Boerevereniging versoek subsidie vir plaasarbeiders

grond plaas boer trekker

Argieffoto (Pixabay)

Die vereniging vir swart boere, die African Farmers’ Association of South Africa (Afasa) het die voorgestelde nasionale minimumloon van R3 500 per maand verwelkom, maar het versoek dat daar voorsiening gemaak word vir klein boere.

Aggrey Mahanjana, sekretaris-generaal van Afasa, het Dinsdag gesê die meerderheid van klein boere veg om oorlewing, en die finansiële las van ʼn minimumloon sal hulle eenvoudig bankrot laat.

Hy het gesê in beginsel is die minimumloon regverdig en in lyn met Afasa se siening van plaasarbeiders wat ʼn behoorlike loon moet verdien om behoorlike lewenstandaarde vir hulle en hul gesinne verseker. Volgens hom is R3 500 per maand nog nie naastenby genoeg om die basiese lewenskoste te dek nie, wat nou vir ʼn gesin van vier op R5 500 per maand geraam word.

“Afasa versoek die regering om klein boere by te staan met ʼn plaasarbeidersubsidie om die huidige en toenemende werksgeleenthede op plase te volhou,” het hy verduidelik. “Dit is veral van toepassing op boere wat deur die droogte geteister is.”

Hy het gesê ʼn nasionale minimumloon hoef nie tot werksverliese te lei nie, en het bygevoeg boere wat nie die minimumloon kan bekostig nie, kan steeds gebruik maak van artikel 50 van die Wet op Basiese Diensvoorwaardes wat voorsiening maak vir kwytskelding van ministeriële bepalings.

“Die boere hoef slegs aan te dui waarom hulle nie daaraan kan voldoen nie en kan dan finansiële verklarings indien om te bewys dat hulle nie die minimumloon kan bekostig nie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

21 Kommentare

Phillie ·

Ek begin al hoe meer oortuig raak dat die alewige agtergeblewenes dink daar is ‘n reën boog met ‘n pot goud (bottomless) en biljoene rande net langs die Uniegebou. Miskien is hulle reg met ‘n alles wit reënboog

Tattie ·

Ek wonder of hulle besef hoeveel plaasarbeiders nou sonder werk gaan wees? Boere gaan eenvoudig nie meer die werkers kan bekostig nie.

Will i am ·

Nou moet my belasting geld weer betaal vir die wat nie wil werk nie

Jaco ·

In amerika is die arbei duur en da werk die boere hulle lande self .Meganiseer is all uitweg ons was altyd gewoont aan n goedkooper arbeids mag en daai is beesig om nou tot noet te gaan .

Wayne ·

Tot die kleinboer het n groter maandelikse inkomste as die gewone huishouding. Van hierdie huishouding wat net afhanklik is van gewone salarisse word daar verwag om die minimum loon te betaal sonder enige subsidie van die staat af. Hierdie wetgewing gaan net veroorsaak dat huishoudings sonder hulp oor die weg gaan kom wat werkloosheid en misdaad gaan verhoog.

snoefie ·

julle mis die breeer punt mense. die sukkelende kleinboer, waarvan 19/20 swart is kan aansoek doen om hulle arbeiders se loon deur
(raai wie????) die staat gesubsideer te kry. so skielik gaan 16/20 nou dertien arbeiders he waar daar altyd net drie was.

Christo ·

Petro ek is nie n boer nie maar ek is dankbaar vir mense wat bereid is om n risiko te neem dat ons met vol mae te kan slaap

Nice ·

Die probleem is in SA kry mens 2 tipe boere die wat die werk saam sy werkers doen en dan kry jy die bakkie boer.Ek werk tans in amerika op ń plaas boer 8000 acre ons is 3 mense wat die hele ding run van plant,sprei,stroop en trok ry…..En die SA regering worry nie veel waar die kos vandaan kom nie en hoeveel mense sonder werk gaan sit nie malema glo mos hy koop sy mielies by checkers.

zahn ·

Dis nogal nie nice van jou om te veralgemeen nie. Ek was self in Amerika, en die twee tipe boere wat jy van praat, het ek ook daar gesien. Moenie dit wil uitmaak as ‘n unieke SA verskynsel nie. Jy maak asof dit net hier is wat dit gebeur. Wat jy nie aan dink nie, waar jy werk in Amerika, is dit hoofsaaklik graan. Dink bietjie as net drie mense (soos by julle) wingerd moet boer, of sitruws of ander vars vrugte.

