Boetebessies keer talle dronkbestuurders aan

Argieffoto Foto: stevepb, Pixabay

Argieffoto Foto: stevepb, Pixabay

Talle persone wat glo onder die invloed van alkohol bestuur het, is Saterdagaand in Pretoria deur vroulike verkeersbeamptes in hegtenis geneem.

Lizzy Mabilane, hoof van die verkeerspolisie in Gauteng, het die twee spanne vroue gelei wat motoriste in Garsfontein voorgekeer het.

“Augustus is Vrouemaand en dit is die eerste van ons aksies teen dronkbestuur,” het sy aan African News Agency gesê. “Ons is vroue van die Gauteng-verkeerspolisie, die Tshwane-metropolisie, nasionale verkeerspolisie en die Suid-Afrikaanse Polisiediens. Dit is ʼn groot operasie en ons het onsself in twee spanne gedeel om vanaand [Saterdagaand] in hierdie gebied te werk. Ons fokus op dronkbestuur, maar is ook gereed vir enige ander oortredings.”

Altesaam 34 vroulike beamptes het deelgeneem.

Teen 22:00 is 11 motoriste in hegtenis geneem en na Garsfontein-polisiestasie geneem.

Motoriste het asemtoetse gedoen en is in hegtenis geneem indien hulle die perk oorskry het, waarna ʼn bloedmonster geneem is. Die pesone, wat in hegtenis geneem is, sal Maandag in die hof verskyn.

ʼn Aantal operasies is geskeduleer om vandeesmaand in Gauteng plaas te vind, gelei deur vroulike wetstoepassers.

Augustus staan bekend as Vrouemaand en Vrouedag word jaarliks op 9 Augustus gevier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Johann Marx ·

Goed so. Nou nog net die mense wat so oor ons paaie sweef, of 40km/u op die snelwëe doen….MET ‘N SELFOON IN DIE HAND!!!

Manie ·

Sal graag wil sien of die polisievroue soortgelyke blokkades gàan doen in Mamelodi of Soshanguve. Garsfontein klink vir my te wit

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.