Boervrou aangerand ná lokval

Argieffoto: Reint Dykema

Argieffoto: Reint Dykema

ʼn Boervrou in ʼn rolstoel is Sondagaand op ʼn plaas buite Vryburg in Noordwes deur vier aanvallers oorval en aangerand, nadat hulle haar man uit die huis gelok het deur die veld langs die huis aan die brand te steek.

Kapt. Charlize van der Linde, woordvoerder van die polisie, het aan Maroela Media gesê Hennie Holtzhauzen (80), van die plaas Jacobsval, het omstreeks 21:00 opgemerk die veld ongeveer 500 m van sy huis brand en hy het uitgehardloop om dit te gaan blus. “In die haas om uit te kom, het hy die deur oopgelos en dit is toe dat die vier aanvallers in die huis ingekom het,” het Van der Linde gesê.

“Holtzhauzen se vrou is in ʼn rolstoel en die aanvallers het haar erg aangerand, gewurg en gedreig. Almal het balaklawas gedra en een van hulle het ʼn vuurwapen gehad.”

Volgens Van der Linde het die aanvallers die kluissleutel in die hande gekry en ʼn .223-jaggeweer en ʼn onbekende bedrag kontant gebuit. Hulle het daarna te voet gevlug en die vrou het haar man gebel om hulp te ontbied. “Die polisie is tans nog op die toneel besig om die spore te volg. Niemand is nog in hegtenis geneem nie,” het sy gesê.

Van der Linde kon nie onmiddellik die naam en ouderdom van Holtzhauzen se vrou bevestig nie, aangesien sy nog te getraumatiseerd was om ʼn verklaring aan die polisie af te lê.

ʼn Saak van huisroof word ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

Alida ·

Genade die arme vrou is weerloos en in ‘n rolstoel. Barbaarse optrede.

Freek ·

Dis beslis barbaars, hoop sy herstel spoedig. Van die selfvedediging skiet sporte akkomodeer spesiaal mense met rolstoele , dat hulle ook hulself effektief kan verdedig.

Henk ·

Dis absoluut afskuwelik. By die IDPA is daar ‘n paar ouens in rolstoele wat lekker saam ski et, dis dalk iets om te oorweeg vir diegene met beperkte mobiliteit.

Jan maak n plan ·

Huisroof se voet. Dis roof met verswarende omstandighede en poging tot moord asook opsetlikke saak beskadinging. Miskien was hulle dalk daar oor n loon geskil. Ek sal eerder niks verder skeyf nie, nou nou word ek ook
ge-penny.

Berhalet ·

Ek stem volkome saam! Huisroof se voet, hulle het mos nie net geroof nie!

Marina ·

Wat sal hierdie klomp nog doen??? Hulle weet net hoe wat wanneer en waar om iets te probeer om seker te maak dat ons nie op ons hoede is wees nie. Ek raak sommer kwaad, en dit altyd die weerlose mense wat deurloop.

Adeline ·

Lafaards! Mos hulle spesialiteit om weerloses te teiken. En zuma kla oor die ‘mishandeling wat hy kry’. Niks word ooit genoem oor hierdie wrede mishandeling nie!

Alida ·

Dit is ‘n gruwelike daad wat gepleeg is. Al ons planne en bespiegelinge help nou niks. Dit is gedane sake.

Berhalet ·

Veragtelike spul lafaards! Niemand het ooit kleur of kultuur gehaat nie, maar wel ruggraatlose gedrag soos hierdie!

Sydney ·

Bring tog asb die boere kommandos terug wat voorheen ons boere en hulle besittings beskerm het. Ons boere het in vrede geleef en geboer om ons land te voorsien van kos. Sou ons ‘n onbekende pad/bosloper kry was hy verwyder gewees net daar en dan. Ons as kommandos was vriende van almal self vir die plaas werkers.

Marianne ·

Haatlik!!!! Dis walglik!!!!!
Die arme ou tannie. Waarom haar seer maak???? Sy is reeds hulpeloos.
Ek wens hulle word gehang en gehang! Die boete moet nouvir mekaar begin opstaan en hulle moet saam staan.
So kan dit nie aan gaan nie….

annette ·

‘n Saak van huisroof? Wat van aanranding met die doel om ernstig te beseer. Of is dit nie belangrik nie?

Acca ·

Al wat ek wil weet waar is die politieke partye en organisasies wat hulle bekke so spoel oor aanrandings op mense. Oo ja vergeet ek die persoon wat aangeval is se wel is te wit en die aanvallers is ook nie wit nie anders was daar hordes wat al op nuus was en met hulle gevolg gekla en gedreig het. Pateties

Ina ·

‘n Saak van huisroof word ondersoek…………………I rest my case

Peet J ·

Hierdie aanvalle grootliks op ons blanke bevolking openbaar ‘n terrorisasie tendens en beïnvloed ‘n mens se daaglikse roetine en lewensbeskouing en veroorsaak angsvalligheid, vrees vir die toekoms, armoede, onderdrukking en ontvlugting. Omrede die politieke partye en instansies die afgelope 25 jaar min of geen aksies in die verband geneem het nie kan ‘n mens maar tot die gevolgtrekking kom dat ‘n oplossing buite die kwessie is. Die wit populasie in 1996 was 4 434 697 waarvan meer as 400 000 Suid-Afrika verlaat het. Volgens ‘n beraming is 2% wit Suid-Afrikaners vermoor die afgelope 18 jaar van demokrasie (2014) In 1980 was hier in Suid -Afrika 128 000 kommersiële boere en tot datum is hier maar net 40 000. Sedert 1994 is meer dan 4000 boere vermoor op plase.
Die Nederlanders ,Franse en Engelse van wie ons afstammelinge is het ons ook versaak nadat pienk Frikkie ons aan die ANC uitgelewer het. Tans word daar 400 000 blankes in krotbuurtes en plakkerskampe gehuisves. Die persoon wat ‘n oplossing het vir hierdie probleem moet seker nog gebore word.

Theresa ·

Daar is duidelik ‘n strategie wat al hierdie dinge laat gebeur. Die verarming van die Blankes is fenominaal. Die moord op ons volk ook. Deurdink, deurdag, bepland. Met min teëstand tot sover.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.