Boeremag: Pa en seuns nader grondwethof

Dr. Lets Pretorius en twee van sy seuns, drs. Johan en Wilhelm Pretorius, tydens ‘n familiedag by die Zonderwater-gevangenis. Foto: Verskaf

Drie van die sogenaamde Boeremag-gevangenes, ’n pa en sy twee seuns, het hulle direk tot die konstitusionele hof gewend.

Dr. Lets Pretorius en twee van sy seuns, drs. Johan en Wilhelm Pretorius, het ’n petisie aan hoofregter Mogoeng Mogoeng gerig. Volgens Riëtte van Schalkwyk, ’n woordvoerder van Boervin, ’n organisasie wat hom beywer vir die vrylating van “die Boerevolk se politieke gevangenes”, voer hulle in die petisie aan hoe die sisteem hulle reg tot appèl effektief ontneem.

“Dit sluit in hul aanhoudingsomstandighede wat deur die departement van korrektiewe dienste veroorsaak word, die vertragings en sloerings as gevolg van die wanadministrasie van die regshulpraad en die howe sélf wat daartoe bydra om die proses onregverdig en onwettig te maak.”

Volgens Van Schalkwyk versoek hulle dat Mogoeng ’n bevel moet maak dat prof. Hercules Booysen as hul advokaat en Julian Knight as hul prokureur deur die regshulpraad as hul regsverteenwoordigers aangestel moet word ten einde die grondwetlikheid van hul aanhouding aan te veg. “Hulle voer aan dat hulle die grondwetlike reg het om te appelleer en dat hulle die reg het dat die juridiese proses begin en afgehandel word sonder onredelike en onregverdige vertragings.”

Van Schalkwyk het gesê die petisie is reeds in Mei gerig en dat daar steeds op ’n antwoord gewag word. Johan en Wilhelm se aansoek om verlof om teen hul skuldigbevinding en vonnis te appelleer is in September verlede jaar in die hooggeregshof in Pretoria van die hand gewys.

Die pa en seuns is in 2012 saam met 17 ander mans in die hooggeregshof in Pretoria aan hoogverraad skuldig bevind. Die groep wou glo die ANC-regering in die vroeë jare 2000 omverwerp. Ná ’n verhoor van nagenoeg 10 jaar is die beskuldigdes tot effektief tussen vyf en 25 jaar tronkstraf gevonnis.

“Die Boeremag-lede bevind hulself die afgelope sowat vier jaar sedert vonnisoplegging, in ’n sisteem wat hulle effektief van hul grondwetlike reg op appèl ontneem,” het Van Schalkwyk gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

52 Kommentare

SJ ·

Ja, en hoeveel van ons belasting geld wil julle nog mors met regsaksies? Al wat die klomp vêr-regses goed doen is om heeltyd gevang te word. Dis nogal komies, hulle wil jou konstant vertel hoe sleg die regering is en tog word hul telkens deur die einste regering gevang en toegesluit!

Johan. H. ·

Vandag lyk die prentjie bietjie anders. Laat die mene onmidelik vry,, Sit eerder die die hele kabinet in hul plek in die gevangenis,,, Want hulle pleeg hoogveraad teen die landsburgers met hul gesteley,,,

Riette van Schalkwyk ·

Ek stem 100% saam Johan. Dit is tyd dat geregtigheid geskied.

KAREN ·

Hoog tyd dat daar nou asb iets sal gebeur. Hartseerste is die verraad van die sekere manne in blou maar dan wat verwag mens van verraaier joiner blou baadjies. Sterkte aan die mans mag die Here julle genadig wees en die tronkdeure opswaai. Die spul is skynbaar baie bang vir julle aangesien hulle nie eens wou he die jong man moet sy grade plegtigheid bywoon !

jaco ·

So n groepie van NET 20 mans wou SA se regering omver werp? Het ek reg gelees? Ek sien al 3 het doktersgrade. Ek wonder waarin? wonder waarin? Dalk in die maak van absurde planne wat glad nie uitvoerbaar is nie?

Riette van Schalkwyk ·

Nee, Jaco, dit was ‘n lokval van Misdaad Intelligensie. Daar is 300+ mense betrokke en meer as 270+ van hulle het verklarings afgele om staatsgetuies te draai teen die oorblywende 24 manne wat nie verklarings af wou le nie en toe deur die hofsaak moes gaan om nie hulle eie mense te verraai soos die ander 270+ manne nie. Ek weet hierdie omverwerping van die regering deur 20 manne klink belaglik want dit is. Hulle wil hierdie manne belaglik laat lyk, maar hulle is die enigste groepie wat nie die ander verraai het wat betrokke was nie.

Boeretroos ·

Jacob
Miskien moet jy die ander ook lees?
Shame, die enigste opregte boeren en Kyk waar sit hulle vandag,
Dit is verskriklik!!

Cherokee ·

Spyker, as jy meer van Jaco se kommentare lees sal jy besef dat jou raaiskoot in die kol is.

