’n Voormalige Boeregeneraal van die Anglo-Boereoorlog se graf is gruwelik geskend en opgegrawe in sy familiebegraafplaas.
Die Federasie van Afrikaanse Kultuurvereniginge (FAK) het laat Dinsdag die nuus ontvang dat die graf van ʼn voormalige Boeregeneraal van die Anglo-Boereoorlog (ABO), Andries Cronjé, gruwelik geskend en opgegrawe is.
Die grafskending het plaasgevind op die plaas van Andries Cronjé, in die Stilfontein-distrik in Noordwes, wat nou deur Gert Coetzer besit word. Die Andries Cronjé-familiebegraafplaas is op ’n afgeleë gedeelte van die plaas geleë.
Jan-Danie Malan, kultuurkoördineerder van die FAK se kultuurnetwerke, het die toneel besoek.
“Wat hier gebeur het, is ’n drakoniese skending van Afrikanererfenis. Twee grafte is heeltemal oopgegrawe en daar is oorskot, vermoedelik van ’n skelet, gevind by die oop graf. Dit is onduidelik wat die doel agter die grafskending was, maar hierdie daad is afgryslik en skandelik … Grafskending van die hoogste graad.”
Werknemers van Coetzer wat Maandagoggend op die toneel afgekom het, was duidelik geskok en bevestig dat die misdaad in die afgelope week plaasgevind het.
Die FAK gaan ’n saak by die polisie aanhangig maak met die hoop dat die booswigte vasgetrek word vir hierdie skandalige misdaad teen die kosbare en onvervangbare erfenis.
Coetzer sê dit is ondenkbaar om te dink dat ’n mens so iets sal doen. “Die hele ding maak nie vir my sin nie. Ek sal alles in my vermoë doen om te red wat daar te redde is.”
Andries Cronjé is beskou as een van die rykste mans wes van Potchefstroom. Hy was intelligent en dapper en was reeds op 16-jarige ouderdom deel van verskeie militêre veldtogte. As jong man van skaars 20, was hy reeds veldkornet en is teen 1900 tot veggeneraal bevorder.
In ’n oomblik van desperaatheid tydens die ABO, gee Cronjé oor aan die Britse mag; ’n daad waarvoor sy volksgenote hom nooit vergewe het nie. “Hy was die rykste ou in die Wes-Transvaal. Hy was een van die 12 stigterslede van die SenWes‑koöperasie in 1909… Die hele gebied is baie geskiedkundig,” sê Coetzer.
Die FAK veroordeel die skending van grafte en erfenisbakens ten sterkste en het lede van die publiek versoek om enige vandalisme en/of afbreek van erfenis by hom aan te meld.
Gesteelde koperfries van Kerkplein in veilige hande
Die FAK het intussen ’n groot sug van verligting geslaak toe hy die gesteelde koperfries by Paul Kruger se standbeeld op Kerkplein weer in veilige bewaring kon neem.
Daar is begin September berig dat booswigte een van die koperfriespanele van Paul Kruger se standbeeld op Kerkplein probeer steel het. Dié booswigte is egter op heterdaad betrap en in hegtenis geneem.
Die Tshwane-metroraad en die FAK het Woensdag toestemming van die polisie ontvang om die koperfries by die Pretoria‑Sentraal-polisiekantoor te gaan haal. Die fries is na die Pretoriase Kunsmuseum geneem waar erfenisspesialiste die skade sal bepaal. Die FAK en Erfenisstigting sal ook by die projek betrokke wees.
James Bohale, erfenisspesialis van die Tshwane-metroraad, het die FAK bedank vir hul bydrae. “Dit het ons vandag agt mans gevat om die paneel op te tel en te vervoer. Sonder die FAK weet ek nie waar ek die mannekrag sou kry om dit te doen nie,” sê Bohale.
“As dit kom by die bewaring van ons erfenis, sal die FAK die metroraad bystaan waar ons kan. Ons wil betrokke wees by die proses om te verseker dat hierdie waardevolle erfeniskunswerk behoue bly vir die toekoms,” sê Barry Müller, FAK-kultuurkoördineerder van die noordelike provinsies.
Daar is vier koperfriespanele van die beeld op Kerkplein en is, soos die beeld self, deur Anton van Wouw geskep en die vier panele beeld belangrike gebeure van Paul Kruger se lewe uit. Die paneel wat gesteel is, is as’t ware ’n uitbeelding van die karakter van Kruger en toon sy heldhaftigheid en diepe omgee. Op die toneel verskyn Kruger by Makapansgrot, waar hy die lyk van kommandant Piet Potgieter, die seun van die Voortrekkerleier Andries Hendrik Potgieter, oor sy skouer na buite neem.
In September 1854 het die Ndebeles ’n Voortrekkergroep onder leiding van AH Potgieter se broer, Hermanus Potgieter, aangeval en saam met hom 28 Voortrekkers uitgemoor. Piet Potgieter, toe kommandant-generaal, is tydens ’n strafekspedisie noodlottig gewond. Kruger, as veldkornet, het onder die spervuur Potgieter se lyk gaan haal en is self byna in die slag dood. Kruger was toe 29.
“Die FAK staan die verwoesting, diefstal en vandalisme van erfenis sterk teë. Die stand van erfenis in Suid-Afrika as geheel is ’n enorme krisis; ons is dankbaar vir die vinnige optrede van die polisie en die samewerking met die Tshwane-metroraad wat in dié geval ʼn tikkie hoop skep.”
Swak. Mense het nie eers meer respek grafte.
Dalk moet daar by so paar “freedom fighters” se grafte ook gekrap word…..
