Boeregemeenskap moet homself beveilig

Argieffoto

Die mees onlangse plaasaanval op ‘n plaas in die Bela-Bela (Warmbad)-omgewing waartydens ʼn 73-jarige boervrou vermoor en haar 82-jarige man ernstig beseer is, dien opnuut as bewys dat die ANC-regering nie ernstig is oor landelike beveiliging nie.

Só sê Marcelle Maritz, provinsiale leier van die VF Plus in Limpopo. Sy sê die regering se landelike beveiligingsplanne faal omdat die polisie nie behoorlik bemagtig word met voldoende hulpbronne en ondersteuning nie.

Volgens Maritz moet die burgerlike samelewing nou deur middel van eie veiligheidsnetwerke en ander organisasies die beveiliging van burgers, wat die regering se grondwetlike plig is, waarneem.

“Dit is onaanvaarbaar en dui op die ANC-regering se totale onvermoë en laksheid in hierdie verband. Die VF Plus spreek sy dank uit teenoor Heritage Protection Group (HPG) wat as burgerlike misdaadsbestrydingsorganisasie tans besig is om na die moordenaars te soek. Geen steen mag onaangeraak gelaat word nie tot die aanvallers agter tralies is.

“Ek wil graag ook namens die VF Plus my diepste meegevoel en simpatie met die slagoffers se naasbestaandes uitspreek,” het Maritz bygevoeg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

29 Kommentare

Daan ·

En dit wat Tumi Murake kwytraak help ook nie regtig nie. Publiseer asb Dirk Herman se brief hier. Vir almal om te sien.

Mielie ·

Dis nie die ANC se onvermoeë nie. Hulle hou hulle moedswillig blind want dit pas hulle. In my opinie is hierdie politieke moorde en aanvalle. Die plaasboere het dringend hulp nodig om hulle te beveilig en te beskerm…….

Toppie ·

Stem saam met Mielie- die moorde is polities om boere van die plase te dryf. Bang boere is makliker om van grond te verdryf sonder vergoeding soos in Zimbabwe.

Mathys Lübbe ·

Plaasaanvalle en -moorde is afgryslik en en hartveskeurend en telkemale wat ek daarvan hoor is iets binne in my besig om te tjank. Ek is persoonlik van die oortuiging dat dit het iets met onder andere “bring my machine gun” en “kill the boer” te make het. Die boodskap loop en tromme gaan nie ophou om dit uit te dra nie.

Daarom is my vraag – gaan burgerregte organisasies en politieke partye en wie nog dan nooit ophou om allerhande veldtogte van stapel te stuur om die regering so vêr te kry om verantwoordelikheid vir plaasaanvalle en -moorde te aanvaar en dit ‘n hoë prioriteit toe te ken nie. Die politieke wil is verseker nie daar nie en die “know how” allermins.

Plattelandse gemeenskappe moet erns daarmee begin maak om hulleself te beskerm wat huis & haard betref. Dan moet dit gekoördineerd na gemeenskaps veiligheids-forums uitkring en uiteindelik distrikte en provinsies.

Volgens ‘n dame van Afriforum aan wie ek net vanoggend op versoek ‘n dokument oor plaas- en gebiedsbeveiliging per epos gestuur het, het sy genoem dat daar in die land al 35 sulke forums bestaan. Wanneer hoor ons van hulle? Volgens haar is daar darem al iets in die nuutste Solidariteit Tydskrif.

Ons het as voormalige senior SA Leër offisiere ten nouste met ons Kommando’s saamgewerk en die toenmalige Gebiedsbeskermingstelsel propageer en hulle selfs gehelp om hulle Beskermings-planne op te stel en ek glo vandag kan dit ook werk. Ons het reeds baie meer tegnologie ens voorheen!

Therese van Schalkwyk ·

Mathys Lübbe

Voel presies soos jy oor hierdie saak. Almal moet finaal besef dat plaasmoorde, of enige moord op blankes, NIE enige daadwerklike reaksie by die ANC-regering ontlok nie, en klaarblyklik nooit sal nie.

