Boervrou vertel van aanval, verkragting

Alison Oates. Foto: Facebook.

Alison Oates. Foto: Facebook.

Alison Oates (59) is op 4 Oktober 2015 op haar plaas buite Harrismith in die Vrystaat aangeval en verkrag. Sy het met Maroela Media haar storie gedeel om bewusmaking te skep midde die veldtog van 16 dae van aktivisme teen geweld teen vroue en kinders.

Maroela Media het destyds oor die aanval op Oates berig. Sy het toe al besluit dat haar naam bekend gemaak word, al is sy verkrag. Nou wil sy graag ander help deur haar storie te vertel.

Oates het die Sondagmiddag op haar plaas aangekom en was besig om die hek oop te sluit toe sy deur twee mans oorval is. Hulle het haar handsak en selfoon gegryp. Sy is in die kombuis ingedwing waar sy met ʼn skerp voorwerp gesteek is. Sy is met ʼn strykyster op haar borste en bolyf gebrand. Hulle het haar aangerand en gewurg. “Albei mans het my verkrag.” Oates is hierna vasgebind. “My aanvallers het my vir lang rukke alleen gelos en in ʼn stadium kon ek daarin slaag om ʼn mes te kry en myself te bevry.”

Volgens Oates was haar nagmerrie egter nog nie verby nie. Sy is na ʼn private hospitaal geneem. “Hulle wou nie eens vir my ʼn Panado gee nie.” Oates is na ʼn provinsiale hospitaal oorgeplaas. Dit is hier waar ʼn suster haar gehelp het. Oates kon nie badkamer toe gaan nie aangesien sy ʼn DNS-toets wou laat doen. Sy het gehoor hoe die suster in Zoeloe vir personeel vra om vir haar pynstillers te gee. Sy het eers die volgende oggend ʼn dokter gesien en is kort daarna ontslaan.

Oates het gesê daar is al baie raad oor hoe om op te tree tydens ʼn plaasaanval. Sy wil egter ook fokus op wat gebeur as jy die aanval oorleef. Volgens Oates is dit vir haar baie sleg dat sy ʼn mediese fonds het, maar dat sy nie eens ʼn pynpil in die private hospitaal kon kry nie.

Oates het ná die aanval by haar broer en skoonsuster tuisgegaan voor sy ook vir ʼn ruk by haar kinders gaan woon het. Sy is in Desember terug na die plaas en bly weer in die plaashuis waar als gebeur het. “Ek sit nou hier en kyk na die asemrowende uitsig en groen gras. Dit is ʼn heilige plek vir my.”

Volgens Oates was sy kort ná die aanval ook weer op die plaas. “Dit is my besigheid. Ek kan nie net weggaan nie. Ek het tydens die aanval gedink ek kan nie nou doodgaan nie, ek moet vir die koeie sorg.” Oates erken wel dit was baie moeilik om terug te keer en dat sy danksy sielkundige hulp die voorval kon verwerk. “Jy kan nie dat booswigte jou lewe vernietig nie.”

Oates het ná die voorval haar veiligheid op die plaas opgeskerp en is baie meer bewus van baie kwessies. “Ons kan nie net veiligheid aanhou verbeter tot ons onaantasbaar is nie – dit is nie moontlik nie. Wat moet gebeur, is dat hierdie mense vasgetrek moet word en daar moet ʼn ophef daarvan gemaak word dat almal dit kan sien.”

Volgens Oates het haar dogter kort ná die voorval op WhatsApp ʼn foto gesien van ʼn man wat in besit was van haar ma se foon. Die man is deur die polisie vasgetrek en hy kon die persone wat die foon aan hom verkoop het, uitwys. Volgens Oates is die saak teen die verdagtes laat vaar nog voor die uitslae van DNS-toetse beskikbaar gemaak is.

“Daar is altyd bewyse en ek verstaan nie hoekom dit nie tot resultate lei nie. As ons nie aanvalle en verkragting ernstig aanpak nie, as ons net sê daar is niks wat ons kan doen nie, gaan dit aanhou gebeur.”