Anti spur ·

Mandela was ook n politieke gevangene en vandag verafgot baie wit en gekleurde persone hom oor dertig jaar wie weet kan hierdie manne dalk sa regeer

Riette van Schalkwyk ·

Die petisie wat gerig is aan regter Mogoeng-Mogoeng kan afgelaai word by http://www.boervin.org. Die skakel na die petisie is op die voorblad van die webwerf.

Riette van Schalkwyk ·

Boeretroos, ek lees al jou kommentaar. Dankie!

Boeretroos ·

Beter gaan bevry ons die manne self?
Oor hulle ons wou red van n totale ondergang wat Lankal besig is om te gebeur is hulle toegesluit soos vuilgoed ! !!!

Arme mense!!!!

Johan. H. ·

In my oe is hulle helde,as jy hulle vergelyk met die gemors in beheer,,

Jakalas ·

Ek stem saam, maar soos gewoonlik is ons mense te bang broek om hulle by te staan want hulle is te bang om as rasiste gemerk te word. Daar is niks rasisties om mens te help wat ons wou help nie.

Spyker ·

JACO!!!! Jy is seker een van daai wat JA gestem het in 92!! As jy te jonk was het jou ouers definatief JA gestem!!! Want hul kon jou nie reg groot gemaak het nie.

Michael Papadopoulos ·

I find it strange how Julias Malema can sing and dance about white Genocide. Talk about war, insight violence and nothing happens all this on recorded media coverage. What actual Proof or evidence did the state have against the Boeremag?

Waarheid ·

Bowenal dit het die polisie met die bewyse gepeuter ook en daar is afluister apparate in die hof en in hul selle gevind om hulle strategie af te luister.

Frederik ·

Daar’s nog ‘n jonger boetie ook saam met die pa & twee seuns in die gevangenis, as ek die saak reg verstaan. Hy wil egter niks met die drie hierbo te doen hê nie, want hy reken hul moes hom nie betrek het by hul onwerkbare planne nie. Die hele familie se toekoms is daarmee heen en dit omdat sommige lede probeer Tarzan speel het. Dieselfde het met Clive Derby-Lewis gebeur.

Hamba ·

Ag kyk hoe oulik lyk hulle in hul oranje safaripakkies. Groot brawades en nou huil hulle.

Waarheid ·

Hamba, jy is ‘n groot man om langs die kantlyn te staan kommentaar soos die te lewer. Jy was nie daar nie en het nie n benul wat en hoe alles gebeur het nie.

Cherokee ·

Hamba, jou skuilnaam is uiters van pas. Toenou … hamba!!

Michael ·

Ek kry hulle jammer kan net dink in watter haglike omstandighede hulle aangehou word

Theunis ·

Ek weet nie wat hier gebeur het nie maar kan iemand wat weet vir my sê wat die suidlanders / siener skrywers met die boeremaglede se val te doen gehad het. Sal dit hoog op die prys stel want daar word beskuldigings geopper waarvan ek min weet. Dankie.

Riette van Schalkwyk ·

Militere Intelligensie het die moontlike gevaar (wat tans in die orde van die dag is, soos u seker weet) asook Siener se profesiee voorgehou en geleidelik die planne van defensief na offensief verander.

pb ·

Boeretroos…jy weet nie waarvan jy praat nie. Reg in eie hande neem gaan beteken dat jy ook so netjiese oranje pakkie gaan dra soos die Petoors grensvegters. Kom ons bid eerder saam soos die Woord ons beveel vir oplossings in hierdie land.

N Lourens Reitz ·

Riette jy is voorwaar ñ voorslag vrou
Ek het hoop vir my volk my mense met jou bruisende entoesiasme.Ek het nou verlede week Boervin op die internet gaan lees en wil betrokke raak om finansieel by te dra.Ek bid daarvoor dat hierdie BOERE vrygelaat kan word.Elke dag is hulle in my gedagtes en wonder ek oor hul welstand en gemoed.Ek verstaan presies wat hul prys gegee het en op geoffer het sodat ons weer ons vryheid kon terug kry.
En vir Hamba wil ek sê om te doen wat sy Zoeloe naam beteken naamlik: GAAN WEG!!

Martina ·

Ons boere staan agter hulle…ons dink elke dag aan ons manne in die tronk…sal hulle nooit vergeet nie.?

Alida ·

En die vet gevrete krimineel met 700+ klagtes teen hom loop en giggel soos n hienna. Wanneer trek hy daai suit aan?

pb ·

Viking…?raak gevat! ou Lets lyk nogal na die scrumhalf tussen twee slotte!!

Andy Roodt ·

Ek sien ook nie die volle waarheid hier nie. Daar is meer as een kant van n saak. Dit kan bewys word. Op versoek kan dit gestuur word aan nia

Ben Prinsloo ·

Laat ek nie kommentaar lewer op Jaco, Hamba en pb se kommentaar nie, netnou sit ek dalk ook. Tussen die ware Afrikaner sal die gepeupel soos die pers en tv ook altyd hulle verwronge gedagtes aan ons probeer afsmeer. Jammer julle 3 ons sal nie langs dieselfde vuur sit nie.