Níks wat tot op hede probeer is, lewer enige noemenswaardige resultate nie. As ekstra veiligheidsmaatreëls die enigste voorstel is, is die situasie voorwaar benard.

En nog stééds word individue soos Steve Hofmeyr, wat alles in die stryd werp om plaasmoorde prominent onder die aandag te bring, verguis deur menige mede-Afrikaners en ander vooraanstaande Afrikaanses, óók in die buiteland.

Totdat daar nie uit een mond gepraat word oor hierdie tragiese kwessie nie, het meelewende Suid-Afrikaners in die buiteland nie die vrymoedigheid om hul onderskeie regerings bewus te maak van die situasie in SA nie. Sou graag wou.

Hoër mure, kwaaier honde en een-oog-oop-slaap is dus al uitweg.

Lance ·

Nie amptelik in SA nie agv. Besigheids belange as gevolg van wat in die land aangaan en omdat my dialek nie volgens sommige mense korrek is nie bid ek elke dag vir almal in SA en spesiaal vir die boere.Mag julle deurlopend beskerm word deur die engele amen.

Spyker ·

Ek stem Lance!!!!dag na dag vertel ek vir enige een wat sal luister oor al die onregverdighede in SA,elke bietjie help,maar omrede my e-pos addres nie op .co.za eindig nie,word dit maar selde geplaas……….

Jacques Venter ·

Nie net boere nie, maar ook hulle plaaswerkers word bedreig. Boere en plaadwerkers moet nouer saamwerk

Big daddy ·

Se ek al jare lank. Maar boere is te hardkoppig wat gaan veroorsaak dat hulle nog jare lank bloei. Saamstaan is nou een woord wat hulle nie verstaan nie. Kyk na wesselsbron se mooiveld boere. Elkeen kyk hoe hard hy sy buurman kan eet. En skinder….. joh. Maar saamstaan? Nee wat.

Wayne ·

Gaan kyk na die statistiek. Te dikwels die plaaswerkers self wat die booswigte is. Werk eerder saam met die boere in die omgewing as om wolf skaapwagter te maak.

Willa ·

Daar is defnitief iets in die lug. My mense is die laaste week baie arrogant, slim en doen alles teen n stadige spoed. Van die trok drywers tot masjienoperateurs, sovel as die tuinboukundige. Ek bly maar kalm, maar niks kom tot reg nie. Doen of se’ jy iets dan is jy deel van die benadeelde statistiek van selfregverdiging, of haatspraak of rassisme. Hulle het vir alles n wet

Mielie ·

Sjoe Willa, dis kommerwekkend. Ons dra julle op in ons gebede. Sterkte. Mens kan nie anders asom te dink dat hulle deur politiek beinvloed word nie.

Werner ·

TLU het al jare terug tot huidiglik selfverdediging kursusse wat aangebied word elke keer net selfde groepie mense wat dit bywoon alheowel dit wyd geatverteer is die word geskep dat die ander boere verwag dat die beveiliging van jou omgewing net van sekere boere afhang belangstelling vir hierdie kursusse is maar power

MM ·

Tragies om weer so iets te lees – wie is die ANC – O JA SA se korrupte Regering – wat verwag ons – al wat hulle goed kan doen is om korrupsie / staats kaping / en vrouens te kry – en dan ook om hulle sakke asook hulle familie sn te stop met gesteelde geld. Sterkte aan die Omie en sy Familie.

Anoniem ·

Dit is kommer wekkend hoeveel boere in ons land vermoor word, maar ek vra ook die vraag waar is die oom of tannie wat hul so vermoor se kinders of familie. Kan hulle dan nie maar saam op die plaas bly om so bietjie te help nie. Dan is daar ook baie mense wat n heenkome soek en ek praat nou van mense wat nie op ander wil teer nie maar mense wat regtig n behoefte het en wat nog kan help op n plaas om los werkies te kan doen wat in een van die werkers huisies sal bly net om n dak oor hul kop te he wat ook kan help met die beveiliging van die plaas. Twee mense is n maklikke teiken maar as daar meer is word dit moeiliker. Ons kan aleenlik staande bly as ons bymekaar staan en mekaar beskerm.