Bietjie bietjie ·

Wat is jou punt met bakkie boere en boere wat self of saam met werkers werk?
Afrika is nie Amerika nie .
Good for you my friend with all your acres.
Hoeveel subsidie kry die US boere in een of ander verskuilde vorm ? Kyk net na hul brandstof en rente !
Jou punt verstaan ek nie .
Los die boere dat hulle boer soos hulle verkies .
Of dit nou bakkie boer is of self werk .
Wat het dit met jou te doen ?
Waarom kom werk jy dan nie self in SA nie slimmie?

Louis ·

Ek het baie vriende wat boere is. Ons wat in die stad bly weet nie regtig wat op n plaas aangaan nie. Baie boere werk hulle g*t af en sukkel nog steeds. Arbeid is ongeskool en veral heelwat van die jonger arbeiders is nie regtig lus vir werk nie, maar doen dit teësinnig net om geld te kry. Nee, die boere het al my simpatie. Hierdie subsidie sal nie vir almal beskore wees nie, en dit gaan nie n beter arbeider skep nie. Die antwoord is om soveel as moontlik te meganiseer sodat jou arbeidsmag kleiner word. Ongelukkig sal die gevolg wees dat die werkloses meer word. Ek weet nie wat die antwoord is nie, maar dit is beslis nie subsidies nie.

Oom Ekonoom ·

Die antwoord is dat die regering moes al 20 jaar terug in opvoeding bele het. Onderwys is die groot oplossing vir ongelykheid. Die regering was oor en oor gewaarsku hieroor maar hulle het verkies om ons belastinggeld eerder op hulle eie pret en plesier te spandeer.

Ruby ·

Afasa: Die vereniging vir swart boere.

Is dit nie rassisme, dit word bepaal deur jou velkleur?

Die wit boere gaan die swart boere se werkers betaal: weens die “finansiële verklarings” gaan hulle subsidie kry met die wit boer se belastig geld.

Walis ·

Dit is niks anders as rassisme nie. Verbeel jou waste opskrifte die media die wereld sal instuur as ons n Vereeniging van WIT watookal het, dit gaan afgemaak word as verregs en rassisties. Maar swartmense mag huidiglik swart watookal he en ons moet net stil bly.

Vra net ·

Hoeveel “spook” werkers gaan daar nie nou vergoed word dmv hierdie subsidie. Dis weer net poging om te verseker hulle kry net. Want hulle wil net hê. Altyd een of ander konsep om te verseker hul mense sit nie sonder inkomste. Ongeag of hul daarvoor moet werk of nie. Waar gaan die sogenaamde subsidie vandaan kom. Die belastingbetaler. Weer gelde wat gesteel gaan word. Steel is mos ook deesdae ‘n professie. Hoekom word daar nie ook plan gemaak om alle wit werkloses wat in die wit squatter kampe bly te voorsien van inkomste nie.

Gys ·

Ek is n boer en sukkel. Het n trekker nodig om my te kan help. Is daar iemand wat vir my n trekker kan sponser asseblief.

Jean ·

Ja hoor maak die eise nog meer en nog 15 000 sit een van die dae op straat. Dit HOEF nie tot werksverliese te lei nie, maar dit gaan tot werksverliese lei, dit is nou een ding wat julle high and mighties nie kan beheer nie.

Annakapat ·

Ek weet daar is baie lui blanke mense ook maar ek wonder of daar nie ‘n paar werklose blanke mense is wat bereid sal wees om op ons boere se plase te gaan help nie? Hulle kan dan mos ook behuising en salaris (al is dit minimumloon) van die boere kry en sodoende ‘n bestaan maak. Wonder maar net…

Jean ·

Dit klink na ‘n baie goeie idee, en ek stem saam, maar net soos dit werk, gaan die regering weer BEE kwotas begin toepas en die boer dwing om uit ander etniese groepe werkers aan te stel. Hulle sal nie toelaat dat dit goed gaan op plase sonder dat die ‘people’ daarin deel nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.