Boeremaglid se gradeplegtigheid glo gekanselleer

Pretorius tydens sy gradeplegtigheid in 2008. Foto: Verskaf

Wilhelm Pretorius, een van die sogenaamde Boeremag-gevangenes, se gradeplegtigheid is glo ure voor dit sou plaasvind gekanselleer.

Riëtte van Schalkwyk, ’n woordvoerder van Boervin, ’n organisasie wat hom beywer vir die vrylating van “die Boerevolk se politieke gevangenes”, het gesê Pretorius het sy doktorsgraad in kerkgeskiedenis cum laude aan die Universiteit van Pretoria geslaag.

Volgens Van Schalkwyk het Pretorius in Maart reeds begin met ʼn aansoek vir ʼn gradeplegtigheidseremonie in die Zonderwater-gevangenis in Cullinan waar hy aangehou word. “Die seremonie is goedgekeur en bevestig deur meneer Tony Rametsi,  opvoedkundige beampte van Zonderwater, vir 25 April 2017.” Pretorius is nie toegelaat om die amptelike gradeplegtigheid by te woon wat op 6 April by die universiteit plaasgevind het nie.

Pretorius het glo Maandagoggend, die dag voor die gradeplegtigheid, net wéér al die reëlings gaan herbevestig toe hy glo meegedeel is dat die amptelike versoek wat hy gerig het, verlore geraak het. Pretorius moes dit herdruk en weer indien. “Die middag van 24 April om 14:30, toe Pretorius reeds in sy sel toegesluit is, is hy meegedeel dat die gradeplegtigheid uitgestel moet word. Die rede wat hulle aangevoer het, is dat dit nie goedkeur is nie omrede daar skielik nie aan al die vereistes vir die gradeplegtigheidseremonie voldoen is nie.”

Volgens Van Schalkwyk het die departement van korrektiewe dienste (DKD) toe eers ʼn brief van die universiteit versoek waarin daar toestemming verleen word dat Pretorius ʼn seremonie in die gevangenis mag hou.

“Pretorius kon toe niemand telefonies verwittig dat ʼn brief van die universiteit nodig is nie, omdat hy reeds in sy sel toegesluit was.” Volgens Van Schalkwyk het ’n werknemer van die gevangenis sonder Pretorius se medewete ’n verteenwoordiger van die universiteit se teologiefakulteit geskakel en in kennis gestel dat die gradeplegtigheid gekanselleer is.” Pretorius moet nou weer van vooraf aansoek doen om ʼn gradeplegtigheidseremonie te hou. Gaste wat van sover as Lichtenburg kom, is 8:00 die oggend van 25 April eers meegedeel dat die gradeplegtigheid gekanselleer is, nadat die familielede van die kansellasie te hore gekom het.”

Ofentse Morwane, ’n woordvoerder van die DKD, het by navraag aan Maroela Media gesê Pretorius se bewerings is onwaar en misleidend. Volgens hom was daar nooit so ’n aansoek nie.

“Die departement neem die betrokkenheid van oortreders in opvoedkundige programme baie ernstig op en werk nou saam met verskeie belanghebbendes in die onderwyssektor om te verseker dat oortreders wat studeer die nodige hulp kry om hul studies te voltooi,” het Morwane gesê.

Pretorius is in 2012 saam met sy twee broers, sy pa en 16 ander mans in die hooggeregshof in Pretoria aan hoogverraad skuldig bevind. Ná ’n verhoor van nagenoeg 10 jaar is Pretorius in Oktober 2013 tot 25 jaar tronkstraf gevonnis.

Volgens Van Schalkwyk het Pretorius in 2009 met sy doktorsgraad begin. Daar is glo in Oktober 2013, met vonnisoplegging van die Boeremagsaak, beveel dat sy rekenaar uit die gevangenis verwyder moet word. “Pretorius kon dus vir ʼn volle jaar nie met sy proefskrif voortgaan nie. Sedertdien het hy slegs uiters beperkte toegang tot sy rekenaar gehad, met geen internettoegang om aan sy proefskrif te werk nie. Met die sloerings en beperkings kon Pretorius sy finale mondelinge eksamen eers in September 2016 aflê. Die gevolg is dat Pretorius altesaam R30 000 uit sy sak moes betaal vir die ekstra jare se studiegeld.”

Pretorius het in 2008 sy meestersgraad in sistematiese teologie aan Unisa verwerf terwyl hy in Pretoria Sentraal-gevangenis aangehou is. “Daar is vir Pretorius ʼn gradeplegtigheidseremonie in die maksimumsekuriteitgevangenis gehou vir die verwerwing van die M-graad,” het Van Schalkwyk gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

42 Kommentare

Maya Roon Joubert ·

Absolute waanzin die man verdien sy gradeplegtigheid! As jy in ‘n staat hospitaal sit kom daar gevaarlike en erg bewaakte boewe / moordenaars tussen ons mense in!

Niklaas ·

Maak nie saak nie want hy het nog steeds sy graad en niemand kan van hom wegneem nie!Geluk met jou graad!

