Boervrou dood aanvaller met sy eie knopkierie

(Argieffoto)

’n Vermeende plaasaanvaller is dood nadat ’n Vrystaatse boer se vrou hom Maandag uit noodweer met sy eie knopkierie bygedam het in ’n poging om haar man se lewe te red.

Brig. Motantsi Makhele, polisiewoordvoerder, sê die egpaar het omstreeks 18:30 op hul plaas Weltevreden in die omgewing van Sasolburg aangekom en die plaashuis deur die motorhuis se deur binnegegaan.

Die boer se vrou het glo slegs een van hul skaaphonde in sy hok gekry en wou weet waar die ander is. Sy het om die huis geloop tot waar sy een van die honde dood aan die agterkant van die huis aangetref het. Volgens Makhele het sy haar man toe hoor skree.

Toe die vrou ondersoek instel, sien sy hoe haar man op die grond lê en met ’n knopkierie aangeval word. Die aanvaller, wat glo self op die plaas woon, het bo-op haar man gesit terwyl hy hom aangeval het.

Tydens die struweling het die knopkierie uit die aanvaller se hand geval. Die boer se vrou het dit opgetel en die aanvaller daarmee bygedam in ’n poging om die aanvaller van haar man af te kry.

Die aanvaller is in die proses noodlottig beseer. Die boer is ná die aanval na ’n hospitaal geneem vir mediese behandeling.

Makhele sê die aanvaller is met die polisie se aankoms dood op die toneel gevind. Die bebloede knopkierie, ’n bebloede graaf en ’n tuisgemaakte mes is ook op die toneel gevind. Dié mes is langs die oorledene gevind.

Die hond is vermoedelik met ’n skerp voorwerp doodgesteek.

Die omstandighede rakende die voorval word nou ondersoek, sê Makhele.

’n Saak van moord en poging tot moord word ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

64 Kommentare

Willem Wikkelspies ·

Hou ons asb op hoogte! Sal graag wil weet wat die uitslag is van die aanklag van moord en poging tot moord ..

Swerwer ·

Tannie jy is dapper en ‘n heldin. Dit is vreeslik om te dink dat mense wat jy vertrou jou
aanval/beroof en probeer vermoor. Ek bid en glo dat die Oom ten volle sal herstel.

ES ·

Nie noodwendig nie Pierre, dit hang af of die staat wil vervolg en die kanse dat dit sal gebeur is baie skraal. Die vrou het haar man se lewe beskerm en die misdadiger gedood uit noodweer, en ons wetgewing maak voorsiening vir sulke aksies a.g.v. noodweer.

Quina ·

Goeie werk Boervrou, kom ons hoop nou net nie dat hulle weer die storie sal verdraai dat die boere aangekla word nie, enige iets moontlik in SA

Maritza ·

Sal my nie verbaas nie. Die aanvallers het mos meer regte as die slagoffers.

ES ·

Nee Sarel, moord en poging tot moord dossiere is standaard prosedure, dit beteken nie dat hulle haar gaan vervolg nie. As die staat aanvoer dat daar vuilspel is sal dit die geval wees maar die kanse is baie skraal.

Frank ·

Wat gaan in “onse mense” se koppe aan dat hulle alewig die hand byt wat hom voer??? Of gaan daar niks aan nie

ES ·

Frank, die hartseer saak is dat dit gaan gewoonlik oor ‘n eenvoudige loongeskil, of selfs die boer se bereidwilligheid om geld te leen. Wanneer jy nee se, moet jy gereeld agter jou skouer loer.

Sandra ·

Saak van moord se voet. Sy moes seker nou staan en kyk hoe haar man vermoor word om die “aanvaller” te beskerm. En hy het een van hulle honde doodgesteek. Good for you tannie.

Harley Davidson ·

Dit is net die klagte bewoording sy sal en kan nie vervolg word soos ek die berug lees nie sy het ‘n persoon se lewe gered deur die nodige geweld te gebruik om die aanval af te weer,dit is presies wat die wet op selfbeskerming sê

Jr ·

Met alle respek. Hierdie is SA. Royal game. Kyk vir Phoenix. Aanvaller kriminele is nou viktims

Persheks Adri ·

Dis so pragtig! Knap gedaan tannie!!!