Volgens Oates het sy verneem dat ʼn span aangestel is om haar saak te ondersoek, maar daar het nog niks van gekom nie.

Oates het gesê sy deel haar verhaal, nie omdat sy daarvan hou om daaroor te praat nie, maar om bewustheid te skep en ander slagoffers te vra om nie net op te gee nie en aan te hou kla by die polisie en aanklaers om hul werk te doen. “Ek het nie regtig raad vir ander mense met wie dit gebeur het nie. Ek het geen antwoorde in dié stadium nie. Miskien sal ek eendag antwoorde hê.”

*Oates is ʼn boervrou, betrokke by Vrystaat Landbou en vroeër vanjaar tot ʼn DA-raadslid verkies.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

36 Kommentare

E ·

Goed dat hierdie vrou haar storie vertel. L.W. gesteek, gebrand, gewurg en verkrag!!!
Mag die 2 m.b.t. die kis ‘aanval’ lig daarvan afkom.
Dubbel standaarde in vandag se howe.

Ronel ·

Snaaks dat ook geen velkleur genoem word nie. GIsteraand se e-nuus kon nie genoeg klem lê op die 2 wit wat 1 swart….. Snaaks ne?

Louise ·

Jy het baie moed om hieroor te praat, sterkte vir jou kon nie maklik wees om hierdie pad te stap nie.

Annie ·

Nou wonderder ek net hoekom kom sulke gevalle nooit op die nuus nie (en glo my daar is baie) maar die doodskis storie is weer wêreld nuus?? Ons land is siek!!!

Amelda ·

Sterkte vir die pad voorentoe. Maar ongelukkig sal daar geen moeite gedoen word nie sy is wit.

callie ·

Nou wil almal die witman kwalik neem as hy rassistiese dinge kwyt raak. Stem, nerens word genoem swartes het dit gedoen nie. Maroela antwoord ons daarop asb. Sien hier ook niks van Jo-ann en Pietser wat die wittes van die doodskis drama so aanvat maak nie.

Johann ·

Kommaan. Waars die ANC VROUE LIGA? Of n Polisie Hoof? Of n Minister? Mevrou: ek as man haal my hoed af vir jou. Nie net vir wat jy moes deurmaak nie, maar dat jy openlik daaroor praat! Namens alle ware mans wat vroue en lewe respekteer: vra ek omverskoning! Ons is nie almal slapgat barbaarse lafaarts wat prooi op vroue nie!

Loerie ·

Ek wonder hoekom die privaat hospitaal haar nie wou help nie? Sal graag wil weet watter een dit is. Hoekom is die saak teen die verdagtes laat vaar? Die behandeling wat sy na die wrede aanval moes verduur is absoluut skandelik.

Annette Cornelius ·

Ek weet watter hospitaal dit was! Weet nie of ek dit hier mag noem nie. Ek is ‘n oud Harrismitter en ken vir Alison, en daar die tyd daarvan gehoor. Sterkte Alison jy is ‘n sterk vrou

Christo ·

Noem die naam van die hospitaal – ons almal wil weet sodat die van ons met mediese fondse hulle met eposse kan oorval en hulle rekenaarsisteem laat ‘crash’.

Penelope ·

Alison ek voel so jammer vir jou. Dit klink of jy ‘n sterk vrou is, maar dit kan nie maklik wees nie. Mag God jou dra en elke dag laat vergeet van dit wat gebeur het. Jy is vir die dood agter gelaat, maar die saak gaan nie voort nie. Druk ‘n swart man in ‘n doodskis omdat hy steel, dan gaan jy tot na Kersfees in die tronk sit…. Nee wat, hoe werk dit?
Iewers moet iets wees wat mens kan doen aan die lagwekkende regsisteem van S.A. Blank en swart word nie konsekwent behandel nie. Wie is by magte om hierdie dinge in ons land stop te sit? Korrupsie het so oorgeneem, jy is nie eers meer veilig enige plek nie. Bring doodstraf terug, kap af hande wat steel. kastreer verkragters. Straf die aanranders met lyfstraf. Maak hulle aan kettings aanmekaar vas en laat hulle die “potholes” in SA met hul hande opvul….maar, doen asb net iets?????

