Boetes kom vir karstoeltjie-oortreders

Argieffoto

Argieffoto

Motoriste wat met kinders in die motor ry en hulle nié in stoeltjies of met ʼn sitplekgordel vasgespe nie, kan met tussen R250 en R500 beboet word.

Die nasionale verkeerspolisie sal Dinsdag in Noordwes ʼn padblokkade hou om klem te lê op kinderveiligheid op die land se paaie. Die polisie, provinsiale verkeersdepartement, nooddienste en ander wetstoepassingsagentskappe sal ook by die operasie betrokke wees.

Wetgewing wat vereis dat kinders in motorstoeltjies of met ʼn sitplekgordel vasgegespe moet wees het op 1 Mei vanjaar in werking getree. “Sedert die afkondiging van die wet, het provinsiale verkeersdepartemente begin om met landdroste te vergader om ’n gepaste boete te bepaal om op te lê aan motoriste wat versuim om die wet te gehoorsaam,” het die verkeersowerheid in ’n verklaring gesê.

Volgens die Child Accident Prevention Foundation se statistieke is nagenoeg 84% van kinders in motors nie vasgegespe nie. Duisende kinders sterf jaarliks in ongelukke op die land se paaie.

© RDM News Wire

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

jj ·

Wonderlike wetgewing, maar wie gaan “getarget” word hierdeur as ons daagliks sien hoe baie bestuurders met selfone teen die oor bestuur, of hoeveel voertuie kan jy tel wat oor sper en selfs dubbel sperstrepe verby vat, by watter veiligheid wil ons nou eindlik uitkom, of jou baba nou op jou skoot sit , of jy soos n waaghals vinnig en roekeloos bestuur terwyl jy op jou selfoon is, alles is oortredinge wat aan gespreek en nie oorgesien moet word nie, o wag hier kom weer n agtergeblewende in sy duur voertuig kom ons kyk gou weg terwyl hy sy baba laat bestuur en hy op sy selfoon kuier, vir wie is die wette nou eintlik

Gironki ·

Moenie vergeet van die bestuurders wat met hul hondjies op hul skote sit en bestuur nie!

AmY ·

Gaan die wette ook geld vir babas in minibustaxis en klein kindertjies wat soos sadientjies in bussies ingeprop word?

Shannon ·

Baie slim. Jaarliks word hoeveel noodlottige botsings waarin babas in baba stoele sterf aangeteken ??? Waarskynlik weet niemand werklik nie. Maar daar’s redelik goeie syfers vir ma’s wie baba in die skoot vashou in die Hi Ace. Maar dis nie `n oortreding nie want daars nie `n stoel betrokke nie.
In die townships waai onwettige krag drade soos ou spinnerakke in die wind rond maar dis meer wettig as beurtkrag oortreders ?

Peet Schabort ·

My voorstel: Hou van die stoeltjies gereed by ‘n padblokkade en verkoop dan SONDER ‘n boete aan die oortreder.
Nou is daar ‘n bewys dat die oortreder in besit is van ‘n stoeltjie en kan die volgende oortreding ‘n stywe boete wees.

salie ·

Ja sure!! Hul is tog sooo lief om wette in te stel, maar wie gaan kyk dat dit toegepas word? Dieselfdes wat selfone toelaat, mense laat begaan om oor rooi verkeersligte te ry, omkoop boetes aanvaar, taxis laat doen wat hul wil, ens, ens. Net nog n doellose besluit in hierdie sirkus van n land!!!!!

Johann Marx ·

Soos die koekieblik se bodem sigbaar raak, sal daar “nuwe” wette uitgedink word waaroor mense beboet kan word sodat almal darem Desember ‘n bonus kan kry. Ons het nou al koolstof-taks, nou ‘s dit stoeltjie-taks, die volgende is seker “aircon-taks” want jou motor maak die winter kouer….en nou moet almal meer vuur maak om warmer te bly…..In die ou jare het ons sirkus te gegaan….nou’s ons IN die sirkus!!

neelsie ·

So baie stoeltjies le in motorhuise en stof vergader.
Stel dit beskikbaar aan ons mense wat babas het.
Gee dit verniet weg man!!

Lynette ·

In Australie is dit verpligtend om n kind tot sy sewende jaar in n stoeltjie vas te gespe. Elke passasier in n bus het n gordel wat hulle moet vasmaak. Dis hoe dit gaan in n land waar daar wet en orde is en almal dit gehoorsaam. Jou kind is veiliger in n karstoeltjie.

Carol ·

Dit is uiters swak dat wette moet verander voor ouers hulle kinders vas maak !!!!

Eliza-beth ·

Terwyl hulle nou wette maak, maak sommer ‘n wet vir nette oor swembaddens OOK!

Rachelle ·

Ek is baie bly vir die nuwe wet en moes al jare gelede ingestel word. Ek was op vakansie in Suid Afrika in Julie en was geskok oor die swak stoeltjies wat jy huur saam met motors. Ons gebruik Avis baie en nie een kar het ISOFIX in vir karstoeltjies vir kinders en babas. Die stoeltjies sal nie veiligheidstoetse slaag in Europa. En dis nie net Avis, maar al die huurmotor besighede. Dis fantasties dat daar nou ‘n wet is maar pas dit asseblief behoorlik toe

Rachelle ·

Ek is baie bly vir die nuwe wet en moes al jare gelede ingestel word. Ek was op vakansie in Suid Afrika in Julie en was geskok oor die swak stoeltjies wat jy huur saam met motors. Ons gebruik Avis baie en nie een kar het ISOFIX in vir karstoeltjies vir kinders en babas. Die stoeltjies sal nie veiligheidstoetse slaag in Europa. En dis nie net Avis, maar al die huurmotor besighede. Dis fantasties dat daar nou ‘n wet is maar pas dit asseblief behoorlik toe.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.