Boeties ly saam aan seldsame siekte: ‘Here, genees my seuns’

Ruben (23 maande) en Ruan (6 maande) Foto: Facebook

Ruben (23 maande) en Ruan (6 maande) Foto: Facebook

Die son het nog nie in die ooste opgekom nie, dan herhaal Katinka Roodt haar daaglikse gebed. Sy vou haar hande saam en sluit haar oë: ‘Here, dankie dat ons leef en vir U genade. Here, my kinders het seer; hulle is nie gesond nie en dit was nog nooit maklik nie. Maar soos elke ander dag, weet ek U genade gaan hulle én vir my, omvou. Dankie dat ons gedra word en dankie vir die voorreg om hul ma te wees”.

Dié pad was in twee jaar nog nie een keer sonder duwweltjies nie. Empatiseer jy, keer sy vinnig: Daar is ander mense wat báie swaarder aan hul kruise dra en selfs vir hulle is die Here se genade ook genoeg.

Roodt en haar man, Pieter, se twee seuns, Ruben (23 maande) en Ruan (6 maande), het albei ʼn beenmurgoorplanting nodig.

Ruben was onder meer 54 dae in die intensiewesorgeenheid weens die sogenaamde “Pneumocystis jiroveci”-longontsteking, ʼn virus wat mense met ʼn baie swak immuunstelsel aanval.

Ruan, wat verlede jaar gebore is, is gebore met gastroskise, ʼn toestand waar die baba se ingewande aan die buitekant van sy lyf ontwikkel. In dieselfde tyd is Ruben vir die vierde keer in die hospitaal opgeneem en aan ʼn ventilator gekoppel.

Sy vertel hulle het geweet daar is gróót fout, want sy kon nie eens haar kind vashou voordat die dokter het hom dadelik weggeneem het nie.

“Hoe bly mens staan? Waaraan klou mens vas? Jy kan nie – jy word gedra deur die Here en deur engele. Nes dit begin lyk het asof Ruben se gesondheid verbeter, word hy weer dodelik siek. En Ruan se diagnose was vir ons ewe swaar. Toe kom ons ook daardeur met krag van Bo,” vertel sy.

Ruben (23 maande) en Ruan (6 maande) Foto: Facebook

Ruben (23 maande) en Ruan (6 maande) Foto: Facebook

Etlike maande later is die gesin se lewe wéér skielik omgekeer: Ruben en Ruan is albei met een van die seldsame immuungebrek, SCID (Severe Combined Immunodeficiency), gediagnoseer. Dié toestand word gekenmerk deur ʼn uiters swak immuunstelsel, wat mens vatbaar maak vir enige virus. Selfs die kleinste virus kan dodelik wees.

Roodt sê dié diagnose was ʼn groot terugslag vir die gesin. “My hart was gebreek. Ek kan my kinders nêrens heen vat nie, nie na die dieretuin toe nie en ook nie saam met hulle in ʼn sandput speel nie. Ek kan nie eens troeteldiere aanhou nie, omdat enige kiem hulle dodelik siek kan maak.

“Ek het aanvanklik gewroeg met vrae: Here, hoekom? Hoekom mý kinders? Maar dan maak Hy my hart rustig en ek weet dat alles oukei sal wees. Dan besef ek weer: my kruis is nie só swaar nie en ek is weer van voor dankbaar dat ek vir hulle kan lief wees.”

Ruben was so siek dat hy vandag, op 23 maande, presies dieselfde weeg as sy boetie.

Dokters het intussen gesê ʼn beenmurgoorplanting is al opsie om haar seuns te genees. Agt internasionale skenkers is vir Ruben opgespoor en twee skenkers in Suid-Afrika en 57 internasionaal vir Ruan.

Dié operasie kos R6 miljoen. Hoewel die mediese fonds aanvanklik goedkeuring geweier het, meen Roodt dit is “die Here se hand” dat hulle intussen R5, 3 miljoen vir die operasies beskikbaar gestel het.

“Dinge soos dié gebeur en dan jubel ek, want ek weet God is groot en ek weet Hy voorsien. Die ander R750 000 wat ons kort, is om die beenmurg vir Ruben na Suid-Afrika te bring, aangesien ons geen gepaste skenker vir hom in Suid-Afrika kon kry nie. As die Here vir ons R5,3 miljoen kon stuur, weet ek hy kan ons help met hierdie geld ook,” vertel sy.

Die oorplantings moet voor April vanjaar gedoen word, omdat die seuns se SCID-toestand sal veroorsaak dat hulle die hele winter dodelik siek in die hospitaal sal wees omdat hulle nie soos gesonde mense die kieme kan teenwerk nie.