Pierre ·

Hierdie is ‘n fyn deurdagte plan wat vanuit die ANC van stapel gestuur word. Daar is ‘n besliste twee of dalk driespalt binne die organisasie en is dit duidelik dat daar geen hoop is vir hulle Desember beraad nie, die enigste manier is om dit dus te ontspoor. Die totale krisis in die land loop hand aan hand, dit sluit in die huidige gebeure in Kleinmond. Die ANC soek sagte teikens om mense te intimideer en te probeer platvee en dit is vanuit die Zuma geledere. Dit is ook so dat binne in die organisasie daar diegene is wat glad nie saam met hierdie faksie wil beweeg nie en daarna streef om oplossings te soek maar word vinnig uit die pad gevee deur die magtige Zuma. Die oplossing is nie eenvoudig nie want sodra ons as blankes ‘n opinie het word ons as rassiste gebrandmerk, die anderkant is agtergeblewenes wat mag maak soos hulle wil en doen wat hulle wil want dis hulle reg. Na 20 jaar plus kon die ANC nog nooit vir enige van hulle ondersteuners iets bied nie, gaan kyk egter na die sogenaamde leiers se leefstyl, ek onthou op die grens was ‘n spreekwoord, “to win the hearts and minds of the people” die ANC kry dit elke keer reg en vaal dan bitterlik in hulle teruggee, maar steeds word die armlastige gebreinspoel met appartheid, maar die onvermoe van hul eie mense word mis gekyk, dan volg moord en roof, want dis breinspoelling.

JC ·

Dankie vir plasing van die artikel, en baie dankie aan VF Plus en Front Nasionaal.

Swart Piet ·

Dis ook nes ek die VF+ ken , BLA BLA BLA. Wat het gebeur met die man naby Witrivier wat homself verdedig het langs die pad, hy le in die hospitaal nadat hy in die hof ook moes verskyn. Die arme ou van naby Mooinooi wat op diewe geskiet het, vlug nou vir sy lewe. Die doodskis sage en vele meer???? In die nuwe SA boks die wit man met sy hande in sy sakke vasgemaak. DIe plaasmoorde dra die ANC, die regering en die buiteland se goedkeuring weg.

Alida ·

Swart Piet, die man van Witrivier se saak is teruggetrek. Volg die nuus dan sal jy weet.

Alwyn ·

Sterte aan die familie van die mense.
Wanneer gaan mense besig ons is alankal in n oorlog, beskerm julleself daar buite.
Jou lewe of syne!!

Susanna ·

Vir wie moet ons dankie sê dat die land uit die resessie is?
BOERE!!!!!
En die regering voel ‘n veer hoe boere uitgemoor word.

Jacques Venter ·

Die meerderheid swart mense is vredeliewend.
Die meeste boere is nie onderdrukkers nie.
Polarisering is n baie groot gevaar vir ons land

Therese van Schalkwyk ·

Heeltemal reg, maar dit verander nie aan die feit dat weerlose mense weekliks deur bendes swart Suid-Afrikaners gemartel en gemoor word nie.
Wat is dus belangriker? Om te waak teen “polarisering”, of om ‘n dringende, daadwerklike oplossing vir hierdie laegraadse oorlog te vind? Ons is dit aan die slagoffers en hul naasbestaandes verskuldig.
Dalk tyd dat die “meerderheid vredeliewende swart mense” ook hulle stemme hieroor laat hoor.

Jacques Venter ·

Hallo Therese
Die oorsake van plaasmoorde is hoofsaaklik roof en of haat.

Oom Willem ( werklike geval) het gereeld met sy sambok onder sy werkers ingeklim.
Eendag het een oom Willem amper versmoor maar is deur sy hond gered.

Sienende dat dieANC nie omgee nie, moet die boere hulleself so ver moontlik beskerm, en verhoudings met hulle werkers vrrsterk
Ek het n geval genoem waar n swartman die boer beskerm het, maardit is dadelik verwyder

Ouma ·

Ja nou vra ek hoekom? Magties daar is baie goeie boere wat mooi na hul mense kyk, en werkers wat hul boere sal beskerm. Skryf bietjiet daaroor as julle die die haat tussen rasse wil laat verminder.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.