Boete vir plaaseienaar wat 32 honde mishandel

WAARSKUWING: Dié berig bevat foto’s wat sommige lesers kan onstel en is nie geskik vir kinders nie.

Een van die honde wat die NDBV van die plaas naby Soweto verwyder het. (Foto: NDBV)

Amper drie jaar nadat die Nasionale Dierebeskermingsvereniging (NDBV) toegeslaan het op ʼn plaas by Protea Glen naby Soweto, het die eienaar, Pieter Steyn, skuldig gepleit op oortredings van die Wet op Dierebeskerming.

Die NDBV se spesiale ondersoekeenheid, in samewerking met die Roodepoort-DBV, het die plaas aanvanklik in Januarie 2017 geïnspekteer en 32 honde in haglike omstandighede aangetref, het die organisasie in ʼn verklaring gesê.

Een van die honde se neus is afgebyt. (Foto: NDBV)

ʼn Groot getal honde, waaronder verskeie pitbull-terriërs, was in hokke of in kamers toegesluit. Die plek was besaai met ontlasting, verrottende vleis en ou bene. Volgens die NDBV was die waterbakke aangepak met groen skuim wat positief getoets het vir gevaarlike bakterieë wat ook mense kan besmet. Die honde is rou, verrotte hoenderkarkasse gevoer en talle van die diere was siek en beseer.

Onder die 32 diere was ʼn babahondjie met ʼn gebreekte rug wat gelaat is om homself oor die perseel te sleep, asook ʼn jong pitbull-terriër waarvan die neus heeltemal afgebyt is. ʼn Aantal kleiner honde se tande het gevrot en uitgeval. Die 32 honde is van die perseel verwyder en ʼn strafregtelike aanklag is teen Steyn aanhangig gemaak.

“Die gedagte aan die dik hope honde-ontlasting op die grond en die vieslike stank laat my jare later nog sidder,” het senior inspekteur Nadia Hansa gesê.

Die Protea-landdroshof het Steyn vroeër dié maand skuldig bevind en ʼn boete van R40 000 opgelê wat aan die NDBV betaal moet word. Hy is ook agt maande tronkstraf opgelê wat vir vyf jaar opgeskort is op voorwaarde dat hy nie weer ʼn soortgelyke oortreding begaan nie.

Steyn is ook verbied om die volgende vyf jaar enige honde te besit.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

39 Kommentare

KrokodilBotha ·

Straf is te lig. Sy plaas moet ook vir die DBV gegee word.

Maritha ·

Stem. Hy kan tronk toe gaan en sy plaas verkoop word om te sorg vir daardie diere

Tweetie ·

Hy mag nooit weer diere besit nie, die straf is hopeloos te lig.

Belinda Erasmus ·

Ek dink dis n skande dat hy so lig daarvan afkom. N swaarder straf, jare, sou meer van toepassing gewees het. Sybplaas moes ook van hom weggeneem gewees het.

Nelis ·

Hoekom mag hy na 5 jr weer honde besit ? Hy moet nooit ooit weer honde besit nie. Hy sal net dieselfde doen. Tronkstraf was die beste afskrikmiddel. Maar nou ja wie is ek om te se.

Daleen ·

Dit gaan my verstand te bowe hoe die straf so ligtelik uit gedeel word… en dan kan hy maar na 5jaar maar net weer voortgaan met dit. Ag nee, dit is verby pateties.

Hanlie ·

Wat is R40 000.00 in vergelyking met daardie arme honde se lyding? Hy mag nooit, ooit weer toegelaat word om enige dier te besit nie, nie eers ‘n rot nie.

Lerika ·

Ek stem, hy moes vir elke hond wat weggeneem is ‘n boete en tronkstraf gekry het. Dis onmenslik. As hy dit met honde kan doen dan kan hy dit met enige ander dier en selfs mense ook doen.

ryan ·

Sies man.. SIES SIES.!!Ek hoop nie hy het kinders nie. Dis ongelooflik hoe mens so kan wees..

woedend ·

Mnr die sogenaamde boer, jy is ‘n helse skande!!!! Onthou net die spreekwoord sê wat jy saai sal jy maai!! Ek voel nie jammer vir jou nie.

Asjas ·

Ek stem, net omdat jy ‘n plaas besit maak nie van jou ‘ n boer of bevoeg om te boer nie.

Sunset ·

So ‘n persoon moet maar liewers nooit enige dier of hond aanhou nie. Dis ‘n bewys dat die persoon geen kennis dra of weet hoe om na diere om te sien nie. Mnr sou jy dit met jou menslike kinders ook gedoen het? Jys onbevoeg in my oë.

