Boeremaglid se vrou: ‘Ons sal aanhou baklei’

Die hooggeregshof in Pretoria. )Foto: Maroela Media)

“Ons sal aanhou baklei om bymekaar te wees, want ons is lief vir mekaar.”

Só het Riëtte Pretorius, vrou van een van die Boeremag-gevangenes, gesê nadat regter Peter Mabuse Dinsdag uitspraak in die hooggeregshof in Pretoria voorbehou het in die jongste aansoek van drie van hulle om vrygelaat te word.

Lets Pretorius (73) en sy seuns Johan (47) en Wilhelm (41) (Riëtte se man) het die hof gevra dat hulle vrygelaat moet word, of alternatiewelik net tydelik vrygelaat word, hangende die klag wat hulle by die VN se Menseregtekomitee oor hul verhoor ingedien het.

Die Pretoriusse het hul klag verlede jaar aan die VN voorgelê en dit is aanvaar. Hulle voer onder meer aan dat hulle reg op ʼn regverdige verhoor geskend is en dat hulle gevolglike tronkstraf dus ook onbillik is. Hulle sê die skendings tydens hulle verhoor was “ooglopend ʼn verbreking van die Republiek van Suid-Afrika se internasionale verpligtinge (en) dat die komitee nie tot ʼn ander beslissing sal kom as dat hulle onregmatig aangehou word nie”.

Die pa en twee seuns sukkel al vyf jaar lank om ʼn appèlaansoek teen hul vonnisoplegging in te dien en sê hul reg op appèl is onherroeplik geskend.

Riëtte Pretorius het aan Maroela Media gesê sover hulle weet het Suid-Afrika nog nie sy beantwoordende verklarings by die VN-komitee ingedien nie. Die spertyd daarvoor was in Maart.

Hulle hoop om spoedig terugvoer hieroor te kry, het Riëtte, wat haar en Wilhelm se eerste kind verwag, gesê.

Sy het gesê sy en Wilhelm is gelukkig getroud. “Ons wil ʼn gelukkige gesin wees wat sáám is,” het sy gesê.

Die drie mans is deel van ʼn groep van 21 wat in 2002 in hegtenis geneem en in 2013 vonnisse van tussen 30 en 35 jaar tronkstraf vir hoogverraad opgelê is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

HPV ·

Andrea, ek het skakel insake “kind vewag” twee keer probeer stuur maar vir een of ander rede aan my onbekend kan die stelsel dit nie verwerk nie.

Juffrou ·

Dit was die koerante en die tv vol. Hulle het spesiale toestemming gekry van Korrektiewe Dienste. Hy is na ń hospitaal geneem waar hy sperm gaan skenk het. Toe die proses van daar.

Johan ·

Ons gebede is vir julle. Sterkte. Julle is nie verraaiers nie. Julle is net lief vir julle volk wat julle verraai het. Mag God se seën op julle rus.

Christa ·

Stem saam met jou Johan, maar Sy Moes geweet het waarvoor Sy haar inlaat. Sy het met hom Gaan trou, wetende dat Hy n gevangene is. Sy Wil die tronk se reels verbuig.

Chris Ws ·

Alle sterkte.Ek hoop die VN gaan ingryp teen die’ anc regime.

Lana ·

Christa, om mee te begin hoort dié mense in die eerste plek nie in die tronk nie.

barend v d westhuizen ·

ek stem saam die hof saak was nie regverdig nie en omdat julle wit is sal julle maar sukkel om vry te kom

Grassie ·

Ek ken vir Lets Pretorius. Hy is nie ‘n misdadiger nie en hoort nie in die tronk nie. Sy seuns aard na hom. Oor die verhoor teen hulle kan daar nog boekdele geskryf word. Maar hulle velle is wit daarom sal daar teen hulle gediskrimineer word.

Juffrou ·

Dit was die koerante en die tv vol. Hulle het spesiale toestemming gekry van Korrektiewe Dienste. Hy is na ń hospitaal geneem waar hy sperm gaan skenk het. Toe die proses van daar.

PJC ·

Duidelik hang daar ernstige vraagtekens oor die vehoor van hiedie boeremaglede. Enige persoon wat die saak gevolg het sal wonder wat alles hier aangevang is.

Riette Pretorius ·

Nee Christa, SA verbuig hulle eie grondwet en ondergeskikte wette en tronkreëls. Verseker nie ek nie.

Merkur ·

Stem heeltemal saam met Johan. Sterkte. Ons gebede is vir julle en julle families.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.