Al wéér ‘n werker waarvoor jy sorg…

Wielspore ·

Daar is geen tekort aan dapperheid onder Afrikaners, ons het hard grootgeword en ons sal dit beskerm wat vir ons belangrik is.
Uitstekende optrede deur die boervrou, sterkte met die herstel van haar man.

Elinette ·

So jammer van die hond …. arme dier, beskerm sy huismense en offer sy lewe op daarvoor. Min simpatie met die ander een wat die tydelike met die ewige verwissel het – as jy met vuur speel, verwag om te brand. Die blikskottel – praat nou van die hand wat jou voer, byt!!! Nou sal die arme vrou seker weer van moord aangekla word …………….

Spook ·

Ek hoop jy is bekommerd oor die vrou se msn, en nie die dooie krimineel nie.

Werner ·

Dit is al hoe die aanvalle gaan ophou.As ons met dodelike geweld terug baklei

LIEZL ·

Uitstekend, welgedaan! Ek weet dis standaard prosedure, maar so iets moes nooit moord gewees het nie, selfverdediging en veg om jou lewe. So verkeerd! Sterkte julle kant, ek glo julle sal die ‘saak’ loshande wen.

Di ·

Ja dink mos hulle kan wegkom met als! Eendag dan loop dinge skeef en kry die misdadigers wat hulle toekom

Madz ·

RESPEK Boervrou! SOOO maak mens! Hoop die aanklagte van moord en poging tot moord is slegs ‘n formaliteit…. VOLG graag die uitkoms van die storie!

Christo ·

Baie wel gedaan tannie. Jy het die hele volk se ondersteuning. Ek hoop nie ou Hoed kry dit nou in sy kop om lisensies vir knopkieries verpligtend te maak nie………..van hom kan mens seker enigiets verwag.

AmY ·

Baie jammer oor julle geliefde hond.
Glad nie jammer oor die aanvaller nie.

AmY ·

Beslis jammer oor die oom ook. Skuus, vergeet om dit te noem. :-(

Jacques ·

Wat is daar om te ondersoek, dit is n open en shut case. Gaan hulle nou die dooie vir poging van moord ondersoek en die vrou poging tot moord???

Mariana ·

Kan net sê Wel gedaan. Ons moet ons self verdedig. Hy was waar hy nie gehoort het nie en het die huismense aangeval, sou eerder die poging tot moord het van sy kant gekom.

ES ·

Maak my hart bly om te hoor julle is nie deel van die statistieke nie! Knap gedaan dat die boervrou kop gehou het en haar man se lewe beskerm het!

Cobus ·

Mooi so tannie, welgedaan!
Die plaaslike rioolwerke moes net die aanvaller opgesuig het.

Kokkie ·

Ek beskik nie oor genoeg byvoeglike naamwoorde om hierdie vrou se moed en dapperheid te besing nie. Haar naam moet in ons volk se heldegeskiedenis aangeteken word. Ons boere word daagliks op die allerwreedste maniere op hulle plase afgemaai. Ons boervrouens word verkrag en vermoor en leef in vrees. Ons president vertel in Amerika dat dit hoegenaamd nie in ons land gebeur nie. Bheki Cele probeer sy bes om ons almal te ontwapen. Ons s dankbaar trots op jou en eer jou, mevrou. Jou kaliber is bitter dun gesaai.

Onnie ·

Ek dink dis knap gedaan! Al manier om te oorleef. Fight fire with fire.

Tino ·

Welgedaan! Spoedige aansterk.

Ek verstaan nie, gaan die aanvaller nou van poging tot moord aangekla word in die dood?

Surfer ·

Dis nou mooi dame, wel gedaan. Baklei terug, paraat en bewapen en dis al hoe die kriminele sal besef: Pasop, die boere baklei terug.