Stephanie ·

In hierdie land sal dit nooit gebeur nie, Penelope. Ek het lankal aanvaar dat net ongeregtigheid tot in lengte van dae hier sal geskied. Dit sal nooit verander nie. Het toe ek veel jonger was gevrees dat ‘n burgeroorlog tussen wit en swart uiteindelik Apartheid sou beeindig. Daar is al van 1994 af ‘n burgeroorlog, maar nie soos ek gedink het dit sal gebeur nie. Die oorlog word daagliks teen weerloses, wat hulself nie teen ‘n oormag aanvallers kan beskerm nie, gevoer. En dan baklei mens ook nog teen die hospitale, die polisie en die regering. Dis nou maar hoe dit is.

Lance ·

Mens moet teruggaan weer en weer todat hulle iets doen …as mens aanhou glo ek sal daar iets van kom veral soos sy bereid was om daaroor te praat . Kry epos adresse en mail hulle elke liewe dag en copy die jou lokale koerant in op elke mail en plaas druk op n goeie manier…dit bring dinge uit en navore. Belangrik is dat mense op plase hulleself moet beveilig en paraat moet wees ….sit n staalhek voor jou kamerdeur en koop vir jouself so tyd….sorg vir n selfoon in die kamer en selfs pepper stray …dit kan alles tog dalk net n groot veskil maak in n tyd van nood .

JC ·

Dankie vir jou storie Alison, jy’s my held!!
Ek hoop jy geniet nog vir vele jare jou boerdery en dat jy nog steeds ‘n reuse sukses daarvan sal maak soos in die verlede:-)

Mel ·

Liewe tannie, ek haal my hoed af vir jou, baie jammer dat jy deur al hierdie vreeslike dinge moes gaan, en Ek gaan beslis ook sê jy is ‘n held in murg en been. Baie sterkte vir di pad vorentoe en net sukses op di boerdery

Ag-Tog ·

Dis vir my lagwekkend hoe almal hier vra waarom die regering niks doen aan dit nie, of dat die vrou wonder waarom haar saak nie vordering maak nie.

Dis eintlik heel maklik – waarom sal die vyand jou wil help? Ons is op ons eie, hoe vinniger ons dit besef, hoe beter. Niemand gaan iets vir ons doen nie, ons sal maar self moet.

Anoniem ·

Alison, ek respekteer jou, want jy is besonder dapper. Jy is ‘n hero. Jy laat my terugdink aan ‘ n ander Alison – Alison Botha wat ‘n klomp jaar gelede verkrag en keelaf gesny is. Klink asof julle van dieselfde stoffasie gemaak is. Fisiese en emosionele survivors!

Stom geslaan ·

Net soos Alison, wil ek ook graag weet hoekom verdagtes net vrygelaat kan word voordat alle bewyse/uitslae bekend is? Hoe is dit moontlik? Kan Maroela Media dalk ‘n kenner kry om dit te verduidelik? Ek weet nie of dit enigsins beter sal wees om meer te weet nie, maar dit lyk gewoon of mense aan hul eie lot oorgelaat word. Daar is geen geregtigheid nie en kriminele seevier!

Alison baie dankie dat jy bereid is om jou verhaal te vertel. Ek hoop dat meer mense met hul verhale na vore sal kom, ook op internasionale forums, sodat ons ‘n beweging kan begin wat hierdie tipe van misdade met prioriteit status kan beveg! Baie sterkte op jou pad vorentoe.

Griet ·

Waar is Mmusi Maimane se kommentaar. Sy is ‘n DA raadslid en hy lewer geen kommentaar hierop nie. Waarom nie.

