Boeremag-lid se vrou nader hof vir tydelike vrylating

Dr. Lets Pretorius en twee van sy seuns, drs. Johan en Wilhelm Pretorius, tydens ‘n familiedag by die Zonderwater-gevangenis. Foto: Verskaf

Die vrou van een van die Boeremag-gevangenes gaan die hooggeregshof in Pretoria nader om te versoek dat haar man, skoonpa en swaer vrygelaat word.

Die drie is in 2013 lewenslange tronkstraf opgelê weens hoogverraad en sameswering om moord te pleeg.

Die pa en seuns is in 2012 saam met 17 ander mans in die hooggeregshof in Pretoria skuldig bevind. Die groep wou glo die ANC-regering in die vroeë jare 2000 omverwerp. Ná ’n verhoor van nagenoeg tien jaar is die beskuldigdes tot effektief tussen vyf en 25 jaar tronkstraf gevonnis.

Riëtte Pretorius, vrou van dr. Wilhelm Pretorius, is die projekbestuurder van die Boer Nasie Vryheid Inisiatief (Boervin) wat ’n uitgebreide veldtog begin het om haar man skoonfamilie vrygelaat te kry.

Volgens Pretorius sal prof. Hercules Booysen Dinsdag die aansoek namens haar bring. Sy versoek dat haar man sowel as haar skoonpa, dr. Lets Pretorius en haar swaer, dr. Johan Pretorius, tydelik vrygelaat moet word.

“Ek vra die hof om my grondwetlike en internasionaal-erkende regte te beskerm, naamlik die reg op assosiasie en beskerming van my familie en gesin. Daar sal met die saak vasgestel word of daar nog enigsins plek vir die Grondwet en internasionale verdrae in Suid-Afrika se howe bestaan. Dit gaan aandui of vergelding en onderdrukking van die Boerevolk so ’n prioriteit in Suid-Afrika geword het dat alle regspleging oorboord gegooi word.”

Die tydelike vrylating word gevra, hangende die afhandeling van die klagte wat deur haar familielede by die Verenigde Nasies se Menseregte-komitee in 2018 ingedien is, het Pretorius gesê. Die klagte kan tot vier jaar duur voordat dit afgehandel word.

Pretorius meen die VN se komitee kan weens die feite en regsgesag tot geen ander beslissing kom nie. In haar hofstukke voer Pretorius drie punte aan om te wys dat hulle onregmatig aangehou word, naamlik dat hulle reg op appèl glo onherroeplik geskend is, die staat glo weier om die volledige en amptelike rekord en dokumentasie van die strafverhoor aan hulle te verskaf en hulle reg op ’n wettig-saamgestelde hof glo geskend is.

Die drie mans dien hul vonnis in die Zonderwater-tronk in Cullinan uit.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

48 Kommentare

Diertjie ·

Ek ken Dr Lets en Dr Johan vir baie jare persoonlik. Watter aangename mense. Dis so hartseer dat hulle so swaar gestraf is vir iets wat nie eers gerealiseer het nie. Terwyl daar soveel rooihoedjies en kie is wat roof en Moor en niks gebeur met hulle nie. Die land met sy dubbele standaarde maak my siek!!!!?

tienie ·

ongelukkig is dit die grootste verraaiers volk in die wereld.iemand het iemand verraai.

Manie van Worcester ·

land en sy regering is siek van goddelose korrupsie

Manie ·

Lets jy is n yster. Staan sterk ou maat. Jy verdien nie die staf en ons moet n veldtog begin om julle vry te kry. Free Let’s

Cherokee ·

Manie, en hièrdie woorde gaan jy onthou, òns (klemteken myne) moet ‘n veldtog begin, Óns was jou woorde. Jy gesels met Lets en soort van maak ‘n belofte aan hom en sy seuns. Miskien het hulle al genoeg gehad van leë woorde maar net miskien, flikker jy weer hoop op by hulle. Moet nie net kommentaar skryf om indruk te maak nie. Doen wat jy aan Lets en sy seuns beloof en ek sal een van die eerstes wees om jou te ondersteun.

