeer. Boere help oor die algemeen maklik. Al kry hul dalk nie nou “dankie”nie – so ‘n goeie daad word wel gesien. WONDERLIK!

Johan ·

Trots op die boere. Ja, ons help ander omdat ons die liefde van n Lewende God in ons het en aanbid en nie staatmaak op voorvader geeste nie

FM ·

Ruby. Dit is NET soos jy dit daar sê. Die BOERE se heldedaad word nie raak gesien nie. Dis maar in n boer se aard om te help.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.