Boetie skiet tweejarige sussie dood; neem eie lewe

Argieffoto

ʼn 11-jarige seun, wat Saterdagaand in Empangeni, KwaZulu-Natal met sy pa se gelisensieerde vuurwapen gespeel het, het per ongeluk ʼn skoot afgevuur en sy tweejarige sussie getref.

“Die boetie het daarna die vuurwapen op homself gekeer nadat hy gesien het wat met sy sussie gebeur het,” het kol. Thembeka Mbhele, woordvoerder van die polisie, gesê.

“Die sussie is na ʼn hospitaal geneem vir behandeling, maar sy het aan haar beserings beswyk.”

Die voorval het Saterdagaand omstreeks 23:50 plaasgevind, het Mbhele bygevoeg.

Die polisie ondersoek ʼn saak van moord en doen ʼn geregtelike doodsondersoek.

“Ons doen ʼn beroep op alle vuurwapen-eienaars om seker te maak dat hulle nie die Wet op Vuurwapenbeheer oortree nie en dat vuurwapens veilig bewaar word. Oortreding van dié wet kan tot onnodige sterftes lei en oortreders kan vervolg word.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

45 Kommentare

Ben ·

Dit is vreesilik hartseer. Ongeluk gebeur so maklik. Dalk is dit beter om maar nie wapens aan te hou nie? Ander gevaarlike ding is Gif stowwe. Ek dink ons media moet meer op opvoeding begin fokus, soos verantwoordelikheid, respek en andere. Dit is opmerklik hoe rol prente deur Amerika se Holywood gewoonlik ‘n persoon met ‘n pistool insluit. Hy/Sy is Hero. Daar moet begin verander word. Te veel geweld te min eerlik praat.

Melody ·

Ben, dis tragies wat gebeur het, maar ongelukkig kan mense wat vuurwapens het, nie sonder dit lewe nie. Ons het wapens aangeskaf vir n rede. Sit eerder wapen op veilige plek as jy hom nie wil dra.

Agkomnou ·

As iemand deur n’ voertuig omgery word is dit nie die voertuig se skuld nie. Die persoon wat verantwoordelik is vir die vuurwapen moet wette gehoorsaam wat juis in plek gestel word om so iets te voorkom. Sonder n’ vuurwapen kan jy jou vryheid groet! Gehoorsaam die wette dan sal so iets tragies nie gebeur nie.

TLC ·

O nee o nee ek het nie woorde ne en ek weet nie met wie moet ek simpatiseer nie . Wat n vreeslike onnodige ongeluk RIV kleintjies

Pop ·

In die middel van die nag!!!moet kinders van daai ouderdom nie al lankal geslaap het nie. Dis n skokkende voorval en ek bid net vir hulle sielle.

K ·

Dit is so hartseer, skokkend. Waarom is die jong kinders daai tyd van die aand nog op? Waarom is ‘n 11jarige se eerste reaksie hierop selfmoord? Waarom is die gelisensieerde wapen nie in ‘n kluis nie. My hart bloei

Francois Joubert ·

As wettige vuurwapeneienaar moet jou vuurwapen onder jou beheer wees. Dit is of aan jou lyf of in ‘n kluis waartoe niemand anders toegang het. Indien jy dit nie nakom nie MOET die polisie jou vervolg en nie mag dalk as hulle so voel.

NEE ANONIEM ·

Nee Anoniem, julle met julle ou OORDEEL Storietjies . as jy die WET NIE NAGEKOM HET NIE, is jy skuldig aan ‘n KRIMINELE OORTREDING, of dit nou oordeel is of nie, jy het die wet verontagsaam en dit het die dood van jou kinders gekos. AS dit OORDEEL is, laat ons liewer NOU OORDEEL voordat nog 10 kinders in vuurwapenverwante ongelukkig STERF.

erika ·

glo my kommentaar gaan WEER nie geplaas word nie, het sopas d arikel gelees, dink dit was iets verskriklik vir die jong seun wat hy moes beleef het, maar hemel ek verstaan nie die tyd wat hierdie absoluut hartseer insident plaas gevind het nie, artikel se dat hy nie kon hanteer wat gebeur het nie……… nou wie het die boodskap oorgedra, hy????? hoekom hom nie stop nie. Waar was ouers met 1ste skoot??????? Daai tyd v d nag??? Slaap kinders nie dan nie, veral ‘n 2 jarige kind nie???? Regtig ek maak nie sin v.d. geval nie, of is dit net ek?