Long drops is gewoonlik permanent oop
Iemand moes seker maar gesê het dat sy skatte saam met hom begrawe is
Hulle moet so ver moontlik wegbly van Boeregrafte want netnou kom die Boere terug as spoke om die boosdoenners te jag en te martel.
Ek kry solank die popcorn ……. kyk, ons Boere voorsate heti dinges-van-kaboutertjies gevat nie. Dit sal darem iets wees om te aanskou!
Stem saam….
Ek stem Sterretjie, dis tyd…………jy kry mense wat baie siek in die kop is
Ek stem saam met Andrê. Hulle soek seker die Kruger Ponde
Oom Paul het dit laaaankal vir antie Vicci gegee oor n koppie tee
Wat nooit bestaan het nie. Die ZAR was teen die einde van die oorlog, kort voor Paul Kruger landuit is, só verarm deur die ABO, dat hulle die laaste goud uit die Munt in Pretoria gehaal het en begin veldponde slaan het om die oorlog te finansier. Watter goud Paul Kruger ookal (kon?) gehad is, is beslis nêrens in die ou Oos-Transvaal begrawe nie, maar is saam met hom op daai skippie Nederland toe en het betaal vir sy verblyf en mediese behandeling in Switserland.
Hierdie is aspris.
Hierdie opgrawings is deur ons eie Afrikaners gedoen. Hulle kyk te veel na programme op televisie wat opgrawings doen en nou doen hul dieselfde. Eers soek hul die Kruger r ponde en nou begin grafte ook deurloop.
Oeps
Wel, as mens uit ‘n argeologiese punt daarna kyk … maar ek dink nie die graf van Andries Cronjé sal nou reeds kan kwalifiseer as ‘n argeologiese vonds nie – die oom is maar eers nou pas 100 jaar gelede oorlede (1923). Miskien oor nóg 100 jaar, ja – maar ek dink die sangoma’s was hier doenig.
Nonsens
Tov die panele op Kerkplein sou ek voorstel, verwyder dit en bewaar dit in die Voortrekkermonument. Vervang dit dan met gipsgietsels en verf dit die koper kleur. Tegnologie kan vandag wonders doen! Moet ook net nie verkondig dat dit vervang is nie. Die breinloses wat saam met ons die land bewoon moet nou mee ‘n plan gemaak word. Gaan doen nou dit met een van hulle se grafte?
Baie netjies en vierkantig oopgegrawe. Wonder wie se werk dit is?
Hierdie is nie werklik uniek, in die Karoo dra mense oornag heinings van begrafplaase en nabye plaas heinings weg en span bulle hop-huisse toe. Grawe alles op, brand alles af, breek alles af….. dan is daar niks vir niemand, dan sal ons seeker almal aan beweeg.
Gulde geleentheid vir die Voorvaders om ‘n “samenzijn” te herroep………
Ek was nog altyd onder indruk dat Piet Cronje oorgegee het aan Britte na hy vasgekeer was met waens en vrouens. Piet Cronje het toe na Vsa gegaan om in sirkus te werk.
PIET Cronjé het by Paardeberg oorgegee met sowat 4000 man. Hierdie Oom was ANDRIES Cronjé. Piet Cronjé was wel een van die uitgewekende boere generaals wat saam met Ben Viljoen en ander, in die Amerika’s vertonings van die boere se stryd teen die Engelse – ten bate van die verarmde boere – gedoen het.
Dalk na Kruger miljoene voorstedelike legende in graf gesoek?
Ek twyfel of die optrede enige politieke motief het en glo eerder dat die persone wat dit doen daarop ingestel is om iets waardevol te kry. Dit bly nog steeds grafskending en verdien die nodige straf.
As ek so na die graf kyk, is my eerste gevoel dat dit nie “gewone” kriminele was nie. Hoekom moeite doen om so diep te grou?
Geen Respek!
Ons Afrikaanse mense se kultuur erfenis word so stuk-stuk afgebreek en vernietig.
Oppas as die waarheid uitkom. Dalk nog ons ‘eie’ mense
Dink… Songoma en muthi ..
Vir die wat hul voorvaders aanbid is die skending van n ander persoon se voorvader van baie groot belang. As ek net durf probeer iets hievan vertel word ek geblok. Dit laat mens nogal wonder of mense is wat hule voorgee om te wees (in hul terms and conditions).
Daar is blanke boere wie se grond onteien word of waarvandaan hulle summier afgesit word, as daar net die vaagste sweempie van “voorouer” grafte van ‘n sekere rassegroep op die grond is omdat dit dan “heilige” grond is. Toegegee – dié begraafplaas lyk maar verwaarloos en is waarskynlik al effe-vergete, maar regtig, as ons nou gaan begin grafte opgrawe om die bene in die hande te kry vir allerlei boosaardige geloofspraktyke,
” Muti” ….gaan soek daar
Hoe laag wil die gepeupel nog daal?? Of gaan dit weer n geval wees van net hulle het regte?
Oppas wie jy gepeupel noem..dalk nog jou eie mense
IEMAND MOES OOK MAAR BY MANDELA SE GRAFTE OOP KRAP DAAR EN DAAR NIKS IN DAAR NET STOF OPGEGAAR DIS AL
Beslis sangomas/toordokters se werk. Hulle soek die bene van die ou mense vir hulle muti.
Genl Andries Cronje was op die ou end ‘n joiner wat na die Engelse oorgeloop het en ‘n Engelse eenheid of bende aangevoer het teen die Boere. Sy geskiedenis verskyn in die boek Hensoppers en joiners van Albert Grundlingh. So beslis geen Afrikanerheld nie, maar verdien nie dat sy graf gevandaliseer word nie.