Sy sê egter hulle is vol vertroue dat die Here weer sal voorsien. “Die Here het gesê Hy sal voorsien, daarom vertrou ons op Hom. En as die beenmurg hier aankom, bid ons weer kliphard en smeek weer by Hom dat sy liggaam nie die beenmurg verwerp nie. Ek glo in genade en ek glo dat my seuns ʼn normale lewe sal lei.”

ʼn Trustfonds is intussen in die seuns se naam gestig om te probeer fondse insamel vir die beenmurg.

Vir meer inligting, of om betrokke te raak, besoek Ruben en Ruan vir beenmurg op Facebook of die Roodt-gesin se Go Fund Me-blad.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

36 Kommentare

Anoniem ·

Ons Hemelse Vader is met julle. Onthou Psalm 23. Die Here is my Herder en niks sal my ontbreek nie….Sterkte vir julle. Dink aan julle. Bid vir julle. Jul as gesin is God se konings kinders.

Karen van Zyl ·

Baie sterkte en voorspoed aan julle familie, die Here sorg altyd, bly net in Hom glo.

Vivian ·

Bid vir hulle. Wonder net hoeveel die inentings wat kinders so moet ontvang daarmee te doen het.

Katinka Roodt ·

Hi Vivian,

Inentings het niks met die SCID te doen nie, maar wel lewendige inentings is dodelik vir my kids. As jy wil kan ek vir jou die nodige informasie aanstuur as jy bietjie meer oor dit wil gaan lees of jy kan dit gaan google.

Jy kan my ook op facebook kontak of by [email protected]

Groete
Katinka

lettie ·

Sterkte ek dink aan jul gesin en sal saam bid. By God is alles moontlik.

Wil ook weet? ·

BAIE goeie vraag Eben Kitching, ek sal enige tyd vir ENIGIEMAND Beenmurg skenk indien ek ‘n geskikte skenker is, kan ongelukkig nie finansiëel help nie… Verder kan ons net Bid en Glo dat Hy hulle sal genees.

Katinka Roodt ·

Hi Vivian,

Inentings het niks met die SCID te doen nie, maar wel lewendige inentings is dodelik vir my kids. As jy wil kan ek vir jou die nodige informasie aanstuur as jy bietjie meer oor dit wil gaan lees of jy kan dit gaan google.

Jy kan my ook op facebook kontak of by [email protected]

Groete
Katinka

Lulu ·

Sluit aan by die Beenmurgregister. Moet beried wees om vir enige iemand as skenker op te tree. Slegs mense tussen die ouderdom van 18 en 50 kan aansluit. Dit kos tans R250 om die eerste vlak toetse te doen.

Vliegie ·

Besoek gerus die Sunflower Fund se webpage, jy kan daar ook registreer en hulle kontak jou vir die res. Ek is danksy hulle op die skenker lys

Lizette ·

Asb Heer hoor hul gebed vir fondse of nog beter volkome genesing vir Ruben en Ruan. Amen

I'm in ·

Ek sal ook skenk kan ongelukkig nie finansieel help nie. Enige tyd. waar is julle gebasseer of hoe help ek?

Mauzi ·

Die wonderlikste is hierdie ouers se geloof in ons Here. Alle eer aan Hom en ek weet Hy sal voorsien soos Sy wil. Dankie Here vir U genade,dra hierdie ouers elke oomblik in U hande,Here dankie vir als wat U alreeds voorsien het,en dankie vir wat U nog gaan voorsien het.

Mauzi ·

Die wonderlikste is hierdie ouers se geloof in ons Here. Alle eer aan Hom en ek weet Hy sal voorsien soos Sy wil. Dankie Here vir U genade,dra hierdie ouers elke oomblik in U hande,Here dankie vir als wat U alreeds voorsien het,en dankie vir wat U nog gaan voorsien .

haibo ·

kruisig my maar ek moet vra. as jou eerste kind sien is, hoe raak jy willens en wetens weer swanger? ek kan die pyn in die kinders se ogies sien. sterkte. katinka roodt ek doen nie fb ens nie, kan jy bankbesonderhede hier gee?

Karolina ·

Ok, 1: want jy mag;2: glipse gebeur; 3: wil jy my sê ek mag nie nog kinders hê omdat oudste siek is nie? 4: jy wat vra, het jy kinders? Hoeveel? Ek het 4. Weet jy hoe wonderlik is elke kind? Ek kan my nie indink hoe die lewe sonder 1 moet wees nie. Ons mag soveel kinders hê as wat ons wil. Niemand het die reg om daaroor skeef te kyk nie!