JAN ·

Oee wat ń vreeslike onreg ter wille van geregtigheid. Wie sal julle offers waardeer?
Laat almal help om julle te bevry. Dit sal die begin van die bevryding van ons ganse volk wees. MM is die aangewese leiers. Met al die ander saam.
Mag God sy engele stuur. Ai trane…

Manie van Worcester ·

ongelukkig as twee afrikaners bymekaar kom stig hulle af so saamstaan is n droom en bly n droom

humor ·

Stem 100% saam. Die tyd van onderdrukking en skending van witmense es regte duur nou te lank en dit raak “gewoonte vormend” Dit mag nie meer so sito sito verder duur nie.

Dries du Toit ·

Wens ons het meer sulke manne in ons volk gehad. Hulle was bereid om iets te doen. Sal hulle nog in ons geskiedenis opgeteken kry

Frikkie Geld en huis ·

Nou waar’s die ander boetie ?? Hul was mos aanvanklik 4 Pretoriusse. Of is hy al uit ?

JAN ·

Hoe gaan dit met liewe Mienie?
Sy was baie ernstig siek ……hulle verdien al ons liefdes sorg.
Ai

DC ·

Oorweeg om feite oor die saak te kommunikeer op sos media plus feite foute tydens die hofsaak en n petisie ter ondersteuning van hul vrylating.

Israel ·

Laat hulle vry en gee hulle elkeen n goeie werk , die land kan doen met wit drs, hulle het niks verkeerd gedoen nie , baie in die land het nie net gedink aan misdaad nie maar dit gepleeg en loop vry rond

jaco ·

Hoe kon net 20 mans hoegenaamd dink dat hulle dit sou regkry om SA se regering omver te werp? Let wel, NET 20 mans, nie 20 000 nie.

Riette Pretorius ·

Daar was 500+ mense in die Boeremag. Net 23 was bereid om nie staatsgetuies teen die ander te draai nie. Daardie 23 wat in die hof was vir 11 jaar (Mei 2003 – Okt 2013 toe hul gevonnis is.) Hulle hofproses is nog nie finaliseer nie, want dis nou 5 jaar na vonnisoplegging en hul kon nogsteeds nie appelleer nie.

Afrikaner ·

Jaco dit het viehonderd wit boere gewees wat die slg van bloedrivier gewen het nie weermag nie . Die mense het tenminste probeer

Adam ·

Los hulle net waar hulle is en voeg net hul swart ekstremistiese broers by hulle. Die tipe misdaad verg lang periodes van tronkstraf en dit moet bloot ewehandig toegepas word ongeag die kleur van die oortreder.

Adam ·

Andrew, lees eerder weer my kommentaar. Miskien verstaan jy die keer wat ek bedoel het.

Veritas ·

Daar is ‘n reuse verskil tussen intelligensie en wysheid. Die ou gesegde van ‘Met die grysheid, kom die wysheid’ is hier bloedneus geslaan Hier is ‘n sprekende voorbeeld daarvan. Die twee seuns is albei dokters en moet dus redelik intelligent wees maar nog te jonk om op wysheid te kan aanspraak maak. Die pa, aan die anderkant, behoort die risiko in hul optrede raak te gesien het en moes sy seuns daarteen gewaarsku het.
Wat sou die werklike planne van die spannetjie, wat deur ‘n volksverraaier ontmasker was, gewees het?
Almal van ons wat aktief, vrywillig in die ou SAW gedien het, was dopgehou deur sekere elemente betrokke met staatsveiligheid. Hoe kon hulle dit nie weet nie? Die rede hiervoor is die verskil tussen intelligensie en wysheid.

Deon ·

Hierdie is ‘n les vir Afrikaners wat ‘n tuisland idee voorstaan. Vestig eers in ‘n streek, bou dit ekonomiese uit en werk dan vir afstigting. ‘n Klein groepie mans wat besluit om wapens op te neem teen die stelsel gaan nie werk nie, tensy ander rasse dieselde doen en die hele land in chaos is.

SjN ·

Volgens Poca en FAIS wetgewing hoort n klomp politici al oranje oorpakkies te dra, wette geld net vir sekeres

Shaun ·

Die hel gaan nou weer los wees oor die foto…..ek was in die gevangenis gewees….Geen kameras of selfone word toegelaat nie….nie eers op familie dae nie…….

