Boeties brand dood, ma nie tuis

brandweer vuurTwee seuns, onderskeidelik een en twee jaar oud, het in hul ouerhuis in Mahikeng, Noordwes, doodgebrand toe hul ma glo nie daar was nie.

Lt.kol. Pelonomi Makau, woordvoerder van die polisie, het Vrydag gesê die seuns is Donderdagaand in ʼn huisbrand in die Ikopeleng-nedersetting in Ramatlabama dood.

“Die ma was na bewering nie in die huis tydens die voorval nie. Sy is later deur die polisie ondervra,” het Makau gesê.

Volgens Makau is die oorsaak van die brand nie bekend nie en word saam met die seuns se dood ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Penellope Jones ·

Dis nie twee “seuns” nie, dis twee klein seuntjies, een maar net ‘ n jaar oud wat eintlik nog maar ‘n baba is.
Hoe op hierdie aarde laat mens jou klein kindertjies alleen by die huis?
HOE???

CommentQueen ·

2 Foute in hiersie artikel:
1. Twee seuns het doodgebrand….. Nee disBABAS
2. Die ma was na bewering nie tuis….. NEE – te sleg om die naam ma te hê

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.