Die boereorkeslegende Hennie van Loggerenberg is Sondagoggend oorlede.
Francois van Loggerenberg, sy seun, het Sondag aan Maroela Media bevestig Hennie is ná ʼn lang siekbed oorlede.
Hennie het jare lank as vervaardiger by die SAUK gewerk en was ook beoordelaar van die boereorkeskompetisie op televisie. Hy was ook een van die hoofbeoordelaars op die Sakkie langarm-kompetisie op kykNET.
Hy laat vier kinders agter.
Mooi loop ou Grote, jou musiek sal voortleef, sterkte aan die familie.
Ons het n grote verloor, hoop sy tradisie leef voort en dat ons weer n boerekompetissie op tv sal kry.
Ons innige meegevoel met oom hennie se heengaan~sy plekkie is leeg maar vol in die hemel~sterkte aan die familie~Jesus is die vertrooster