Saartjie ·

Dankie dat jy dit noem, Shaun. Ek het nou self gesit en wonder wanneer die wet dan verander het? En foto’s van gevangenes mag nie gepubliseer word nie?

George in Bloem ·

Belaglike rassistiese vonnisse deur ‘n getransformeerde regsbank wat vinnig besig is om die grap van die wereld te word vir hierdie manne wat nie eers vir enige iemand se dood verantwoordelik was nie. Maar leiers predik moord,diefstal en doodslag nou byna weekliks van die verhou af teenoor blankes en hulke bly so vry soos die voels.Hierdie tipe dubbele standaarde van die spul onbevoegde,korrupte,anti-wit rassistiese kaders en hul lakeie aan bewind skreeu ten hemele.Skandalig.

Afrikaner ·

Jaco dit het met slag van bloedrivier vier honderd wittes gewees .wat die oorwining behaal het nie die hele weermag nie

Boerin ·

Dis die grootste onreg in regsgeskiedenis. Mense wat net voorberei het op wat kan en gaan gebeur, net om nie met hul broek op die knieë gevang te word nie. Alles deur verraaiers verdraai om politieke meesters te dien. Jong manne wat n waarskuwing wou stuur nadat hul vader onnodig aangehou is en toe gebeur n baie ongelukkige en onbeplande ongeluk. Wie sou kon dink dat die stuk treinspoor so ver sou trek… En die manne wat uitkom moet heel onder, van voor af en onder baie moeilike omstandighede begin. My hart bloei!

N Lourens Reitz ·

Ek bid vir onvoorwaardelike vrylating van hierdie Boere.

N Lourens Reitz ·

Ek bid vir die onvoorwaardelike vrylating van hierdie Boere.

B ·

Maar faksies in die ANC wou al ‘staatsgrepe’ uitvoer, genoeg bewyse daarvan, maar geen verhoor vir diesulkes?

Se maar net ·

wil nie snaaks wees maar om die regering omver te werp is nie n massa nodig, net n onverskrokke held. die regering weermag en meerderheid polisie is n klomp lafaards wat op getalle reken en 100 teen een vir hulle is te min. Ons het Vrydag in Worcester in Quenets arkade n geval gehad waar n ou Wit man van 69 aangeval en beroof is terwyl 2 sapd lede toekyk maar nie uit voertuig uitklim om te help. Selfs na die aanvallers weg is maar ons GPF koordineerder skop my uit die groep omdat ek dit aan publiek noem

Se maar net ·

En alle bewyse is daar as enigiemand belang stel. Dis nie n valse storie, ter wille van die persoon sal ek nie die foto van sy beserings plaas nie. Gaan vandag wel beter maar nog steeds geskok en vol pyn

PJC ·

Die mees onaanvaarbare aspek van die hele saak is vir my die vyandigeid vanaf die regbank teenoor hierdie ouens tydens die hofsaak. ń Mens kon van die begin van die saak af aanvoel dat dit die voornemme was om hierdie ouens ń buitensporige swaar vonnis op te lê. Hierdie tipe ding veroorsaak dat ń mens ń ewige renons in liberale wittes ontwikkel.

Attie. ·

Die arme manne sit nou al jare, hoe lank voor die regering besef hulle is skadeloos. Laat hulle vry en bewys julle het ‘n hart. Op die oomblik is die ANC so vol haat datso ‘n saak jare kan duur. Kry sommer vir Janus Walus ook daar uit. Hy het duur betaal vir wat hy gedoen het.

Grassie ·

As ‘n mens die aantal jare wat hierdie mense in die tronk was terwyl hul verhoorafwagtend was by dié tel wat hulle na vonnis reeds in die tronk is, is hulle al baie, baie jare in gevangenisskap. Maar ek glo nie die regering gaan dit enjgsins in ag neem nie want hulle is wit. Daar is geen billikheid meer in hierdie land se regstelsel nie.

Heksie ·

As die regering korruptes wil toesluit, sal die parlementsgebou leeg staan

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.