Johann ·

Griet. My vraag presies! Waar is die DA LEIER as n DA RAADSLIK SO wreed aangerand en verkrag word? Dieselfde DA “leier” wat maar net te vinnig n foto van drie swart mans met klippe in die hand wat om n hoek staan en wegkryip op sosiale media kan plaas na die KIS gebeurlikheud. Wat van n foto van hulle met strykysters???????? Dit WALG my dat ons moet staan en toekyk hoe blankes bloot gestel word aan volksmoord…nogal in n maand wat die “regering” homself uitlaat TEEN vroue en kinder geweld? Leunaars!!!!!!

Elize C ·

Privaat hospitale en dokters is nie ten gunste daarvan om verkragting-slagoffers of waar huishoudelike geweld betrokke is, te help nie. Daar is al onomwonde reguit vir my in soveel woorde gesê dat hulle (die dr) – en dan geld dit seker ook vir die privaat hospitaal personeel – nie die tyd het (ek dink eerder “die lus” het) om in ‘n hof te gaan sit om te getuig oor jou beserings as daar ‘n hofsaak volg nie……. hartseer maar waar……

Jani ·

Dit is korrek Elize C. Dokters weier om betrokke te raak want dan sal hulle moontlik in die hof moet gaan getuig. Hulle verloor geld vir die ure wat hulle kon werk en dan in die hof moet sit. Ek het self gesien hoe ‘n vyfjarige kind behandeling geweier is naq verkragting omdat die dokter nie betrokke wou raak nie. Sy was vir ure in die privaat hospitaal se ongevalle afdeling en het geen behandeling ontvang nie.

snoefie ·

dis nie dat orivaar hospitale en dokters nie wil help in asnranding en verkragting nie. die wet vereis dat n staats Dr en staats pataloe die ondersoeke doen.

Adam Boshoff ·

Ons SAPD is vandag al so treurig as jy nie die verdagte oortreder saam met jou vat as jy n klag gaan le nie is dit so goed jy lê nie n klag nie

lalla ·

Tannie, ek moet net sê dankie, dankie dat Tannie opgestaan het en weer gelewe het, dankie dat Tannie weer moed gehad het, dankie dat Tannie vir ons ander vrouens wys ons is sterker as wat ons dink. GEEN vrou verdien dit nie, maar ons kan daarna oorleef.
Ek was verkrag op die ouderdom van 15 (ek was `n maagd en wou een wees tot ek my eendag man ontmoet). Dis was erg en ek het myself begin sny, pille gedrink net om te slaap en nie te droom nie, ek was te bang om selfmoord te pleeg, alhoewel ek keer op keer vir God gevra het vat my. Ek is nou 28. Ek lewe, ek is getroud en `n ma. My man, die 1ste en enigste man waarvoor ek myself gegee het, weet van die verkragting, hy is die enigste een. Ek freak nog soms uit as iemand my plat vas druk, maar ek lewe en mense soos Tannie maak dit die moeite werd om te weet ek is nie alleen nie.

miv ·

Die oortreders word vrygelaat om verder met hul verwoestingswerk voort te gaan.

Jakkie ·

Ek salueer jou tannie,jy is ‘n dapper sterk vrou!En wat die twee manne in doodskis saak betref as jy jou uitleen vir ‘n toffie appel moet jy toelaat dat jy gelek word!Maar ek stem saam dat hul regverdig behandel word.Maar my simpatie en steun by die slagoffers soos die tannie,sy verdien dit nie,niemand nie.Mag elkeen wat deel aan haar pyn en vernedering gehad het boet ook die wat haar in haar nood in die steek gelaat het!

Die anner kant ·

Ons werk met die ander kant, ek sien op FB iemand se blanke mans doen dit nie, wel ons woon in n plaas gemeentskap en so baie jong meisies word op plase seksueel misbruik en sit dan met die kinders en word selfs van die plase af weggejaag. Kom ry in ons informele gebied in laat saans en kom kyk watse ry goed daar rond is. So ons moet versigtig wees wanneer ons onsself wil verontskuldig…

Johann ·

Weet jy ANDER KANT; as ek al OOIT iemand iets absurds hoor kwyt raak is dit nou dit wat jy suggereer? Waar verontskuldig wie vir wie? Ek loop nie rond en verkrag en rand aan en moor en se dan ja dis aprtheid se skuld, of die tikelosh en Malema se ek moet, of dis deel van my kultuur, of ja ma dis wit mense ek mag…en. en en. Barbaarse lafharde!

