Boete, gemeenskapsdiens ná rassistiese uitlatings op FB

Argieffoto (Foto: Simon, Pixabay)

ʼn Suid-Afrikaanse vrou moet ʼn boete van R7 000 betaal en 100 uur gemeenskapsdiens verrig nadat sy rassistiese uitlatings op Facebook gemaak het.

Die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie (MRK) het namens Pamela MacDougall ʼn aansoek in die gelykheidshof gebring teen Stephanie Odendaal oor verskeie “beledigende, kwetsende en diskriminerende kommentare” wat sy teenoor MacDougall op Facebook gemaak het.

Die MRK het in ʼn verklaring gesê dié uitlatings was gegrond op ras en gemik op MacDougall en mense wat in gemengde ras-verhoudings is.

MacDougall het aangevoer die uitsprake kom neer op onregverdige diskriminasie op grond van ras en is daarom ʼn oortreding van die reg op menswaardigheid en die Wet op die Bevordering van Gelykheid en Voorkoming van Onbillike Diskriminasie.

MacDougall en Odendaal het ʼn skikkingsooreenkoms aangegaan waarvolgens Odendaal erken dat haar uitsprake op diskriminasie neerkom en MacDougall se reg op menswaardigheid aangetas het.

Odendaal het onderneem om ʼn geskrewe onvoorwaardelike verskoning aan MacDougall te rig, ʼn boete van R7 000 te betaal wat aan twee nie-winsgewende organisasies in KwaZulu-Natal geskenk sal word en 100 uur gemeenskapsdiens te verrig.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

24 Kommentare

tamboti ·

Koos, verlekker jy jou in iemand se (eensydig en onregverdig) straf nadat die persoon skuld erken en opreg verskoning vra? So as jy nou net daai een keer die spoedgrens oorskry of net daai een keer ‘n baie belangrike oproep op jou selfoon neem terwyl jy betuur, of rook waar jy nie mag nie – mag ons almal lekker lag vir jou as jy swaar gestraf word omdat daar ‘n “voorbeeld” van jou gemaak moet word?

Andre ·

Rasistiese uitlatings en die blanke vrou kry n boete en gemeenskap diens. Laat ek eerder stil bly anders kry ek ook gemeenskap diens want geld het ek nie

Siekensat ·

Ek kan dink wat ek wil, maar ek kan nie sê wat ek wil nie. Ek sou sekerlik lewenslank kry oor die onregverdigheid.

MarieM ·

Moet dit net seblief nie op jou selfoon tik nie hoor. Hehehehe

Corne ·

Jaaaaaaaaaaa. ALLE mense moet begin dink vóór jul tik of jul mond oopmaak ongeag ras of kleur !

Koos ·

Presies. Te veel mense op die wêreldwye web met baie data maar te min verstand.

Koos de Meyer. ·

Kom ons kyk wat gebeur met die meneer van kuns en kultuur met sy haat spraak. Moord dreigemente en wys openlik ‘n pistool. Wat gaan die gelykheidshof doen met sy rassistiese uitlatings.

Frans ·

Die uitspraak bevestig weereens dat daar 2 “tipes regspraak” standaarde bestaan. Sekere mense lewer gereeld toesprake wat haatspraak pertinent insluit. Maar hulle is ” VERHEWE” (“Above the Law”) omtrent enige mate van vervolging. Dubbele standaarde sal voortduur om “sekere” mense te beskerm. Dit is ‘n situasie wat sal bly voortduur todat dit nie meer “nodig” is nie, want dan is daar nie meer mense oor wat haatspraak kan of wil teestaan nie.

Susan ·

Ja klink vir my dubbelstandaarde hier een kry n boete en gemeenskapsdiens die ander kry tronkstraf en n ander weern verskoning in di publiek. Wonder wat is nou di regte wet as daar so iets is??

STOP DIT NET.! ·

….ek sien anderdag op n fb blad hoe die mense rasisties is en vloek en almal name noem en slegsê. Sonder skaamte.
Daar is GEEN respek nie…. NEEWAT! GOOI HULLE MET DIE BOETES!
as jy nie wil HOOR nie moet jy maar VOEL!

Ella ·

Ek stem saam met jou maar tog hoop ek dat dit op almal van toepassing sal wees.
Mense het geen respek meer vir die Wet vir hul medemens.
FB is n nare plek gaan nie naby daar…

Elsa ·

Vir my is dit verblydende nuus. Ek is ook al moeg vir rasistiese bekgevegte en dat mense deur haatspraak net soveel skade aanrig as wat die moordenaars en misdadigers aan ons pragtige land doen. Ons raak almal kwaad vir dinge wat in ons land gebeur, maar ons kan nie almal daaroor slegmaak en gemors noem nie. Ek is siek en sat vir die liefdeloosheid en gebrek aan respek onder ons mense. Wat vir my die hartseerste is, is dat daar mense is wat Suid-Afrika as land slegmaak. Dis nie ons land wat sleg is nie, maar die mense in ons land wat deur hul gedrag en optrede en die verwoesting wat gesaai word, Suid-Afrika ‘n onveilige plek maak vir baie mense. Al brand ons nie geboue af of vermoor mense nie, kan ons met ons woorde net soveel skade aanrig en die haat nog verder aanblaas.