Anoniem ·

Lat vir sy eie bas gepluk. Welgedaan my antie! Voorspoed – en ń spoedige herstel vir jul albei.

Casper ·

Ongelukkig moet ‘n moordsaak ondersoek word maar die boervrou sal nooit van moord aangekla word nie.’n Nadoodse ondersoek sal gedoen word om te bepaal waaraan die pestilensies “gesterf het.Mooi so my liefste tannie,beskerm wat vir jou kosbaar is.

Christina ·

Baie dapper tannie, ek hoop die tannie word nie gearesteer nie, sy het die regte ding gedoen om haar man te beskerm teen die aanvaller, soveel boere se lewens word geneem deur plaas aanvalle, die tannie kort n medalje

Prikkie ·

Skink vir die tannie ‘n dubbel – sy het genoeg spanning deurgemaak.

JohanR ·

Boervrou 5, knopkierrie 5 = 10. Plaasaanvaller wel = 0, en dood. Dit kan net in hierdie siek ANC land van Suid Afrika wees dat mense juig waaneer ‘n plaasaanvaller sleg tweede kom. Bheki Cele daar van die strand in sy Speedo, het geen kommentaar nie!

Cherokee ·

Dìt is waarom ek in kommentaar by ‘n ander berig gesê het, Nzimande verag nie Afrikaans nie, maar vrees die Afrikaners.

Ansie ·

Knap gedaan Boervrou! Hoop die boer herstel spoedig en volkome.

Niklaas ·

Om jou dag te begin met sulke nuus wat nie eindig in ‘n tragedie, is lekker. Mooi so tannie.

Casper ·

Die aanvaller woon op die plaas of het op die plaas gewoon.Hy het nou verhuis na ‘n uiters warm plek.Weereens die maste hond byt die seerste..

Nozi ·

Mooi so Boervrou. Jy is ‘n heldin, hoop daar word vir jou ‘n standbeeld erens opgerig vir jou helde daad wat jy verrig het. Ons is trots op jou. So bly die aanvaller het gesneuwel en manlief het oorleef, danksy vir jou dapper optrede.

Marie ·

Elke sport het sy beserings. Ek is dankbaar dat die skuldige sy straf gekry het en die boervrou haar man gered het van die dood. Paraat wees mense, die maand voor verkiesings is altyd uiters gevaarlik.

AndrewL ·

Die vraag is hoekom daar ‘n moord saak geregistreer is. In die geval van selfverdediging waar iemand gedood word, is die beginsel om ‘n geregtelike doodsondersoek te registreer. Weereens ‘n bewys dat statistieke nagejaag word ten koste van die gemeenskap.

Wat het verander? Beslis nie die regstelsel nie.

Danie ·

n Berig om my dag op te beur dankie.
Maar dit gaan groot geld kos om daai tante uit die tronk te hou.

Chris ·

Knap gedaan Boervrou. MALema sal seker dit gebruik vir sy verkiesing veldtog … “Kyk hoe maai die boere jul af …. ” Bid jou man herstel spoedig.

Jan Seerot ·

“Tradisionele wapens kan nie teen die draer gebruik word nie”, het niemand nog ooit gesê nie.
Boontjie kry sy loontjie. Dit moes darem ‘n paar netjiese kolhoue gewees het.

Dokter Pieter ·

Die aanvaller val die boer aan maar die vrou het die aanvaller bygedam. Eintlik het die vrou hom ook aangeval. Snaakse taalgebruik.

Belinda ·

Wel gedaan dame! Dis tyd dat ons opstaan en onsself beskerm. Ek is baie dankbaar dat hul lewendig uit hierdie geval gekom het.
Laat dit n les wees vir die ander. Hoop die storie word mooi versprei sodat hul gewaarsku is, ons is g*tvol en ons sal nou onsself begin verdedig.
Mag die boer vinnig herstel.

Marcello ·

Hulle is te dom om te besef, as die plaaseinaar vermoor word, verloor almal op daardie plaas hul werk, so benadeel hulle, hul eie mense.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.