Marlene ·

Ek stem heeltemal saam met jou stelling dis presies wat ek gedink het, soos jy se hoe weet hulle hy kon nie hanteer wat gebeur het nie,? ek meen die kind is 11 jaar oud, jy kan nie eers vir jou sel dink op daai ouderdom nie. hier is n slang in die gras. want jy sou tog immers eerste die geweer af gevat het by hom en dan sou jy na die kind wat geskiet is omgesien het, en hoe de hel het n seun van 11 jaar oud al selfmoord in sy gedagtes as dinge te veel raak???????? en as dit op sy gedagtes was is daar net een manier hoe hy dit opgetel het en dis beslis in sy ouer huis. ouers laat kinders te veel toe in vandag se lewe, soos byvoorbeeld al die stories van mense op tv wat hul self skiet of so iets, jy kan nie kinders blootstel daaraan nie want hulle verstaan nog nie die verskil tussen reg en verkeerd nie, so hulle sien ites op tv en dan dink hulle dis reg en die enigste uitweg. ek se nie dis wat gebeur het nie, maar ek glo nie dat n kind van 11 instead is om dit te doen nie teensy hy blootstelling aan dit gekry het, bv deer tv …… ens ….

Wors ·

Stem saam Erika. Klink nie vir my reg nie. Gewere raas, en met eerste skoot kon iemand al iets agtergekom het … Dalk partykie waar ouers gekuier het? My kinders bly somtyds saam ons wakker op naweke veral as daar geraas is, so die tyd is dalk te verstaan as dit op n naweek was.

LB S ·

Erika, jammer, maar ek stem saam. Hier was iets anders aan die gang. Net my opinie. Ek kan my nie indink ‘n 11-jarige EN 2-JARIGE is daardie tyd aan die “speel” nie.

Gerhardt ·

Ben, dit is omdat mense nie respek het vir ander mense nie, dat ons vuurwapens besit. Gaan jy vir n boef in die nag se, “ he respek vir my en my gesin se lewe asb” en dink jy hy gaan omdraai en se jammer? Nee, maar in dieselfde asem, moet wapens nie rondle nie. Guns don’t kill people, people kill people. As dit verantwoordelik hanteer word, is daar niks fout met n wapen nie. Dan moet ons net so wel karre van die pad afhaal vir die dronk bestuurders.

Hierdie is baie hartseer, mag geen kind of persoon so iets belewe nie. My hart gaan uit na die gesin! Twee kinders op een dag moet bittet swaar wees!

Ben ·

Gerhardt, ons weet dit is die mens wat die sneller trek. Die punt is die mensdom is nie verantwoordelik nie en is agterloosig. Meng nou bietjie drank (partytjie) en Satan daar by en jy het ‘n groot probleem. Ek het self met wapens groot geword, op die plaas aleen gaan skiet, toe klim ek deur ‘n draad en toe val die geweer om. Hy kon my geskiet het. As jy wapen het by die huis moet hy in kluis wees veral met kinders . Jy haal homs slegs uit as gevaar dreig en jy rig hom nie op ‘n mens nie tensy jy will skiet.

Iza Rust ·

Eerstens, moes kinders van daardie ouderdom nie al in die bed gewees het nie?
Tweedens, waar was die ouers?
Dit is vreeslik hartseer.

Franci ·

Sjoe, iets Klink nie reg nie?? Hoop die saak word deeglik ondersoek. Klink amper na gesinsmoord wat nie voltooi kon word nie? Vreemd… Maar dit is net my opinie en mag Ek dalk heeltemal verkeerd wees.

Lolla ·

Stem saam. Anders is dit net TE abnormaal nalatig en geen ouer suppervissie vir n gesin, veral kinders wat lankal in droomland moes wees!

Elsie ·

Sjoe dis vreeslik , onskuldige kinders. Dit was laat in die aand. Waar was die ouers as ek mag vra?

Ann ·

Erika, ek stem saam… Hier is n slang in die gras. Ek glo nie n woord van hierdie “feite” nie. Daardie tyd van die nag, wakker en sonder toesig, en woe was ooggetuie wat so mooi weet presies wat gebeur het. Aikona. Kom maar uit met die waarheid!

Maruzelle ·

Kyk hier ruik ek ‘n rot…
Kiddies van daai ouderdom om midderdag? Watter kind v 11j het die “guts” om, nadat hy perongeluk sy sussie skiet, dadelik homself te skiet? Hardloop so kind nie uit nie, of gil of huil of probeer help…maar laai d vuurwapen weer en skiet homself???? Waar is die ouers na d eerste skoot? Ek dink daar is ‘n ander storie en nou word die 11j “gebruik” OF die artikel is net swak weergegee wat veroorsaak dat ek d verskriklike insident glad nie agtermekaar kan sit nie…

Pieter ·

Ek dink hier is ‘n derde [ersoon betrokke wat die gedoen het en dit toe smeer.

