Boetie en sussie brand dood in huis

Argieffoto (Foto: Alexas_Fotos, Pixabay)

Argieffoto (Foto: Alexas_Fotos, Pixabay)

ʼn Boetie en ʼn sussie, onderskeidelik vier en ses jaar oud, het in ʼn huisbrand in Noordwes gesterf.

Kapt. Paul Ramaloko, provinsiale polisiewoordvoerder, het Donderdag gesê die twee kinders was alleen in hul plakkershut toe dit Dinsdagaand omstreeks 22:00 in Morokweng toe die brand uitgebreek het.

“Die kinders het geslaap toe die hut begin brand het. Die bure het tevergeefs probeer om die brand te blus en die kinders te red,” het Ramaloko gesê. Hulle is op die toneel dood verklaar.

“Ons weet nog nie waar die ouers was toe die brand uitgebreek het nie. Die oorsaak van die brand is ook nog onbekend en word ondersoek.”

Die polisie ondersoek ʼn saak van brandstigting. Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

celeste ·

Ag nee man! Hoe gebeur sulke goed. Dit is nou al die hoeveelste berig van kinders wat verbrand. Ek besef dat dit nie altyd moontlik is om kinders in n nasorg te sit nie maar daar kan mos wragtig n plan gemaak word. Dis net nie reg nie!!!

ria ·

Hoe kan die ouers die kinders alleen los as hulle slaap en waar was die ouers gewees seker weer gaan sit en kuier of gedrink gewees. !!!!!!!!!

TR ·

Dis 22:00 en jy los jou kinders alleen…. ten spyte van enige gevaar wat daar kan plaasvind… Kla die ouers aan van nalatigheid.

Inge ·

Wat de hel! Hoe los jy jou kinders alleen? Nee man, sulke mense moet nie kinders he nie. Ek raak so omgekrap as arme kinders altyd moet in boet vir hulle slegte ouers. Word wakker mense!

BoereBikerBaby ·

hoe kan mens sulke kleintjies alleen los, of hul slaap of nie? my kinders is 10 en 13 en ek los hulle nie eens alleen nie! dis onverantwoordelik en onnodig! nou is 2 kinders se lewe ontneem omdat ouers so nalatig kan wees!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.