Boervrou se nag van hel toe rowers toeslaan

Martiens en Elsa Richter (Foto: Facebook)

WAARSKUWING: Die inhoud in die berig is grafies van aard en kan sensitiewe lesers ontstel.

“My pa was ’n boer in murg en been. As hy net ’n stukkie grond onder sy voete gehad het, was hy gelukkig.”

Só sê Retha Bessenger, die dogter van Martiens (68) en Elsa Richter (67) wat Maandagaand op ’n plaas in die omgewing van Dwaalboom buite Thabazimbi grusaam aangeval is.

Martiens se liggaam is Dinsdagoggend in ’n rivier op die plaas gevind nadat Elsa ure lank gemartel en eindelik in die veld agtergelaat is.

Elsa word tans in die Mediclinic in Thabazimbi behandel en het die besonderhede oor die aanval aan haar dogter oorvertel.

“Sy is maar nog baie geskok. Sy het nie eens gehuil toe sy my vertel wat hulle aan haar gedoen het nie. Sy weet ook my pa is dood, maar het dit nog nie verwerk nie.”

Gru-aanval

Die plaashuis se krag het Maandag tussen 20:00 en 21:00 herhaaldelik uitgeskop. Martiens het besluit om na die kragpompe by die rivier elders op die plaas te ry. “Hy wou die pompe gaan afskakel voordat dit uitbrand,” verduidelik sy dogter.

Twee aanvallers het hom egter daar ingewag en met sy aankoms by die rivier van agter oorrompel en met ’n yster oor die kop geslaan.

“Hulle het hom uitgelok.”

Martiens se liggaam is ná ’n soektog op die plaas eindelik binne die rivier gevind. Sy hande en voete was vasgebind.

“Ons weet nie of my pa dood is aan die wond aan sy kop en of hy verdrink het nie,” sê ’n gebroke Bessenger. ’n Nadoodse ondersoek sal nou gedoen word om die oorsaak van Martiens se dood te bepaal.

Bessenger vertel dat die verdagtes ná die aanval op haar pa in sy bakkie na die plaashuis is. “My ma het die bakkie gehoor en gedink dit is my pa wat terugkom. Toe sy in die kombuis kom, staan die twee ouens vir haar en wag.”

Martiens en Elsa Richter (Foto: Facebook)

“Hulle het haar kamer toe gevat, haar klere uitgetrek en haar onder die stort ingedruk. Hulle wou haar brand met warm water.”

Bessenger vertel dat haar ouers in ’n poging om elektrisiteit te bespaar soms die geiser afskakel. Daar was dus in daardie stadium geen warm water in die huis nie.

Dit is toe dat die aanvallers besluit om Elsa met ’n strykyster op haar bobeen en skouer te brand.

Elsa se hande en voete is later vasgebind. Sy is ook geskop en geslaan en met ’n pistool deur haar gesig geslaan. Die aanvallers het in ’n stadium die kluis se sleutel gevind en Martiens se .308-jaggeweer uit die kluis gehaal en gelaai.

“Hulle het die geweer teen my ma se kop gedruk en gesê: ‘Ons gaan jou nou doodskiet.’ My ma het hard begin bid in Afrikaans. Sy het net gesê: ‘In die naam van die Here, gaan julle my nie vanaand doodskiet nie,’” vertel Bessenger.

Die aanvallers het toe ’n kombers oor haar ma gegooi en haar in die egpaar se bakkie geboender. Elsa is sowat vier kilometer verder in die veld afgelaai.

“Die een [aanvaller] het vir my ma gevra: ‘Do you want to see your husband?’ Sy het gesê ja, asseblief, sy wil.

“Hulle het haar toe daar gelos en vir haar gesê indien sy nie oor ’n uur daar is wanneer hulle terugkom nie, gaan hulle my pa doodmaak. Hulle het toe reeds my pa doodgemaak. Hulle het dit net vir haar gesê sodat sy daar moes bly.”

Volgens Bessenger het Elsa ongeveer ’n uur lank daar gesit en toe besef hulle kom nie terug nie. “Sy het toe haar kombers gevat en haar weg teruggevind huis toe.”

Hiér het sy oor die vierrigtingradio hulp ontbied.

Dit was omstreeks 02:00 Dinsdagoggend.

“Alles het al van 21:00 [Maandagaand] af met hulle gebeur,” vertel Bessenger nou.

Maroela Media het vroeër berig die polisie het later die verdagtes in die gesteelde bakkie agternagesit. Die verdagtes het glo op die polisie losgebrand wat ’n oor-en-weer-skietery tot gevolg gehad het.

Een van die verdagtes is tydens die skietery doodgeskiet terwyl die ander gewond is. Die verdagte het vermoedelik vroeër op die plaas gewerk waar Martiens en Elsa aangeval is.

“Ek is so kwaad. My pa was só ’n gentle ou. Hy het so mooi met sy plaaswerkers gewerk. Hy het vir hulle lemoene gekoop. Ek het my seuntjie se babaklere vir hulle gegee.

“Dit is die soort mense wat ons is. Ons gee vir mense wat nie het nie. En nou vat hulle dít van ons af weg.”

Die egpaar het vier kinders. Die oudste seun is tans in Nieu-Seeland.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

41 Kommentare

marius ·

Alles deel van die hool se regeerders se plan . Glo dit maar .

Kokerboom ·

Ek sal my inhou om my opinie te lug
Doodstraf ‘n moet!!!

jacques ·

HIERDIE IS NOU GENOEG, TYD DAT ONS DIE GEMORS UITVAT, HIERDIE WREDE MANIER VAN MISDAAD PLEEG STOP NOU.