Anoniem ·

Dis skokkend hoe maklik mense oordeel fel… Oor en oor en oor asof dit enigsins ‘n betekenisvolle bydrae tot ‘n verskriklike tragedie lewer… Só asof dit ‘n God gegewe reg is (alhoewel ons herhaaldelik aangemaan word om NIE te oordeel nie)… Só asof die tragedie op sigself nie alreeds oorweldigend vir die kinders se ouers moet wees nie (wat ookal die omstandighede wat daartoe gelei het)… Ek wonder hoe elke beoordelaar sou voel as só ‘n tragedie hulle sou beval… Sou al die vrae en oordeel dan steeds so eenvoudig soos swart op wit wees? Kan nie een enkele mens net ‘n wag voor hulle monde plaas en nie oordeel nie? Of is dit lekker om verdere pyniging te veroorsaak, want ons weet reeds uit vorige artikels dat familie en vriende van slagoffers ens. OOK Maroela Media lees. Sjoe, mense, julle moet behoorlik goed oor julle eie ek voel!

@ ANONIEM ·

Beste ANONIEM. As jy ‘n kriminele oortreding begaan het (deur nie jou vuurwapens veilig te hou nie) het die wereld die REG om te oordeel. Dit is hoekom daar wette is en hoekom daar gepaste tronkstraf is vir mense wat hulle nie aan WETTE steur nie. Die feit dat die tragedie homself afgespeel het is AS GEVOLG van wetteloosheid. Hoe voel jy oor jouself as NOG ‘n gesin hulle kinders verloor omdat JY gedink het niemand mag oordeel oor die feit dat mense nie hulle vuurwapens mag laat rondle waar kinders dit kan kry nie. NEEWAT Jou ou prekie val op dowe ore, dit is OF die wet OF tragedie!! Wat kies jy?

Martie ·

Dit is so hartseer hoekom as die kleintjie nog daai tyd wakker,en ook eintlik moes die 11jarige ook a; in die bed gewees het.Waar trek n mens die streep in die geweldadige land van ons,as jy aangeval word help n wapen in die kluis jou nie,waar kinders is moet jy die wapen by jou draook gevaarlik.Nou vra ek eerstens waar was die Ma ek kan onthou ek het my kinders nooit op daardie oudom van 2jaar alleen gelos nie

Petro ·

Hier is iets nie pluis nie. Rus in vrede kleintjies. Hoop julle waarheid kom uit. Xx

Koeks ·

Ai ai ai… Mag Hy wat alles weet hulle ouers genadig wees.

Niklaas ·

So tragies. Arme ouers wat 2 kinders afstaan aan die dood. So plotseling en so onnodig. Net onse Vader kan hul troos.

Pastoor ·

Hier in my home town. Daars n fout. AgHere staan hierdie mense by

Estelle ·

Wat ook al die regte feite mag wees, hierdie is ‘n verskriklike tragedie. Twee kindertjies in die steek gelaat. Maar Jesus het gese “laat die kindertjies na my toe kom”. Hulle is op die beste plek om te wees. Mag die ouers genade en troos vind in hierdie moeilike tyd.

joanie ·

12 uur in di nag slaap 2 en 11 jariges mos lankal!!!!hiers iets ernstigs fout!!!RIP kiddies!

Francois van der Merwe ·

Dis n klomp snert….die ondersoek beamte word aan sy neus gelei. 11 jarige kind neem sy eie lewe…n Kind van daardie ouderdom wat bloed voor hom sien en dan nog sy eie lewe neem. Iets is defnitief nie pluis nie.

J ·

Rip 2 kids. My kids het ook nooit vroeg gaan slaap nie. Hiperaktiewe kids is tot laat aand besig en aan die gang. Sterkte aan die ouers.

Johnnie ·

Agnee wat waar was die wapens en hoekom is sulke klein kindertjies nog wakker EN het hulle toegang tot wapens? Die gebeurtenis lê ek 100% voor die deur van die ouers. TRAGIESE gebeurtenis maar die kinders moes GLAD NIE TOEGANG tot wapens gehad het nie. Hulle het duidelik nie veilgheidsmaatreels wat saam met jou VUURWAPENLISENSIE gaan nagekom nie.

susan ·

Kinders dalk alleen tuis. Dit gebeur julle kan my maar glo. Kinders dalk beter af sonder sulke ouers? Ek vra maar net?

