Boeremusiek-veteraan Hennie van Loggerenberg oorlede

Hennie van Loggerenberg Foto: Facebook

Hennie van Loggerenberg Foto: Facebook

Die boereorkeslegende Hennie van Loggerenberg is Sondagoggend oorlede.

Francois van Loggerenberg, sy seun, het Sondag aan Maroela Media bevestig Hennie is ná ʼn lang siekbed oorlede.

Hennie het jare lank as vervaardiger by die SAUK gewerk en was ook beoordelaar van die boereorkeskompetisie op televisie. Hy was ook een van die hoofbeoordelaars op die Sakkie langarm-kompetisie op kykNET.

Hy laat vier kinders agter.

Hennie van Loggerenberg en Ollie Viljoen (Foto in 2007 geneem) Foto: Facebook

Die twee groot vriende Hennie van Loggerenberg en Ollie Viljoen (Foto in 2007 geneem) Foto: Facebook

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Peter Says ·

Mooi loop ou Grote, jou musiek sal voortleef, sterkte aan die familie.

Andries ·

Ons het n grote verloor, hoop sy tradisie leef voort en dat ons weer n boerekompetissie op tv sal kry.

gerda marais ·

Ons innige meegevoel met oom hennie se heengaan~sy plekkie is leeg maar vol in die hemel~sterkte aan die familie~Jesus is die vertrooster

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.