Boeremaglid wat glo verkrag weer in hof

(Argieffoto: Maroela Media)

ʼn Boeremaglid wat van seksuele aanranding beskuldig word, sal Vrydag weer in die landdroshof op Bronkhorstspruit verskyn.

Die 46-jarige beskuldigde mag kragtens wetgewing nie geïdentifiseer word voordat hy nie gepleit het nie.

Die man is op 8 Augustus in hegtenis geneem op ʼn klag van seksuele aanranding van ʼn 16-jarige meisie. Hy staan ook tereg op nog drie aanklagte van seksuele aanranding en een van verkragting van ʼn 19-jarige meisie.

Die aanklagte hou verband met beweerde voorvalle in Junie vanjaar terwyl die man glo op parool was. Hy is in Mei verlede jaar op parool vrygelaat.

Luidens die klagstaat het die man na bewering die oudste meisie uitgevra oor haar maagdelikheid, haar betas, haar gedwing om hom te soen en toe verkrag.

Die man sou ook glo vir die jonger meisie gevra het of sy belangstel in ouer mans, haar hand vasgehou en haar probeer soen het.

Tydens sy borgtogaansoek het die beskuldigde aangevoer die dade met die oudste klaer is met haar toestemming gedoen. Hy het ook aangevoer die aanklagte teen hom spruit uit die gemeenskap se pogings om hom glo uit die omgewing te verdryf waar hy saam met sy gesin op Kleinfontein woon.

Kleinfontein is ʼn geslote gemeenskap in Pretoria.

Die man is borgtog geweier en bly in aanhouding. Die departement van korrektiewe dienste (DKD) het ook sy parool herroep.

Tydens sy vorige hofverskyning het die hof gehoor dat een van die slagoffers ʼn terugtrekkingsverklaring ingedien het. Sy voer aan sy wil nie meer met die saak teen die beskuldigde voortgaan nie.

Die hof sal na verwagting vandag betoë aanhoor oor hoekom die slagoffer se verklaring aanvaar moet word al dan nie.

  • Die beskuldigde was ʼn lid van die Boeremag wat in 2002 ʼn staatsgreep beplan het. Hy en verskeie ander mans is in 2013 gevonnis nadat hulle skuldig bevind is aan onder meer hoogverraad.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Highlander ·

Ek is nie verbaas. En dit was baie maklik om uit te vind watter een dit was. Ai, Kleinfontein o Kleinfontein.

Bolandse Nooi ·

Ag jene, ou, kon jy nie maar ‘n prossie gevind het om jou luste te bevredig mee nie? As ek in soveel bollas was met die lang arm van die gereg, so onlangs as 10 jaar gelede, sou ek báie laag gevlieg het en sover as moontlik uit moeilikheid se pad probeer bly het.

Desnieteenstaande-het-overgezijnd … die 19-jarige meisie kón toestemming gegee het en dit kán ‘n sameswering wees om hom uit die gemeenskap te dryf … waarom het (neem ek aan) die 16-jarige die klagte teen hom teruggetrek???

George ·

Niks met Kleinfontein te doen dat die monster die dade gepleeg het nie. Hy moes nooit uitgekom het nie.

Highlander ·

Raadsman. Want dit was een van die boeremaglede en die misdaad is gepleeg terwyl hy uit op borg was. As mense vir hulself wat labels opsit, moet hulle dit maar dra in slegte tye ook

Highlander ·

George. Dit het baie met Kleinfontein te doen, want dit het daar gebeur. Of wil jy he dat n misdaad wat in jou voorstad gebeur, die voorstad se naam eerder verswyg word

Highlander ·

Bolandse Nooi . As ek in soveel bollas was sou ek verkies het om uit die samelewing te verdwyn. Iewers in die kalahari in karevaan gaan woon het. Nie in n plek wat gereeld onder vergrootglas geplaas word nie.

Kabous ·

Hy moes in die eerste plek nie op parool vrygelaat gewees het nie!! sy kop was nog nooit skoon nie!! Sit maar lekker en geniet die sop in die tronk, het glad nie n jammerte vir jou nie, maak nie saak wie jy is nie boeremag of te nie sit moet jy sit en jou kos moet met n kettie ingeskiet word.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.