Boeties sterf in warm kar

Argieffoto: Nico Strydom

Argieffoto: Nico Strydom

Twee boeties is Sondag in die Vrystaat dood nadat hulle saam met twee maatjies in ʼn stilstaande motor gespeel het.

Konst. Peter Kareli, polisiewoordvoerder, het gesê die Botshabelo-polisie is omstreeks 17:00 na die huis van ʼn motorwerktuigkundige in Section F van die dorp ontbied.

“Die man het die gru-vonds gemaak toe hy tuis gekom het,” het Kareli gesê. “Vier seuns, tussen die ouderdom van ses en nege jaar oud, was in ʼn motor vasgekeer wat by sy huis was vir herstelwerk. Twee van die vier seuns was reeds dood weens ʼn tekort aan suurstof en die erge hitte.”

Kareli het gesê die seuns het na bewering in die motor gespeel en hulself op ʼn manier in die motor toegesluit. Die motor kon net van buite af oopgemaak word. “Die boeties, onderskeidelik sewe en nege jaar oud, is deur paramedici op die toneel dood verklaar. Die ander twee seuns, onderskeidelik ses en agt jaar oud, ook boeties, maar van ʼn ander familie, is na ʼn nabygeleë hospitaal geneem vir behandeling.”

Die polisie doen ʼn geregtelike doodsondersoek.

Dit is die derde voorval van hierdie aard die afgelope tyd. Op 19 Januarie het ʼn ouma van Kakamas in die Noord-Kaap op die liggame van haar vyf kleinkinders in ʼn ongebruikte vrieskas afgekom. Lees meer hier. Op dieselfde dag het twee kleuters in Durban gesterf toe hulle nie uit ʼn ongebruikte motor waarin hulle gespeel het, kon uitkom nie. Lees meer hier.

Kareli het ʼn beroep op die gemeenskap gedoen om ʼn wakende oog oor kinders te hou wanneer hulle speel, veral as dit naby ongebruikte motors, vrieskaste of enigiets is wat nie van binne af oopgemaak kan word nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

22 Kommentare

DPJ ·

Paraatheid moet die wagwoord wees. Beveilig die onmiddelike omgewing waar kinders speel en wees waaksaam.
Kinders moet van kindsbeen af geleer word wat is gevaarlik en ingedril word.

m ·

Klink ma na baie onpadwaardige voertuig. Hoe kan dit net van buite af oopmaak. Hoe het die eienaar gedink as iemand van binne af moet oopmaak.

JOHNY ·

Kan sulke voertuie nie agter draad of heinings toegemaak word nie.Swembaddens word toe gemaak . Kom nou asb mense doen meer om julle kinders veilig te hou dit kos net n bietjie moeite

MartieMaer ·

Ja, kyk. Al die moeite en geld is jou kind se lewe werd! En as dit daarby kom, jou kinders se veiligheid, moet geen moeite te veel wees nie. So jammer vir die gesin. ?

Inge ·

Hoeveel keer moet dit gebeur in ons land voor die ouers of voogde of oppassers besef dat jy nie kinders in ‘n motor los nie, al is dit 5 minute? Skrik wakker mense!

Sarel Strydom ·

1) Inge, die kinders was nie in die motor gelos nie hulle het daarin gespeel. Dt help nie mens goi nou klippe na die tragedie toe nie. Ons kinders word alreeds so ingeperk a.g.v. die euwels en mense daar buite dat waar trek jy die streep. Jy moet maar net kort kort kyk of jou kinders nog reg en veilig is. Die Tragedie is, nou praat ek nie van die geval nie, dar is kinders daar buite wat alleen tuis is omdat ouers albei moet werk. Daar is gewoonlik ‘n ouer kind, maar steeds kind, wat vir sy broers/susters moet sorg en die gemaanskap yk ander pad. Nou vind so tragedie plaas en al wat die gemeenskap kan doen is om klippe te gooi.
Los die mense, laat hulle, hulle hartseer

Yvonne ·

Ek stem. Moet ons altyd oordeel. Niemand van ons was daar om presies te kan se wat gebeur het nie. Sterkte aan die families. Ek pas my twee sover dit binne my vermoe is soos goud op.

