Boervrou ure lank in huis aangehou

Argieffoto: SAPD

Argieffoto: SAPD

ʼn 52-jarige boervrou van Ventersdorp in Noordwes kon Saterdag in die vroeë oggendure daarin slaag om ongedeerd te ontsnap, nadat sy ure lank in haar huis aangehou en met die dood gedreig is.

Maj. Pelonomi Makau, provinsiale polisiewoordvoerder, het Dinsdag aan Maroela Media gesê die vrou boer alleen op die plaas waar sy Vrydag omstreeks 18:00 deur twee van haar plaaswerkers aangeval is.

“Hulle het by haar huis opgedaag en gesê skape wat weggeraak het, is gevind,” het Makau gesê.

Die vrou het die deur oopgemaak, waarna hulle haar oorweldig en die huis in gedwing het. Een verdagte het ʼn tou by hom gehad en een was met ʼn mes gewapen.

“Die mans het die slagoffer met die mes gedreig en op kontant aangedring. Die mans het glo saamgesweer om die vrou te vermoor en dit het vermoedelik tot ʼn woordewisseling tussen die twee gelei. Die verdagte met die mes het die ander een tydens die rusie in die bors gesteek.”

Die gewonde verdagte het êrens gaan wegkruip, terwyl die ander man ure lank deur die huis gesoek en ʼn onbekende hoeveelheid kontant gebuit het.

“Die vrou kon Saterdag omstreeks 01:00 daarin slaag om te ontsnap toe die man wat haar aangehou het, badkamer toe is. Sy het haar sleutels gegryp en met haar voertuig deur die omheining gejaag, aangesien die hek gesluit was.”

Die gewapende verdagte het intussen in een van die vrou se ander voertuie vrou geklim om haar agterna te sit, terwyl sy na die Ventersdorp-polisiestasie gejaag het. Die voertuig waarin die verdagte was, het vermoedelik 20 km buite die plaas sonder brandstof gaan staan, waarna hy te voet op die vlug geslaan het.

Die polisie is saam met die vrou terug na die plaas waar die beseerde verdagte gevind en in hegtenis geneem is. Dié 27-jarige man het Dinsdag in die dorp se landdroshof verskyn op aanklag van huisroof.

Die Venterdorp-polisie ondersoek die saak. Die soektog na die tweede verdagte duur voort.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

23 Kommentare

KarooKlong ·

Huisroof klink net nie so lekker op die oor nie. Nie vir my nie.
Hoop hulle kry die ander satan.

Sarie ·

Huisroof? Ek sal liewer se poging tot moord op sy mede die en die vrou.

Cherokee ·

Dit was netjies gedoen toe sy deur ‘n heining gejaag het. Maar Maroela, dit is onverstaanbaar hoe hul sameswering tot ‘n woordwisseling kon lei. Én hoe ‘n ‘woordwisseling’ ‘n messteek tot gevolg kon hê. Daar is duidelik meer as net woorde gewissel. Wonderlik dat sy ongedeerd weggekom het.

Wat-ek-lees ·

Cherokee, ek glo dat hulle verskil het oor die metode van doodmaak.

Cherokee ·

Jy mag natuurlik reg raai, W-e-l….. andersins is die woord sameswering nie reg nie en woordewisseling beslis ook nie. Klink meer na ‘n veg-wisseling (wat toe inderdaad blyk goed uit te gewerk het).

Ekwilibrium ·

Liewe genade tog, hulle het dan werk gehad; nou’s hul lewens verwoes deur hul eie sotlike optrede! Knap gedaan dame! Seker dwelms en allerhande ander slegte gewoontes wat die breins aantas om so onnosel te wees. Dalk opstoking…

Scalla ·

Klomp arrogante werkers, moet niemand vertrou nie. die makste hond byt die seerste

Santjie stoof ·

Nou weet ek ons Vader luister na ons gebede vir ons boere en kleinhoewe eienaars.
Daar gebeur nog wonderwerke ons moenie ophou glo nie en ook nie handdoek ingooi nie.
Mense is nie in beheer nie. God is.

charlotte ·

Amen,!!!!!!!!! Ek stem Santjie.Se nou net die voertuig het nie sonder brandstof gaan staan nie.Ons Hemelse Vader was baie duidelik hier teenwoordig.Prys SY Heilige Naam

Joshua ·

Sy was gelukkig om te kon ontsnap! Hoop sy bedink haar opsies, ‘n vrou alleen op ‘n plaas in Suid Afrika is dalk nie die beste opsie nie…

Koos ·

Waar is daai ondersoek span van die valke of is hulle nog in Parys besig

Johannes ·

Mooi, kom ons Boere teken nog ‘n petisie. Dit help blykbaar ..

Melani Jooste ·

Keer terug na God en Hy sal julle lot verander. Keer terug na Hom en Hy sal julle red.

Mel ·

Ek haal my hoed af vir die dame, dit vat moed om alleen te boer en tog hou di Here sy hand van beskerming oor haar, so dankbaar dat sy daarin kon slaag om te ontsnap maar ek stem wel dat dit ni geskik is vir ‘n vrou om alleen op ‘n plaas te woon ni, daardie plaas met haar is nou klaar ‘n teiken omrede di derduiwels ni in hul poging geslaag het ni! Ek hoop sy maak ‘n wyse besluit!!!

Peet J ·

Die meeste mense neem ‘n geloof aan op gesag m.a.w. die geloof wat die ouers aangeneem het word aan hulle kinders oorgedra en so word die tradisie voortgesit. Kortliks die Bybel bestaan uit twee Testamente nl. die vyf boeke van Moses wat deur die Almagtige God aan die mens voorsien is en die tweede Testament wat deur die Katolieke Kerk en Evangeliste opgestel is en word die nuwe testament genoem. Om ‘n christen te wees moet die mens die christelike geloof aanneem bv. die vader, die seun en die heilige gees en al die beloftes en sakramente wat daarmee gepaard gaan en sodoende word die Eerste Testament van die Almagtige God wat Hemel en Aarde en alles wat daarin is, geskape het, deur die mens van die hand gewys.

snoefie ·

if awl else fail Johannes, kan ons dieeerlike huis en tuinwerkers instuur om namens ins te gaan veg.

Nita ·

Ek dink ons boere op plase en plotte is die moedigste mense op aarde. Dis net n kwessie van tyd voor hulle aangeval of vermoor gaan word, maar hulle byt vas! Waar sal mens n beter getuienis van n gelowige volk kry, as dit???

Rina ·

Dapper vrou! Baie! Almal is nie in posisie om net plaas te los en te gaan – waarnatoe? Gaan die Regering vir jou sorg???? Jy werk jou lewe hard om bestaan te maak en onafhanklik te funksioneer – dan word jy deur boosdoeners/uitvaagsels oorrompel en van jou grond gedwing – terloops baie nabye familie is al hierdeur en boerdery (vandag) het baie uitdagings! Sterkte aan die Boervrou – jy is ‘n yster!

Chris Ws ·

Rina jou kommentaar is die beste van die wat hier hul kommentaar gelewer het!Daai vrou IS ‘n yster om aleen te boer!En ja hoekom moet sy weghardloop vir ‘n spul satans kinders en al haar harde handewerk net so prysgee en waarheen sal sy gaan en hoe sal sy ‘n bestaan voer??

NICKEY VAN NIEKERK ·

Gelukkig het sy kop gehou. Geen mens meer veilig op plase of waar ook al nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.