Boervrou op Noordwes-plaas vermoor

Argieffoto: Lorraine Claasen

ʼn 69-jarige vrou is Vrydagoggend op ʼn plaas naby Vorstershoop in Noordwes vermoor terwyl haar man vroeg uit is om na die vee om te sien.

Pierre Bruwer (70) het met sy terugkeer op sy vrou, Gesina, se liggaam afgekom, het kol. Adéle Myburgh, woordvoerder van die polisie, gesê.

Die voorval het vermoedelik kort ná 08:00 plaasgevind en Bruwer het die skokontdekking met sy terugkeer na die huis kort daarna gemaak.

“Die vrou se liggaam is in ʼn stoel in een van die kamers gevind. Sy het ʼn kopwond gehad.” Volgens Myburgh word daar vermoed sy is in die kop geskiet.

Die verdagtes, vermoedelik drie, het hierna in die egpaar se Toyota Land Cruiser gevlug, het Marius Müller, nasionale operasionele koördineerder van AfriForum, gesê.

Volgens Myburgh het die verdagtes die egpaar se huiswerker saam met hulle geneem.

“Sy is later in ʼn veld afgelaai en het ure later weer by die plaas opgedaag. Die verdagtes het hierna oor die grens na Botswana gevlug.”

Die verdagtes het ook vuurwapens en ammunisie gesteel. Die polisie ondersoek ʼn saak van moord en diefstal.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

32 Kommentare

Paul ·

Ja hy is as nuusmaker gekroon vir al die twak wat hy kwytraak. Ek sou dit nie as ‘n prestasie beskou om op my CV aan te bring nie.

Cilliers ·

Ek sal werklik graag wil sien, en ek is ernstig, baie, die trane loop terwyl ek tik, dat in plaas van dat mense bestaande dorpe se name verander, nuwe dorpe tot stand kom met die naam Cyrilshoop, Madibasvision, Mantashesrus, ens, en dat dit eendag tot ‘n stad ontwikkel soos bv Madonsela City met groot nywerhede in die omgewing.

VRAMANET ·

So jammer! Onskuldige tannie vermoor en dit net vir ‘n voertuig!!!! So onnodig!!
Hoe kan hulle oor die grens vlug? Word daar dan nie gevra vir die voertuig se papiere by die grens nie?

Johannes ·

Hartseer. Sterkte aan die Bruwers en al die huidige en voormalige inwoners van die Vorstershoop omgewing.

Elvira ·

Dit laat my bloed kook om so n berig te lees. Sterkte aan die familie. Net weer n vingerwysing na hoe pateties hierdie land se regering is. Kan nie eers misdaad bekamping in plek kry nie. Sies Ramaposa.

Nita ·

Asseblief Afriforum gee asb die syfer vir witmense wat deur swartmense vermoor in Januarie, deur na Donald Trump. Die nuwe jagseisoen is oop!!!

Donderstorm ·

Die snert gaan nie ophou nie en oorsee se mense gaan nie help nie en nog minder die regering dit is goed om in God te glo Hy sal ons help maar niks gaan vanself gebeur nie ons mense moet begin wakker raak en n opregte plan maak van sit kom niks van doen kom als wat omte doen.

Frik ·

Niks sal gebeur nie…nie terwyl ons terugsit en dink dit bly ‘n ander ou se probleem. Mense van ouds het saamgestaan teen diegene wat hul lewens bedreig het. Die boosheid moet verdryf en vernietig word.

Cherokee ·

Reg Frik, ons moet ophou sit en wag vir ander om die leiding te gee. Ophou vertel van mense wat destyds saamgestaan het maar nou nie doen nie. Maak voorstelle Frik! Roep vergaderings uit! Kry die mense bymekaar en jy sal volgelinge hê.

Johann M van Heerden ·

Dit is baie treurig. My hart gaan uit na haar man en familie. Ek wonder ook hoe die mense soel goed op hoogte was van hulle bewegings was. Wat kan gedoen word? So kan dit nie aangaan nie!