Ben Prinsloo ·

Ek weet wat is die rede dat my kommentaar nie onmiddelik verskyn nie Maroela Media. In die meeste gevalle is ek nie so polities korrek soos wat julle dit graag sal wil hê nie. Maar nog nooithet ek kru taal of Iiets van daardie aard kwytgeraak nie. Ek skryf dit maar weereens net toe aan my vorige stelling aangaande die pers. Maar of dit geplaas word al dan nie, die pers sal nie meer vir lank ons kan stilhou nie.

jaco ·

Ek word beskuldig dat ek in 1992 ja gestem het. Toevallig het ek nee gestem. Maar let asb net op die volgende: amper 900 000 het in 1992 nee gestem. Die stempersentasie was 85%, so as dit 100% was, sou daar so 1 miljoen nee-stemmers gewees het. Dié getal is in 1994 af na net 400 000 wat vir die Vryheidsfront gestem het en dié party het in 2014 se verkiezing maar net omtrent 150 000 stemme gekry. Waars die res? Waars die ander 850 000? Almal dood? Almal by die DA? Almal in Australië en ander lande? Ons regse konserwatiewe behoudende Afrikaners/wit mense steek ONSSELF in die rug met ons apatie.
Dan ook: waars ons volkstaat? Klein regse groepe het al in 1980 vandag se probleme voorsien en hulle beywer vir ‘n klein wit volkstaat as alternatief vir volksmoord. Die ou Nasionale Party het gesê dis rassisme. Die ou Konserwatiewe Party het gesê “dit kan nie werk nie”. Nou sit ons met niks. Weereens ons eie skuld. So sny ons wit mense maar net oor die jare heen ons eie kele af.

jaco ·

Mense dink tog net nugter: selfs 3000 boeremaglede sou nie die regering omver kon werp nie. Gestel hulle het die Uniegebou oorgevat: sou die oorwegend swart weermag en SAPD hulle gesteun het? Sou die ANC-en selfs DA-beheerde provinsies en munisipaliteite hulle gesteun het? Dink tog net logies en rasioneel. Ek sê nie SA is ‘n paradys onder die ANC nie, maar n boeremag staatsgreep is nie die oplossing nie. Behoudendes van alle politieke partye en alle rasse sal eerder moet begin saamstaan en op grondwetlike maniere moet probeer oorneem. Hou op om NET negatief te wees, maar nie in verkiesings te stem nie.

Starfish ·

….Jaco jy is beslis nie van hierdie planeet nie…..”

Adam ·

Jaco, ek dink jy is op die regte planeet en jou opinie is glad nie so vergesog nie. Hope konserwatiewe blankes het na die DA gestroom in die hoop om by ‘n sterker opposissie in te kom. Die DA daarenteen het besef hulle moet swart stemme trek en toe kry hulle ‘n klomp ontevrede ANC lede wat nie in die ANC kon vorder nie. Dit het gelei tot ‘n Babelse verwarring in die DA. soos jy tereg opmerk is die “Nee” stemmers nie almal by die VF+ nie, trouens hope van hulle wil nie eens met die VF+, ‘n stotterende politieke enjintjie, geassosieer word nie. Boonop is die blanke politieke leiers, Afrikaans en Engels, van swak standaard. Ongelukkig is dit irrelevant of jy JA of NEE gestem het in 1992. Ons moet maat die kaarte speel wat ons nou gedeel word. Of ons dit nou wil weet of nie, ‘n paar ou manne gaan nie ‘n regering omverwerp nie en Afrikaners is te lui en apaties om hulle hande vuil te maak. Die volkstaat gedagte grens aan waansinnigheid. ‘n Federale stelsel kon werk, maar ongerlukkig is dit nou te laat daarvoor.

anton ·

Jaco ek het nuus vir jou. Daar was destyds baie meer stemme wat NEE gestem het maar die NP het gesorg dat die JA stem wen. Ja hulle het dit gekook en dit is feite.
Miskien eendag sal dit op die lappe kom. Die waarheid het tog n manier om uit te kom al vat dit lank.

Siener van Melbourne ·

As jy nou die ‘gravy’ trein opblaas wis jy die hele regering uit. Sê maar net.

Tina du Toit ·

Hoe pateties is dit nie om grappe te maak ook die Boere nie. Hulle mense lees die goed en Viking, pb, Jaco, Hamba is so vol van hulle self, hulle borrel oor van ander se ellende. Ek hoop en bid vir die beste en dat hierdie Boere binne kort vrygelaat sal word aangesien baie moordenaars nog op vrye voet is.

Johanna ·

Boervin, ek bid saam met julle dat hierdie manne vrygelaat sal word. Ek het nog altyd baie respek gehad vir die manne. Ek hoop dat hulle broer Kobus en die ander manne ook vrygelaat sal word.

N Lourens Reitz ·

Ek wil graag verneem of staatskaping versus verraad dieselfde is omdat
as jy die staat gekaap het dan het jy dit onwettig oorgeneem of dan beheer jy dit onwettig
wat is die verskil dan tussen verraad en staatskaping

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.