Anita van Zyl ·

Haibo – dis baie maklik vir jou om dit te vra. 1. Jy her nog nie n siek kind van jou die gehad. Ek praat nie van griep en masels nie. 2. Jy het nog nie n kind van die food afgestaan nie. 3. Die mens besluit nie self oor sy lot. Staan jy in die ouers sw skoene Dan praat ons weer. Sterkte mamma en pappa. God sal jul help. Ek het ook n kind aan die dood afgegee na 2 jaar. Ek verstaan wat jul deurmaak. Geloof hoop en liefde is jul antwoord

Natashja ·

Haibo
Ek dink jy is die mees gevoelse mens.Wie gee jou die reg hom God te speel en al het die ouers 10 Wie gee jou die reg om ouers aan te val

amanda nelson ·

Alle donasies kan gestr word aan:
Ruben@Ruan trustfonds
Rek.nr:62670013657
Fnb
Ref:jou naam/besigheid of ander
Pieter en katinka
0785888475
0739017050

Wynand ·

God kies mense soos jy om mense soos ek te inspireer. Jy is baie sterkrker as ek met my twee balkand gesonde en oor aktiewe kinders wat nie hulle seenings kan tel nie

So moeilik as wat dit is dank GOD dat jy die gekwose een is want ek was te swak

Tinktinkie ·

Om vir Haibo met lelike woorde aan te val gaan nie sy/haar sienning verander nie. Julle oordeel hom/haar….soos wat julle nie wil hê hy moet oordeel nie. Wees eerder n voorbeeld soos Linda met haar sagte maar waar woorde!!! As ware christene so optree raak ek bekommerd.
Sterkte aan d familie

Isabel ·

Vader U is die Geneesheer. U vra nie ‘n sent nie. Asb in Jesus Naam genees vir Ruben en Ruan. Maak asb die mense stil wat klippe gooi. My oudste twee is net ‘n jaat uit mekaar. Here niemand wil hulle kinders siek sien nie. Die drs en hospitale is waansinnig duur. Asb Vader. Amen.

SARIE VAN HEERDEN ·

Ek bewonder mense vir hul geloof maar daar is realiteite en 99% van baie siek mense kan nie genees nie. My man het kanker gekry en ek het my kniee eelte gebid maar die realiteit het ingeskop en die geneeshere kon hom nie red nie. Moenie mense valse hulp gee oor bid en alles sal regkom nie want DIT is wreed. Ek weet.

Kom ons help! ·

Hoeveel mense lees elke dag MM? As ons elkeen net R50 rand gee moet dit tog al bietjie help .

Zella ·

Haibo, eerstens kinders kan siek raak ongeag hul ouderdom, my seuns verskil amper 2 jaar nog klein… my jongste seun het baie siek geword…. Leukemia… so hoe se jy nou as jou kind siek word moet nie nog kry nie? dis dan ‘n geskenk van die Here af.. dis eintlik nie ‘n geskenk nie maar ‘n wonderwerk van Hom af… Waar kan ek die bank besonderhede kry?

Zebra ·

Seeker die een mees wonderbaarlike hulpmiddel vir huerdie seuntjies is borsmelk, dalk kry hulle dit reeds, maar indien nie, kom in aanraking met n Lactation Consultant, wat die mamma kan help borsmelk maak (relactate) of n skenker(s) te vind. Is daar n borsmelk bank in SA? Die produksie van borsmelk is so fantasties: as n siek babatjie aan n mamma drink, kan die mamma se liggaam erken watse kieme die babatjie het en haar liggaam kan antibodies maak en die Baba kry dit deurmekaardie die melk. Ons kan ook die Here vertrou in die wonderlike maniere wat Hy ons geskape het.

Jacomien ·

Ek is n gesonde vrou wat graag n skenker wil wees. Ek het reeds die organisasie gekontak maar dit is baie duur om n skenker te word. Ek het nie die finansies om die toetse te betaal nie. Dit maak dat ons vrywillige skenkers nie kan skenk nie – so jammer want ons kan n verskil maak .

JR ·

Ek merk my eerste kommentaar is uitgevee. Geen probleem. Mens skryf soms iets onnodig in woede (op Haibo) se stelling/vraag. Al wat ek kan se. Jou verhaal is ook geskryf voor jy gebore is. Pasop vir onnodige vrae/kommentaar. God is in beheer!
Mense, wat van ons gee soveel ons kan. Dan kan iemand Good Morning Angels van Radio Jacaranda in Pta kontak? Ekt al lang trane gehuil in motor oppad werk toe as ek luister hoe hul lewens aanraak en verander.
Groete in God se liefde
JR

Louise ·

Kan mens nie volunteer om getoets te word vir n gepaste skenking vir die seuntjie nie.
Ek weet nie hoe dit werk nie!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.