Gesiggie ·

Dit maak my siek?? hoekom doen jul lafaards sulke goed.. hoekom kan jul nie net vat en gaan, hoekom n onskuldigge ou mens vermoor, baie snaaks dat hul die huishulp niks gedoen het nie… en dat sy weer opdaag by die plaas? hoekom het sy nie polisie toe gegaan. My iinige meegevoel aan Mnr Bruwer vir al jou hartseer.. ek hoop jul werker kan daai moordenaars uitken. Hul is siek man… tronk is nie hul uitweg… maar doodstraf”’

HPV ·

Gesiggie, hulle doen dit juis omdat hulle lafhartig is en daagliks deur net sulke lafhartige aanhitsers en opswepers aangepor word terwyl die anc regime dit ontken en ‘n blinde oog keer.

John ·

… Hoeveel huiswerkers op plase is te vertrou? Hoe het die boewe toegang verkry? Waarom word huishulpe toegelaat om deure oop te laat wanneer hulle in en uit beweeg so al asof hulle ‘n towermag het oor vreemdelinge… miskien dalk wel….

aj ·

Dis nou oorlog!

Bewapen en beskerm jou SELF!

Niemand anders gaan dit doen nie.

Ook nie Trump nie.

Bewapen en verdedig jou SELF!

Paul ·

En Cyril wil jou net ontwapen, elke berig oor hom is ‘n regmerk na die nuusman van die jaar toekenning.

bella ·

Vader hoe lank nog? Wanneer sal U wraak neem op al die onskuldige mense wat so wreedaardig oor hulle besittings vermoor word?

humor ·

n Groot bydrae tot die oplossing kan wees dat ons tannies sonder huishulpe moet klaarkom. Ja die buiteland sal niks doen nie, ook nie die regering nie en ons is steeds besig om maar net te wa wa, want sien in hierdie materialistiese wereld handhaaf ons die gesindheid elkeen vir homself en die duiwel vir almal.

Paul ·

Kan iemand nie asb vir ons vasstel wat die % arrestasies is en skuldigbevindings op witmense nie. Dit sal baie interessant wees.

lion ·

My innige mee gevoel met die family. Jammer tannie die mense sal hul dag kry ..Elke een gaan nie met ryk dom na die vader toe nie..Nee dit wat in jou hart is wat opreg is wat die hemelse vader net alleen “ken” Die weegskaal wat hy sal weeg moet nie dat jy te lig geweeg word nie.. meskien stel ek dit verkeerd maar jul sal weet wat ek meen.. ja ek is ook ‘n sondaar.. ek probeer my naaste liefhe maar sulke omstandig hede wil ‘n mens nie moorde naars lief he nie.. dis seer om iemand te verloor so onnodig. en verwat.

Muffin ·

Dit is n groot skok vir die Vryburg Distrik. Eerbare mense wat jare lank baie vir die gemeenskap gedoen het en geen mens leed sou aandoen nie. Baie sterkte aan haar man Pierre en kinders en die hele familie. Ons glo en vertrou die moordenaars gaan opgespoor word.

Koos de Meyer. ·

Ons doen buurt wag maar ongelukkig is daar ‘n klomp reberaliste onder ons. As jy iets doen word die polisie gebel. Regte ruggraat lose hensoppers.

Johan H. ·

Ek koop elke maand ammo. Hoef nie soos in die ou dae n boek in te vul nie! Wat anders kan ons doen?

Gaitsigubib ·

Die wapenwet beheer die aankoop van ammo. Ek stel voor jy weerhou jouself eerder van sulke soort kommentaar. Alles het mos n plek.

nico ·

Waar is die DA nou. By Sweizer Reineke het hulle voor gehardloop met die RASSISME kaart! Sies Maimane en jou slappes wat nie eens kommentaar lewer nie.

Michelle ·

My opregte simpatie aan hierdie familie Cyril het die wêreld vertel daar is nie plaasmoorde nie. Hierdie boervrou en soveel ander se lewe kan nooit weer terug gebring word nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.