Janet ·

Soi siek dit maak mens naar. Maar die moordenasr en verkragyer kry sewe jaar. Patetiese land

Afrikaanse Knaap ·

Maar was hy nou Shabir Schaick was hy sy graad op ‘n goue skinkbord op sy sterf bed gegee.
Ons regering is ‘n klug. Jy kan ‘n man koel bloedding opkap en almal in die huis verkrag, dan kry jy 18 jaar. Jy kan jou meisie stukkend skiet deur ‘n toilette deur, dan kry jy 6 jaar. Maar sit nou in op ‘n “hoogverraad” vergadering, en jy kry 25 jaar. Dit maak my naar.

Dirk Ligter ·

Dat Maroelamedia ‘n platform bied vir hierdie soort kommentare, maak my besonder onrustig. Ek wens ook Pretorius geluk met sy doktorsgraad. Maar maak dit net asb los van die rede waarom hy in die tronk sit. Hy en en sy vriende het dade van terreur teen onskuldige mense sowel as teen SA se wettig verkose regering beplan. Daarom verdien hy/hulle om permanent uit die samelewing verwyder te word.

Verneder ·

Sterk staan my kind, GOD sal jou bo alle twyfel verhewe, Suid Afrika se beker is stadig maar seker besig om te begin oorloop

Johannes van Staden ·

Presies so n slim man omring deur dom mense wat nie eers weet wat teologie is en wat nooit eers n sertifikaat vir bywoning van iets sal vewerf nie

Hanna ·

Klink maar vir my na pure moedswilligheid… Baie geluk met die prestasie mnr Pretorius!

Christo Conradie ·

Intelligente man. Staan vir sy saak. Miskien te “undercover”. Hoe vergelyk sy klagstaat met JZ#783?. Lyk my selfs die regstelsel ly nou al aan Gupta-siekte!

Jane ·

Dit is baie onregverdig en n politieke spel! Dit is rassisme en diskriminasie in sy uiterste vorm! Baie geluk! Julle is ongelooflike intelligente mense en verdien elke graad wat julle (met lof) verwerf! Dit wys jou net die regering kon jou nie onderkry nie! As jy slim is is jy slim! Shame hulle is seker jaloers met hulle Standerd 3! Wees groter as hulle! Laat jou liggie skyn!!!!

PEANUT ·

Kyk ek weet nie wie julle regshulp is nie maar die hemele weet hulle het julle al ‘n paar keer lelik in die steek gelaat! Die moordenaars loop op straat rond en jy mag nie jou graad kry nie!? Belaglik soos alles waarop die ANC hulle vuil hande le! BAIE BAIE GELUK!!!

AL ·

Baie geluk met jou graad! Jy is nie ondergeskik aan die res van die gevangenes nie.

Rina ·

Baie geluk met jou groot prestasie – ondanks jou omstandighede. Maak mens hartseer dat so ‘n geleerde man agter tralies sit – kon my seun ook gewees het: if it was not for the grace of God.

toy ·

Baie geluk met jou graad. Dit voel vir my iemand was aspris gewees om sy versoek te laat wegraak. Dit is ook vir my onregverdig hy kry 25 jaar tronkstraf en verkragters en moordenaars kom baie keer met n ligter straf weg. Ek se maar net.

Jolene ·

Sjoe ek is bly oor die berig, bly om te sien dit gaan goed met hulle. Ek het altyd gewonder hoe dit met hulle gaan en dink gereeld aan hulle al ken ek hulle nie. Geluk met die buitengewone prestasie onder moeilike omstandighede, ‘n getuigskrif van goeie karakter.

Boerseun ·

Jammer dat so ‘n pragtige slim jong man sulke dom besluite geneem het om hom vir 25 jaar in die tronk te sit.
Jammer dat so ‘n slim jong man so ‘n nuttelose studieveld soos kerkgeskiedenis kies.

Jan Frederik ·

Inderdaad, maar teen die tyd dat hy vrygelaat word, is sy lewe in elk geval verby. Hoop hy’t iets geleer met sy graad!

Fanie ·

Wilhelm, baie geluk met jou graad. Dis bewonderingswaardig. Dit bly ‘n tragedie dat julle julself en jul gesinne met verbysterende dom optrede in so wanhopige penarie beland het. Ek wil jul nie verder trap nie, maar as jul ‘geslaag’ het was baie meer Afrikaners in die daaropvolgende bloedbad vermoor. Ek huil saam met julle oor vergeefse vermorsde talent. Mag ons Here uitkoms gee.

Estelle ·

Geluk baie mooi prestasie ….hou so aan!
Na alles wat ek hier bo lees die kommentaar kan ek maar ook net se…..

Suid afrika jou ingewande is besig om sleg word…,

EvW ·

Hy voorbeeld v baie ander! Die wat die “DOM” aanmerkings maak Het jy al so iets reg gekry?