Willie ·

Persone wat onskuldige mense(die publiek) terroriseer en doodmaak word terroriste genoem. Vreemd dat die woord nie in die media gebruik word nie!!!!!!!

Piet Pille ·

Anner kant ,jy is nou skoon van die punt af. Niemand wil hul self verontskuldig. Kom by. Die vrou is verkrag, verbrand en nog verder gemartel. Dit is die punt. Kyk eerder na die regte kant.

Katjie ·

Ek werk in ‘n privaat hospitaal en ons help alle verkragtings en aanrandings. Dokters is onafhanklike praktisyns wat kan besluit wat hulle nie wil doen nie. Die klagte mag deur die mediese raad ondersoek word.

Rene ·

Liewe Alison, ek het destyds gelees van jou aanval op jou plaas. Jy is in murg en been ‘n Boer. Kyk asseblief mooi na jouself. Booswigte, skelms wat jy dit ookal wil noem, ontneem ons van ons vryheid.
Ek salueer jou dapper vrou.

Johannes Meintjes ·

Die “post-waarheid” konsep kom weer by my op raakende hierdie insident. My empatie met me. Alison Oats. In hoe mate slaag die baie praat “Afrikaner leiers” tans daarin om o.a. verarming, burgerlike beskerming en ‘n alternatiewe sosio-ekonomiese model vir blankes in SA te vestig. Daar is nou al ge-beraad, ge-VN, toeprake gemaak, beloftes van selfbestuur en selfbeskikking gemaak, geroem en gepronk, vlae gebrand, wit kruise geverf, ge Afrikaner toyi-toyi, optog gehou na die Uniegeboue (herhaaldelik), rooi balonne en wit duiwe saam met gebede opgestuur, Steve het al gepraat en die SAPD sou nou meer aandag gee aan plaasmoorde. Ons is almal al deel van die “post-waarheid” en tevrede daarmee, voer ek aan. Jammer weereens, Alison. Dra jou vuurwapen by jou en gaan in jou gedagtes deur moontlike terrorisme scenarios met die volle voorneme om daardie vuurwapen te gebruik ter effektiewe selfverdediging. Post-waarheid, – inderdaad.

Dr Bill ·

I am a forensic pathologist working for the Dept of Health. Each & every police station in this country have been supplied with “rape kits”. The rape victim reports the incident to the nearest police station. The investigating officer, together with the rape kit & the victim then go to the nearest state hospital or clinic where the victim is examined. Either a registered medical practitioner or a registered nursing sister may complete the necessary forms. THERE SHOULD BE NO EXCUSE. There are always medical personnel on call 24 hours a day. Private clinics are NO EXCEPTION. We in the Dept of Health have had this problem with rape victims for YEARS. Lazy part time doctors and SAPS personnel are to be blamed. The larger centres in SA have Rape Crisis Centres which seem to be the answer. Even these centres have problems with medical staff after hours. If a doctor signs a contract with the Dept to be calldd out after hours, AND get paid, he or she must be expected to give evidence in court when the case comes up. Once again, there is no excuse & if there is any delay or refusal the matter can be reported, in writing, to the Health Professional Council of SA. There is a co tinuing problem with rape victims in this country. Especially in rural areas.

Hein Griesel ·

Wat van n petisie wat aandring dat die saak teen die 2 wat die arme vrou deur hel gesit het hervat word hoe lank voor hulle weer dieselfde doen? Dit het dalk tyd geword dat almal in die omgewing hulle besighede sluit en die dag met sulke verhore gaan betoog en die rasistiese pers dwing om hierdie afgryslike aanvalle ook herhadelik uit te saai.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.