Kapt. Charlize van der Linde, woordvoerder van die polisie, het aan Maroela Media gesê Hennie Holtzhauzen (80), van die plaas Jacobsval, het omstreeks 21:00 opgemerk die veld ongeveer 500 m van sy huis brand en hy het uitgehardloop om dit te gaan blus. “In die haas om uit te kom, het hy die deur oopgelos en dit is toe dat die vier aanvallers in die huis ingekom het,” het Van der Linde gesê.
“Holtzhauzen se vrou is in ʼn rolstoel en die aanvallers het haar erg aangerand, gewurg en gedreig. Almal het balaklawas gedra en een van hulle het ʼn vuurwapen gehad.”
Volgens Van der Linde het die aanvallers die kluissleutel in die hande gekry en ʼn .223-jaggeweer en ʼn onbekende bedrag kontant gebuit. Hulle het daarna te voet gevlug en die vrou het haar man gebel om hulp te ontbied. “Die polisie is tans nog op die toneel besig om die spore te volg. Niemand is nog in hegtenis geneem nie,” het sy gesê.
Van der Linde kon nie onmiddellik die naam en ouderdom van Holtzhauzen se vrou bevestig nie, aangesien sy nog te getraumatiseerd was om ʼn verklaring aan die polisie af te lê.
ʼn Saak van huisroof word ondersoek.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
18 Kommentare
Genade die arme vrou is weerloos en in ‘n rolstoel. Barbaarse optrede.
Huisroof se voet. Dis roof met verswarende omstandighede en poging tot moord asook opsetlikke saak beskadinging. Miskien was hulle dalk daar oor n loon geskil. Ek sal eerder niks verder skeyf nie, nou nou word ek ook
ge-penny.
Wat sal hierdie klomp nog doen??? Hulle weet net hoe wat wanneer en waar om iets te probeer om seker te maak dat ons nie op ons hoede is wees nie. Ek raak sommer kwaad, en dit altyd die weerlose mense wat deurloop.
Lafaards! Mos hulle spesialiteit om weerloses te teiken. En zuma kla oor die ‘mishandeling wat hy kry’. Niks word ooit genoem oor hierdie wrede mishandeling nie!
Dit is ‘n gruwelike daad wat gepleeg is. Al ons planne en bespiegelinge help nou niks. Dit is gedane sake.