Maljan ·

Wat van Thandi Modise se saak? Sy het mense laat honger ly. Sy het diere van die honger en dors laat vrek en niks gebeur nie. Komaan nvg wees konsekwent.

Heleen Bruwer ·

R1250 per hond….. Straf is hopeloos te lig en boonop mag hy weer honde besit? Ek is bly vir die skuldigbevinding, maar die boete regverdig nie die onreg aan die diere, die finansiele las op die NSPCA om die diere weer gesond te kry, te versorg en hopelik te laat aanneem nie. Die tyd wat die saak in beslag generm het en onkostes aangegaan? Dis hartverskeurend.

McG ·

So ou moet maandeliks minstens 3 DBV takke voorsien van kos en alles wat nodig is vir die 5 jaar wat opgeskort is. Dit sal beter werk dink ek.

Danie T ·

Die boete en straf is heeltemal te min vir die wreedaard van ‘n mens.
Hy moet ook verbied word om ooit weer ‘n dier aan te hou of naby ‘n dier te kom.
Eks diep hartseer en geskok!!!

Bitter ·

Ek dan is sy van nogal Steyn. Wat n vernedering vir ons. Die man moet sy van verander na wat ookal. Ek weet nie wat ons hom kan noem nie

Sussie van der Merwe ·

Hy moet vir vyf jaar dieselfde behandeling kry wat hy daardie woef kinders gegee het sodat hy kan voel wat hy hulle aangedoen het.

Marlene ·

Die Here het die diere in ons sorg gelaat en gese ons moet oor hul heers. En kyk wat maak die mens. Selfs die wat toelaat dat dit weer kan gebeur is skuldig aan mishandeling, want dink hul regtig hul gaan ophou met dit. Dink mooi. Wat is n klein boete nou. En tronkstraf is te lig. Dieremishandeling moet onder dieselfde kam geskeer word as kindermishandeling. Liewe aarde het die hele wereld mal geword. Neem die ou se plaas of grond weg. Slaan hom waar dit die hardste tref.

Emma ·

My hart kan nie sulke nuus hanteer nie. Arme diere kan nie vir hulself opstaan nie. Daarom moet die mensdom na hulle omsien maar word net mishandel sies man n skande

JV ·

Goeie genade hoe kan ‘n mens met jouself saamleef as jy dit aan diere doen. Daai dier kan nie praat om die lewe vir homself gemakliker te maak nie, hy moes sommer lewenslank in die verdomde tronk gegooi word sulke mense hoort volgens my nie eers op aarde nie

RONEL ·

EVIL, HARTELOSE MENSE!!
SPREUKE 12:10 SÊ DIS GODRLOSE MENSE. MENSE WAT GEEN SIEL HET NIE. GEEN GEVOEL HET NIE. GEEN RESPEK VIR GOD EN SY SKEPPING!!! HY MIET GESTRAF WORD. SLUIT HOM TOE I N EEN CAN DAAI STANK HOKKE SONDER KOS.. DAT HY KAN VOEL HOE DIT IS!!!

Wena ·

Laat hom vir 5jr die DBV se hondehokke skoonmaak elke dag van Maandag tot Sondag.

Gaitsigubib ·

Ek het nie die deel gesien wat se dat sulke mense geen siel het nie. Pas jy God se Woord aan om jou skywe meer impak te gee? Dis nie nogdig nie hoor, dis n goeie stukkie sonder dat jy dit aanpas en dis in elk geval sonde om woorde in Sy mond te le.

Gaitsigubib ·

Dis gelukkig Salomo wat dit gese het, anders was jy in die moelikheid!

Diereliefhebber ·

Hoe jou ma aan jou geboorte kon gee, gaan my verstand te bowe. Die wiel draai …..

Foxi ·

Handig die wreedaard oor aan die publiek! Ons sal weet wat die regte straf vir hom sal wees.

Adel ·

Gewentenlose gemors!!!! Hoe het hy geëet in die aande as daardie arme honde nie eens behoorlike kos het nie??? Nee wat sy straf is ver te lig, doen dieselfde met hom, sluit hom ook in ñ sel toe sonder enige geriewe of kos!!

HOE DOEN MENSE DIT?? Sal dit seker nooit kan verstaan nie………. dit laat my bloed behoorlik oor kook!!

Jacques ·

Hy moet sy opgeskorte vonnis by n DBV uit dien en elke week hokke skoon maak en di diere skoon watet gee in skoon bakke. Dan sal hy dalk voel waar oor dit gaan

dolphin ·

sies so skaam hom straf vir 20jr geen diere besit word nie gooi die sleutel weg.

Michael P ·

Plaas n foto van sy gesig dat ons kan sien hoe hierdie vent lyk asb.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.