Henry ·

Bring terug die doodstraf dit is al wat gaan help. Die moordenaars sal dan tweekeer dink

Marcello ·

Die doodstraf sal nooit weeer heringestel word nie, want die WET sê: Jy tas die persoon (skuldige) se menseregte aan. Reg om te lewe !!!!!!!!!!!!!

Republikein in die Wes Kaap ·

Slegs wittes sal aantree by die galg.

marisa ·

En dit is hoekom ek deesdae boggerol vir die voorheen benadeeldes gee – ek gee dit eerder vir my eie mense!!! kruisig my nou en kry klaar!!

Ruby ·

marisa ek doen dit ook nou so.

Hulle sal jou doodmaak nog met die vleis in die mond wat jy hom die oggend gegee het.

Manie ·

Inteendeel, ek vernietig dit eerder as om dit aan gespuis te gee.

Elma ·

Jap. Ek ook. Ek is ook glad nie skaam om organisasies wat by my geld soek reguit te vra vir WIE hulle daarmee help nie. As ek nie tevrede is met hulle antw nie, dan groet ek maar.

Niklaas ·

Ek het my vrygewigheid ook totaal gestaak. Geen skenkings vir daai spul wat nie dankbaarheid of genade ken nie.

Jannie van Niekerk ·

Daar bestaan GLAD nie iets soos voorheen benadeeldes nie. Die goed het selfs in apartheid ook alles verniet gegkry.

Elizabeth ·

ñ Swart klient van Kenia het lank gelede vir my gesê hoe meer ons gee aan ons swart werkers hoe meer sien hulle dit aan as ons swakheid. Kan dit wees? My huishulp in GP het 15jr vir my gewerk en ek het haar kleinkind deurgesien tot matriek. Sy was nog altyd net goed vir my.

George ·

Hoe meer jy gee, wys hoe meer het jy om te gee, en vir baie is dit n teken dat jy meer kan betaal, maar nie wil nie, en so moet betaal. My opinie.

Lourens CFG ·

En die vrou van die Paarl wat, net soos jy, haar huishulp se seun deur die skool gesit het?
Hý het haar toe vermoor.

George ·

Niks anders as n Hate Crime nie. Die is seker “poging tot huisroof”

Rocco ·

Dit is skokkend en hartseer om dit te lees. Verdien ons almal menseregte? Ek dink nie so nie. Sterkte aan die familie

Miena ·

Ongelukkig – solank as wat ons die MRK in plek het – sal die doodstraf nie terugkom nie. Punt

Jannie van Niekerk ·

Die MRK is misdaad , plaasaanvalle en haatspraak teen wit mense goedgesind en wil nie optree nie. Maar as ‘n sanger iets kwytraak skyt Andre Gaum in sy pantie.

Johann ·

sing maar kill the boer kill the farmer dit het mos nie n impak nie dit bring mos nie haat nie die polisie het ons gevaal dis nou maar self oorleweing en sal ons maar moet beskerm deur enige moontlike manier

Daniel ·

Dit wys jou jy kan die goed nie vertrou nie, al is jy goed vir hulle sal hulle jou nog steeds leed aandoen. Agterbakse gemors!

JM ·

Voor God sal die aanvallers nie verbykom nie. Hulle is deurdrenk van haat.

DEON ·

Nou kry die gemors nog gratis mediese behandeling, hulle moes hom gelos het om stadig te vrek. Na di hospitaal tyd kom born en dan jare voor hy sit, dit is nou indien hy nie vlug nie

Nettie ·

Ai. Ek het nie woorde nie. Dankie aan ons Vader dat sy gespaar is. Mag Hy haar ook deur die trauma dra. Ek is so bitter jammer hulle het haar man nie gespaar nie. Sterkte aan julle vier kinders en die familie.

Oor die aanvallers sal ek liewers niks sê nie, netnou word ek toegesluit. Want wat ek wil sê is nie bedoel vir ordentelike geselskap nie.

Papsak ·

Ek gee niks vir our people nie want hulle is gevoelloos maak ons dood en ten wreedste word ons vermoor waarom nog omgee vir hulle guh daarom bring doodstraf terug en die soort moorde sal stop hulle sien hulle word nie meer gehang nie daarom gaan hulle so lekker aan met die wittes DOODSTRAF DOODSTRAF groot ASB

Michael ·

Die regter het mos sy goedkeuring gegee om die boere te kill. Waar is die kriminele, Ramaphosa en Cele nou?

Swerwer ·

Geen mens is tot sulke gruweldade in staat nie, dit is beslis ‘n antichris, kommunis wat so optree teenoor onskuldige mense. Vuilgoed

Fran ·

Wat help dit tog ons lewer kommentaar op hierdie berig? Niks, maar NIKS anders kan ons red behalwe die Here nie! Liewe Afrikaner, kom ons vertrou Hom.

Kotie ·

Tannie ek ken jou nie maar my hart gaan uit na jou en jou gesin. Julle het nie die verdien nie en ek hoop die Here sal vir tannie hulle vertroosing bring.

Jacques ·

Om te lees oor sulke gebeure is verskriklik. My gedagtes dwaal altyd terug na my eie Ma en familie wat afgeleë woon. Dit is ń vrees wat ek konstant saam met my dra. Ek bid vir vertroosting; vir díé gesin en elke ander gesin in Suid-Afrika. Iewers moet die boosheid tog ent kry ?

AmY ·

Glo nie enigiemand (politici) gaan mal raak oor ‘n wit vrou wat aangeval is nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.