Boeties sterf in ongeluk: ‘Geen ouer moet ʼn kind begrawe’

Coetzee en Stiaan 'n paar jaar gelede. Foto: Verskaf

Coetzee en Stiaan ‘n paar jaar gelede. Foto: Verskaf

ʼn Roudiens word Donderdag vir Stiaan (16) en Coetzee (6) van der Walt gehou nadat hulle die naweek in ʼn gru-ongeluk buite Musina in Limpopo oorlede is.

Kobus van der Walt en sy twee seuns was Saterdagaand op pad terug na hul huis in Musina toe die botsing plaasgevind het. Die Nissan-dubbelkajuitbakkie waarin die pa en seuns gery het, het teen ʼn oorlaaide bakkie wat deels in die pad gestaan het, gebots.

Die oorlaaide bakkie het op ʼn blinde hoogte gestaan. Stiaan was in die wrak vasgekeer terwyl Coetzee uit die bakkie geslinger is. Hulle is ure na mekaar dood. Kobus het sy arm en verskeie ribbes gebreek. Hy het ook ʼn nekbesering opgedoen en is in die hospitaal opgeneem. Die seuns se ma, Philna, is ook later in die hospitaal opgeneem vir skok.

Ina Booyse, ʼn familievriendin, het aan Maroela Media gesê Kobus en Philna is Woensdagoggend uit die hospitaal in Polokwane ontslaan. “Hulle kom later vandag terug Musina toe. Hulle word deur familie ondersteun.”

Die Hoër Tegniese Skool (HTS) Tom Naudé, waar Stiaan ʼn gr. 10-leerder was en die Laerskool Messina, waar Coetzee ʼn gr. 1-leerder was, sluit Donderdag vroeër sodat leerders die roudiens wat by die Hervormde Kerk in Musina gehou word, kan bywoon.

HTS Tom Naudé sal om 10:30 ʼn diens by die skool hou voordat die skool om 11:00 sluit en leerders met busse na Musina geneem sal word. Laerskool Messina sal om 10:30 sluit. Dave Diener, hoof van Laerskool Messina, het aan Maroela Media gesê daar sal ook Donderdag berading aan die leerders verskaf word. “Geen ouer moet ‘n kind begrawe nie. Dis ‘n lelike ding waaruit ons iets moet leer.”

Klik hier om die vorige berig te lees.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

Gina ·

Dis waar. Kinders moet groot ouers begrawe en nie ouers kinders nie. Mense weet net hul is nou by Jesus en mag HY ook jul trane af droog in die tyd wat voorle.

Tom ·

Wat moet ons hieruit leer? Die kinders is dood agv polisie/metro watnie hul werk gedoen het en gesorg het dat daai bakkie van die pad af verwyder word, en al sy gemors met ‘n ander voertuig verwyder isnie, dat geen driehoeke of enigiets in die pad geplaas is om aankomende verkeer te waarsku daar is gevaar voor nie. Gaan die eienaar van die bakkie wat so oorlaai is ook nou aangekla word van moord?

Franscois ·

Ek lees die berig al van gister af en elke keer loop die trane, ek is so jammer vir hulle, dis baie waar, geen ouer moet kinders begrawe nie, my eie seun is 12 jaar en ek kan nie my lewe sonder hom indink nie! Inige simpatie en baie sterkte aan die mense.

Theresa ·

Ek stem saam Tom. Maar hierdie mense het nie siele nie. Hulle gee niks om vir enige iets of enige iemand nie. Hulle beweeg net aan in hul eie ou wêreldjie.
Baie sterkte vir die familie. Môre gaan bitter moeilik wees. Maar julle sterkte en vertroosting kom van Bo en julle gaan ok wees.

Se Maar Net ·

Dit is so hartseer, ek kan nie begin dink waardeer die ouers moet gaan nie.
Daar is nie woorde wat die seer gaan heel nie. Mag Vader jul nou dra, want ek weet sonder
Sy krag sal dit nie moontlik wees nie. My gebede is by julle almal.

Gert ·

Hartseer baie hartseer,maar is by ons hemelse Vader aan di famiele wees sterk ons bid vi julle.Wanneer gaan die Metro ooit doen wavoor hulle beataal word,kom by kerels dit raak erger.

arie steyn ·

ja , ek kan net se dit gaan nie maklik wees nie, ek hey my seun verloor (selfmmord) maar nou verloor julle twee op eenslag so dit moet dubbel so erg wees, al wat ek se is , mense kyk na bo dis waar die troos vandaan kom , dis nie so maklik nie , STERKTE

Winston ·

Sterkte aan die familie. Dis rou en n seer wat nooit genees nie. Mag God julle krag gee.

zelda ·

Baie sterkte vir more dit is baie hartseer om van twee kinders afskeid te neem . Kyk na Bo

MARTIN ·

Verskriklik hartseer. Waar moet daardie arme mense nou weer begin. Siestog.

Melanie ·

Ons het hierdie einste bakkie laasweek net buite Mokopane gekry waar dit gebreek het. Later die middag het die bakkie tot in die dorp gevorder. Ek en my man het nog bespiegel dat die voertuig tien teen een wag dat die verkeerspolisie van diens af gaan en onder die dekmantel van nag verder sal aankruie.

Peet Schabort ·

Melanie, ek sien ons kommentare het minute namekaar deurgegaan. Myne mag dalk die indruk skep dat dit o.a. ook na julle verwys wat nie so is. Julle het die bakkie nog gesien beweeg en kon dus niks daaraan doen. Nou se dae kan jy nie eers die oorlading rapporteer want jy weet nie hoe waai die wind. Eers as die ding in die pad gaan staan kan mens reageer.

Peet Schabort ·

Daar is nog iets hieruit te leer:
Ek en jy wat by so ‘n voertuig wat in die pad staan verbyry MOET DIT ONS WERK MAAK DIT TE RAPPORTEER.
Sodoende sal ons bewys hê en ‘n houvas op moontlike gebeure later. Mens kan net wonder hoeveel voertuie is daar verby met die houding: “dis nie ek wat in hom gaan vasry”. Wees net versigtig dat jy nie een of ander tyd wél jou beurt gaan kry.
Onthou “You won’t be the first one but you could be the next one”.
——————————————————————————————————–
Sterkte aan die ouers en fam. oor onvervangbare kinders. Ons sal nooit die Here se weë verstaan behalwe dat Hy regverdig is.

Gerri ·

Nog iemand dood wat nie n veiligheids gordel aangehad het nie. Ai hoekom gebeur dit nog steeds?

Chantall ·

Dit is verskriklik, daar kan nie ‘n seerder seer wees as om jou kinders te verloor nie. Mag ons Hemelse Vader jul vertroos in hierdie verskriklike hartseer tyd…… ek kan my nie indink hoe seer julle moet he nie. Mag God met julle wees. Bitter hartseer!!!!!!

faith ·

Sterkte aan die familie. dit is nie maklik n mens vergeet nooit nie. Het my een seun verloor deur dronkbestuurders , my kind het nie gedrink nie en was die een wat nugter was in voertuig. vyf jaar later en ek onthou dit soos gister weereens dink aan julle en sterkte vir dit wat voorle

Clarietta ·

Mense kon hou jul aanmerkings oor die veiligheids gordel vir jul self.my seun is dood 7jr terug in n motor ongeluk,hy het een aan gehad airbag het ook oop gegaan en nie sy lewe gered nie
Sterkte aan die van der walt gesin en famielie jul in my gebede glo en tyd sal genees

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.