Marinda van Staden ·

Dis hoe dit is, rassisme geld net vir sommiges!!!!

Respek is altyd belangrik ·

Ek is bly hierdie platvloerse disrespek word aangespreek. Ek vermy FB ook juis vir hierdie rede. Sommige gebruikers, nie almal nie, ag hulle self so belangrik dat hulle ander mense beledig en sleg maak. En dikwels doen hulle dit op die mees platvloerse, kru, kwetsende wyses en met haat. Hulle praat seker maar by hul huise ook so en beledig mekaar seker ook die heeltyd.

Dankie aan al die Suid-Afrikaners wat nog maniere en selfrespek het.

Casper Labuschagne ·

Daar is die regsbeginsel van crimen injura wat regstelling bied indien jy deur iemand anders beswadder of beledig word. Alle ander vorm van sensuur van spraak kom eenvoudig neer op die sensuur van opinie en dus op die sensuur van jou denke. Uiteindelik sal slegs die heersende opinie van die meerderheid op enige gegewe tydstip die toelaatbare opinie verteenwoordig, en ons is vinnig op pad soontoe. Is dit wat die kommentators hierbo regtig wil hê?

Vryheid van spraak kom teen ‘n duur prys deur dat jy ander se onsmaaklike opinies moet aanhoor, maar dit is steeds die prys werd sodat jou eie gedagtes en opinie nie ook onder die diktatuur van die meerderheid vertrap word nie.

tamboti ·

Presies Casper, die feit bly dat dit slegs spraak is, en ek kon nog nooit sien of hoor hoe iemand ander fisies leed aandoen of dood om hul name te noem nie! Hoe hard leer ons ons kinders om hul nie te steur aan die lelike goed wat ander nare kinders hul noem nie. Of hoe die onderwyser hul afkraak nie. Maar in die grootmens wereld mag jy sekere woorde nie se nie? Wow, maar ons is volwasse!

Natascha ·

Eish, lyk my die rasisme werk net een kant??? As ons iets verkeerd se word ons gestraf vir dit, maar hul kan net se wat hul wil en kom daarmee weg. Hoe werk dit dan nou??????
Dit moet beslis vasgevat word, maar in alle rasse nie net op sommiges gemik wees nie.

Respekteer jouself en ander mense ·

Daar is ‘n baie groot verskil tussen die toepassing van sensuur aan die een kant en haatspraak en persoonlike beledigings. Onsmaaklike opinies is gewoonlik snert of beuselagtighede en is dikwels nie haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Sensuur van jou denke en opinie het niks te doen met haatspraak in die openbaar nie. Net jyself het beheer oor jou eie denke.

Iedergeval jy is heeltemal reg Natascha, ALLE rassisme moet beslis vasgevat word. Ek sluit haatspraak teenoor ander hierby in.

Zumie ·

En waar is vryheid van spraak en denke ….. dit word so stukkie vir stukkie weggevat totdat die tralies eendag duidelik wys….
Baklei daarvoor …. dit is baie belangriker as die vervelige “rassisme” debat hierbo…

AH ·

Ek stem saam dat die rassisme debatte nou al so vervelig raak! Wat is dit nou dat almal so kleinserig/kleingeestig is oor velkleur. Mens is wie jy is en die kleur van jou vel maak jou nie goed of sleg nie. Wees trots op jou herkoms en moenie jouself en die ander persoon so verneder om hom/haar te beledig of te verkleineer oor iets waaroor hy/sy geen beheer het nie! Of raak dit nou ‘n ding as iemand jou onbevoeg/onnosel/lelik/vet/kort/ lank/sproetgesig ens. ens noem dat mens dit nou ‘n hofgeding moet maak? Liewe land! Wat hét geword van “leef en laat leef” . As ek moes hofsake maak vir alle kere wat iets wat my toegesnou is (regverdig of onregverdig) dan was ek bankrot en beslis nie ‘n beter mens wat enigiets gebaat het daarby nie! Al het die persoon ook boete/tronkstraf/gemeenskapsdiens of ander straf gekry, kan die krenkende woorde nie “ongehoor” word nie en om kwaad met kwaad te vergeld laat mens nie beter slaap in die nag nie!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.