Joe Hall ·

EvW
Wat volgens jou, moes mense doen wat “DOM” aanmerkings maak, om ook 30 plus jare tronkstraf te kry?

anton ·

Fanie het jy bewyse om jou stellings te bevestig of suig jy dit bloot maar uit jou duim?

matie willemse ·

Niemand is vermoor, verkrag, geroof nie, maar 25jaar, kyk kom ons bom hulle uit……miskien word een van hulle president.

pieter ·

hulle moes hom n Oscar gegee het,dan was hy al uit die tronk uit.BAIE GELUK BOERSEUN AS DIE BLANKES IN SUID AFRIKA EENDAG WAKKER WORD SAL JULLE UITKOM.MAAR VEREERS SIT HULLE NOG WITTES ONSKULDIG IN DIE TRONK SOOS, DIE DOODSKISMANNE,TZANEEN,LICHTENBURG EN DIE WITTES KYK GELATE TOE.

Ken ·

Matie en Pieter, hulle bomme het wel (minstens 1) dood en beserings veroorsaak, en as hul nie betyds gekeer is nie, sou meer swart én wit onskuldiges gesterf het. Wie dink jy gaan die meeste ly in ‘n rasseoorlog? Ons moet vanuit beginsels redeneer, nie vgl mense se ras en politieke oortuigings nie. Daarom neem ek deel aan my Buurtwag, dra by om Plaasmoorde te stop, werk teen Zuma en sy bende rampokkers, stem saam dat Dr Pretorius onbillik geboelie word, en keur onnosele optrede van wittes soos die ‘doodskis’-manne af. Dit skep net verdere haat teen wittes, en gee Malema skietgoed en steun. Dis verraad teen Afrikaners ook.

E.K. ·

Hierdie is nou regtig kleinsielig – die feit dat sy rekenaar ook verwyder was en hy ‘n jaar agter was – wel WAT ‘n voorbeeld is hy nie vir enige jongmens vandag nie. Veral die wat luilekker gaan jol op universiteit en tyd en geld mors, hierdie ou het laat niks hom onderkry nie maar kalm gebly, sy ding gedoen en sy graad verwerf. Ek hoop hy het toegang tot Maroela of dat sy ouers en familie hom vertel hoe trots baie lesers hier op sy prestasie is!

Fanie ·

Dirk Ligter, ek deel jou sentiment oor hulle dom onwettige terreurplanne, maar ek bid steeds vir alle gevangenes én hul slagoffers, werk aan die voorkoming van misdaad. Ek het steeds respek vir sy groot prestasie, en glo dat Maroela wel ‘n platvorm moet bied vir oop demokratiese gesprek. Mense kan mos vir hulself besluit as hulle die feite, ontledings van kenners én menings van ander lesers kry.

Riette van Schalkwyk ·

Kom stap saam in die Vryheidsrepubliekdag Optog 31 Mei 9:30 vanaf die Pretoria Kunsmuseum tot by die Uniegeboue. Jy kan ‘n “VRYHEID VIR DIE BOEREVOLK se POLITIEKE GEVANGENES” t-hempie by my bestel ter ondersteuning van BOERVIN, wie hom beywer vir die vrylating van die Boerevolk se Politieke Gevangenes. Inligting oordie optog is op die Boervin Facebook Blad.

Kallie ·

‘n Doktorsgraad in kerkgeskiedenis maar in die tronk omdat hy beplan het om mense dood te maak. Hoe ironies. Ek wonder of hy al tot ander insigte gekom het.

Riette van Schalkwyk ·

Kallie natuurlik het hy tot ander insigte gekom. Die staatsgetuies wat saam met hulle was en teen hulle gedraai het om nie in die tronke te gaan sit nie het getuig dat hul bedoeling nie was om mense dood te maak nie. Daar was 300 Boeremag aangeklaagdes waarvan ongeveer 270 verklarings afgele het sodat hulle geroep kon word as staatsgetuies teen die ander. Daar is baie van hulle wat vandag vry rondloop wat MEER as die gedoen het wie nou nog in die tronke sit.

FrancoisM ·

Ek verbaas my aan sommige mense se kommentaar. WIE IS JY OM IEMAND TE OORDEEL? HOE LANK HET JY IN DIE TRONK GESIT? Dit vat n groter dommie om n ander een raak te sien. Omdat die persoon in die tronk is , het hy besluit om aan te gaan met studies. Ander mense buite die tronk sit op hul gatte en oordeel diegene wat in die tronk sit. Maak nie saak wat die man gedoen het of aan watter beweging hy behoort nie. Hy wil aangaan met sy lewe. Nelson en n ander paar mense was ook in die tronk gegooi vir Sabotasie en hoogverraad. Dis n skande dat die man wat wil aangaan so teruggesit word deur DKD.

Joe Hall ·

Jy kan gerus jou vraag: “WIE IS JY OM IEMAND TE OORDEEL?” aan jou eie adres rig.

Boerseun ·

Die Boeremag was ‘n intellgensieprojek deur die gewetenlose ANC-dienaars in die Polisie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.