Boerewors-kampioen gekroon

Championship Boerewors

Championship Boerewors

Die wenner in die 2015 Championship Boerewors-kompetisie is Dinsdagmiddag in Kaapstad aangewys.

Ná ʼn landswye soektog het George Baloyi (52) van Soshanguve in Gauteng met dié gesogte titel weggestap. Sy resep sal nou vir Championship Boerewors in al die Shoprite, Checkers en Checkers Hyper-winkels gebruik word. Die maatskappy het in ʼn verklaring gesê hy het in sy vorige finansiële jaar (wat op 30 Junie 2015 tot ʼn einde gekom het) 8 220 km Championship-boerewors in sy winkels verkoop – dit is die afstand tussen Kaapstad en Mumbai (Indië).

Die ander twee Championship Boerewors-finaliste, soos deur die publiek aangewys, was Phina Maimela (37) van Lydenburg, Mpumalanga en Ayanda Dyanse (28) van Humansdorp in die Oos-Kaap.

Baloyi se naam is vanmiddag deur die bekende persoonlikhede Marc Lottering, Corné Krige en Tol Ass Mo bekend gemaak. Die weer het hulle planne omvergegooi om die wenner tydens ʼn valskermsprong bekend te maak.

Hulle het egter R100 000 vir liefdadigheid ingesamel en selfs die rugbylegende Naas Botha het die wenner op Twitter ondersteun.

Dit is Baloyi se vyfde inskrywing in die kompetisie, maar die eerste keer wat hy tot die finaal deurgedring het. Hy het 25 jaar gelede begin om boerewors te maak toe hy by ʼn slaghuis in Pretoria gewerk het. “Ek was baie bly toe die naam genoem is en hulle sê ‘George’, want ek is vandag die enigste George hier! Ek het vyf verskillende resepte gemaak en my vriende en familie gevra om dit te proe – hulle het almal gesê hierdie een is die wenner.”

Baloyi wen onder andere ʼn Hilux 2.7 dubbelkajuit-bakkie.

Sy resep sal van 18 September landswyd verkoop word – net betyds vir Nasionale Braaidag tydens Erfenisdag op 24 September.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

André ·

Kan nie wag om dit te probeer nie. Betyds vir die naweek….lekkerrrrrr!

Lynette ·

Ek verstaan wat jy bedoel met A, B en C. Dit is hoe die pakkies wors in Checkers met die 3 verskillende soorte wors in die pakkie gemerk is. Ek wonder ook watter een dit was.

Arendse ·

Net jammer checkers gebruik hul vervalde vleis van die rakke om dié wors van te maak.

CHRISTA ·

Hy moet sy prysgeld gebruik om sy eie slaghuis te begin. Ek sal daarvan hou om by hom te gaan vleis koop!!

jenna ·

Elke peanut glo anyway SY slaghuis maak die beste boerewors.

Hennie ·

En dan smaak hierdie wors by g’n twee takke van Checkers dieselfde nie. Dit is maar net ‘n groot reklame-foefie om minstens iets in hul sub-standaard vleismarkte te probeer verkoop.

Kobus ·

Vervalde vleis? Ek dink ek moet hier saam stem. Dit is dalk so dat jy ‘n wen resep kan hê, maar nou tree die probleem in wanneer iemand anders dit moet maak. Die gehalte vleis kan swakker wees, die vet en spesery is nie in die regte hoeveelhede bygevoeg nie, en siedaar, dit is nie die meer die “kampioen” produk nie. My eerlike opinie, sonder om afbreuk te doen aan die wenner, ek het nog nooit een van die afgelope paar jaar se wen resepte twee meer gekoop nie. My slagter sal sy eie motorhandelaar agentskap kan oopmaak met al die Hilux bakkies wat hy sal wen, want hy sal elke kompetisie wen. Punt? Jy sal die wors by George moet gaan koop om te proe hoe dit nou eientlik moet smaak.

Dawie ·

Stem saam Kobus. Het jare laas wors by Checkers gekoop. Buitensporig duur en dan is die wors gewoonlik walglik vol vreemde senings en allerhande goeters. Het ook altyd gekla maar is altyd belowe dit sal nie weer gebeur nie iemand het ‘n fout gemaak. En dit by verskillende winkels.

Christo ·

Stem saam. Het nie eenkeer laaste paar keer se ‘Champion Checkers’ wors van gehou nie. Dit het eenvoudig sleg gesmaak. So sal ook nie weer daar koop nie.

neelsie ·

Goed gedoen George. Hoop jy is suksesvol.
Ek is genees van supermarkvleis…..het al te veel foefies daar gekoop.

FJD ·

Baie geluk George – ek glo dat jy suksesvol sal wees MAAR ek hoop ook soos die ander dat jou resep presies nagevolg sal word – het nog nooit wors by enige supermark gekoop wat ek kon klaar eet nie – proe altyd na vleis wat bietjie te lank buite gelê het ……….

Drieks ·

Ek 2007 ook gestop om dit te gaan koop. Hul voeg gemors by die wenner se speserye en smaak dan sleg. Hierdie ketting groepe moet reg kom.

christine ·

Stem saam vervalde vleis. Net ouens wat vir groep werk wen. Haat dun wors enige ding in. My man noem dit lui huivrou wors.

Jakkals ·

Lekkerste Supermark wors wat ek al geeet het was Spar se “Legacy”. Baie geluk aan George

Sarel Strydom ·

Eerstens geluk aan die wenner maar jy gaan jou resep se waarde verlor. Sodra iets goeds in massa vervaardig word,gaan kwaliteit verlore. Dit gebeur beslis hier. want ek is lief vir my wors,maar koop geruime tyd nie meer hierdie sg. Champion boerewors nie. Tweedens sal ek graag wil weet hoeveel vorige wenners was werknemers van Checkers.

Schalk ·

Sekere slaghuise gebruik net goeie vars snitte om hulle wors te maak. Checkers se wors se vleis het ‘n klankie. Sal dit nie weer koop nie. Hulle wors kompetisie is ‘n goeie bemarkingsfoefie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.