Boetebessie vas oor beweerde omkopery

Foto: SAPD/Facebook

Foto: SAPD/Facebook

ʼn Tshwane-metropolisiebeampte is op die Molotoweg in Pretoria in hegtenis geneem op aanklag dat sy omkoopgeld van motoriste probeer bekom het.

“Die beampte is Saterdagmiddag deur die Padverkeersbestuurskorporasie (RTMC) se nasionale teenkorrupsie-eenheid in hegtenis geneem,” het Simon Zwane, woordvoerder van RTMC, gesê. “Sy het probeer om R100 omkoopgeld van ʼn beampte, wat vir die RTMC werk, te bekom. Die beampte was heimlik besig om gedrag van beamptes op hierdie pad te monitor.”

Die RTMC se teenkorrupsie-eenheid is dwarsoor die land ontplooi om seker te maak dat verkeersbeamptes en motoriste eties optree.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

B N Clyde ·

Die’ struikrowers is goedkoper om gelukkig te hou as die wat jy jaarliks eers die vorms voor moet invul . Vryskut , dink sy toe , maar dit moet’ gaan vir die “company’

Johan Fourie ·

Gaan na Empangenie ,toe voor die meule daar is dit oop ketels.Hulle moet daar gaan staan veral op n naweek sien daagliks hoe die verkeersamptenaare geld ontvan boekie word ge gee en die geld net een voudig daar in ge sit en nou ja daar ry ons maar net aan,met onpatwaardige motor .

Karolis ·

Hoekom gehoorsaam jy nie en gaan maak ‘n saak oop nie?
Beter nog, maak jou voertuig padvaardig, veiliger vir mede padgebruikers.

Johan Fourie ·

Het al ,en raai wat net soos jy ge dink het daar kom niks daar van nie.My voertyg 100% padvaardig dis die wat hulle aftrek en sien dat dit nie padvaardig is nie n gelkie maak .

Kobus Needham ·

Kom kyk gerus op ons dorp wat gaan hier aan,saps en verkeer kuier by kos plekke el wil nie graag plekke se name noem nie,kry hulle so baie geld (salaris )dat hulle elke dag kan uit eet,dan werk ek by n verkeerde plek
leka dag almal

tina vans ·

bravo vir die RTMC, wie hulle ook al is, ja maak die spietcops minder en meer van daai ondersoekers!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.