Nien ·

sjoe… my hart bloei vir die kleintjies… dink eerlik daar is meer tot die storie…. regtig…. waar was die toesig…. kinders behoort al daai tyd te slaap veral die 2jarige…. nee man… die storie het meer as net twee weergawes. die waarheid moet uit…. !!! Rus in vrede boeta & sussa…

Pablo ·

My innige simpatie met die ouers wat twee (waarskynlik hul enigste) kinders op een slag verloor het!
Sommige 11-jariges is baie beter skuts en het ‘n baie beter vuurwapenkennis as die meerderheid “kenners” op hierdie forum. Terloops, die argieffoto is nie van ‘n regte vuurwapen nie, maar van ‘n speelgoed replika van die Glock-17

Skerpioen ·

Liewe Anoniem, ek dink jy sit die pot bietjie mis. God het gesê dis slegs Sy werk om te veroordeel. Ons mag oordeel maar nie veroordeel nie – groot verskil. In elk geval moet hierdie insident ge-oordeel word om te voorkom dat so iets weer gebeur. Ja kinders van daai ouderdom mos al in die bed gewees het. Waar was die ouers dat die seun met ‘n vuurwapen kon speel? Waar was die ouers toe die baba van 2jaar nie slaap nie, maar wakker is by haar boetie? Waar was die ouers toe die 1ste skoot afgegaan het? Waar was die ouers om te keer dat die boetie homself ook skiet? God het vir daai ouers 2 kinders gegee – ‘n bitterlike groot geskenk wat nie almal kry nie. En wat doen hulle met daai geskenk? Nee Anoniem hierdie ouers kry geen simpatie van my nie. Ek hoop net dat as hulle nog kinders het word die in beter sorg geplaas, waar daar mense is wat meer omgee.

Gesiggie ·

Ek kan nie glo wat ek lees??? hoe kan ouers so onverantwoordlik wees om hul vuurwapens nie toe te sluit… mense tog kyk nou wat het gebeur…. jul as ouers het 2 kinders verloor… ek kan net dink hoe jul as ouers moet voel… geen vuurwapens moet toegelaat word waar kinders betrokke is? ek sal die Pa en Ma aankla vir nalatigheid….. ek is so jammer dat dinge so tragies moes eindig…. Ouers wees meer verantwoordlik….

pieter ·

So so baie tragies, ongelukkig moet ons kinders geleer word om hulle en hulle ouers se lewe te beskerm in n land waar geen respek vir lewe is nie, hulle word geleer om n vuurwapen te gebruik en dit is so so onregverdig van die regering om nie n vinger te veroer om misdaad te bekamp nie. Ek voel regtig jammer vir die ouers, dit is net tragies om dit te hoor en my hart bloei vir hulle. Die skuld moet op die hande van ons kastige bekwame leiers geplaas word.

VanAfrika ·

“die polisie ondersoek n saak van moord”. Huh??? Teen n elfjarige wat nie eens weet hoe om daardie vuurwapen te hanteer en geen motief gehad het nie????Dit was n ongeluk wat nie moes gebeur het nie, die kind is nie n moordenaar nie. Hy het dalk gedink dis n speelding. En n kind gaan alles probeer en enige iets uit toets. Die ouers moes seker gemaak het alles is veilig om hulle kinders en dit sluit nie net vuurwapens in nie. Weer paraat om jou kind, ten alle tye, in enige plek met enige ding en waar ookal.

Riena ·

Dit is verskriklik wat gebeur het en die wat staan moet oppas dat hulle nie val nie.
My bede is dat die ouers mekaar sal bystaan in hierdie tyd en wanneer hulle die rou verwerk het soos Job weer geseen mag word met kinders. Nie om die tweetjies te vervang nie, maar sommer dubbel soveel. Dan kan God se seen werklik word vir hulle, en vir ons wat van hierdie hartseer gebeure moes verneem. Lees weer Job en doen.

Ja ne ·

Ai julle baie sterkte kinders is baie slim en snuffel dit is nie asgevolg van nalatigheid nie wat n bitter seer het daardie mensies nie ons harte gaan uit vir julle

Erika ·

Sopas gelees dat daar geen gemene spel was nie, 3 kinders in huis toe d. insident plaasgevind het, pa werk as Bewaarder en het sy vrou gaan, toe dit gebeur het.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.