Boeties in hof oor meisie se verkragting, moord

Argieffoto

Argieffoto

Twee broers, onderskeidelik 23 en 28 jaar oud, het Dinsdag vlugtig in ʼn hof in Kaapstad verskyn op aanklag van die vermeende verkragting en moord van ʼn 19-jarige meisie in Khayelitsha.

Die broers se name mag nie bekend gemaak word voor hulle gepleit het nie.

Sinoxolo Mafevuka se halfnaakte liggaam is op 1 Maart in ʼn gemeenskaplike toilet gevind. Haar gesig is met ʼn baadjie bedek en haar klere is in die spoelbak gedruk.

Die broers het vlugtig voor landdros Xolani Patric Menyiwe in die Khayelitsha-distrikshof verskyn. Menyiwe het, op versoek van die verdediging, die media verbied om die name of adresse van die mans bekend te maak.

Die landdros het beslis dat die mans in aanhouding moet bly tot 24 Maart om die polisie kans te bied om agtergrondinligting oor die mans te bekom. Dié inligting sal die staatsaanklaer in staat stel om te besluit of hy die borgtogaansoek gaan teenstaan, en of borgtog of net ʼn waarskuwing voldoende sal wees tydens die borgtogaansoek.

Geen melding is Dinsdag tydens die hofverrigtinge gemaak oor ʼn beplande aansoek om borgtog nie.

Die broers voer aan hulle het nie enige vorige skuldigbevindings of hangende kriminele sake nie.

Die mans is op 13 Maart in hegtenis geneem.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Liewe Heksie ·

is om van siek te word wat se regte het die vermoorde gehad

Flippie ·

Maroela moet nie Beeld op julle self trek nie. Die opskrif oor “Boeties” is misleidend as die mans 23 en 28 is. Dan is “Hy gesig” ook nie korrek geskryf nie. Dis die negatiewe gedeelte van my kommentaar. Julle goeie werk word egter erken. Hou aan daarmee. Ons weet dit is nie altyd maklik om nuus te bring in hierdie donker tyd van ons geskiedenis nie. Sterkte

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.