DPJ ·

Vertrou jou kinders aan die Here GOD toe en die geveg is half gevonne. Dit sê nie die ouers moet hul plig versuim nie.
Sonder die Heilige Gees en die Here se bekerming tevrgeefs vaak die ouers.

Mr P ·

Kyk hoe lyk party van die voertuie op ons paaie. Van hierdie voertuie sien nie n toetsstasie nie. Betaal n fooitjie en siedaar padwaardig. Nuwe SA.

charline janse van rensburg ·

So jammer vir daai families, ons het ook as kinders in stukkende motors gespeel watter lekker speelplek was dit nie,maar deesdae se elektriese vensters en deurslotte raak dit gevaarlik,hoop die familie kry die nodige ondersteuning en berading

Ross ·

Jy het seker nie gelees wat in di artikel saan ni. Die ouers was ni tuis ni. Hulle het in di voertuig gespeel.

Sorika ·

Mense jammer vir die stupid vraag maar is al die venster meganismes dan ook foutief of miskien gesteel? Dinge kan erger word as kinders in karre speel wat wel kan ry.

Magda ·

As die ma nie tuis was nie waar was die persoon wat verantwoordelik was o na hul om te sien

Annie ·

Ek is nou darm al redelik moeg vir ons wat so gemaklik vinger wys…as julle dink…hierdie het duidelik nie in n voorstedelik woonbuurt plaas gevind nie…die ma/pa was heel moontlik by die werk…ure weg van die huis af om die lewe vir die kinders beter te maak…dus ja…anderskleurige kindertjies…feit van die saak is steeds…n ouer..of ouers het hulle kinders verloor…waar de hel is ons medemenslikheid deesdae??? Dis tragedie op tragedie en al wat ons hier kan doen is vinger wys en vra waar was die ouers? Dalk moet ons ons seeninge begin tel en dankie sê dat ons wel ons ouers in die voorskool/naskool of in n verantwoordelike persoon se sorg kan plaas terwyl ons werk vir dinge wat ons as alledaags aanvaar…daar is ouers wat nie in hierdie posisie is nie…ongeag die velkleur…hel mense…hou op stenig en kry julle empatie/medemenslikheid terug!

Annie ·

Bedoel KINDERS nie OUERS in sorg los…vererg my sommer vir diegene wat so vining vinger wys en geen empatie het met dit wat werklik saak maak nie, klein kindertjies wat tragies gesterf het

rv ·

Maroelamedia is daar volgens my om ons op hoogte te hou en dan dankbaar en wakker. Ek wonder net elke dag hoekom is hierdie “Lewer kommentaar” opsie hier. En hoekom ek my siel hel toe stuur om dit te lees weet ek regtig nie. Daar is dierbare mensies wat opbouende opmerkings plaas maar ag dan is daar mense wat jou geestelik so afbreek dat jy sommer wil ophou asemhaal. Kan hierdie opsie nie maar verwyder word nie. Dan kan mense wat jou dag bederf net hulle self siek maak met hulle siek opmerkings

Annie ·

RV presies hoekom ek vanoggend so gal gebraak het…hier is mense wat nou wraggies net heeldag hier lees en negatiewe kommentaar plaas of eenvoudig onmenslik is met kommentaar…hier is 2 klein kindertjies dood…tragies…maar plaas van simpatiseer of ten minste te probeer empatiseer word daar byna verwyt…ek is seker ons almal besef dat nie almal kan bekostig of het die “means” om hulle kinders in kleuterskole te plaas nie…en ja…die toesig was swak…maar dis nie waaroor die artikel handel nie…dit handel oor die tragiese dood van 2 kindertjies

alida ·

Mense wil nie leer nie, Verwyder ou ys/vrieskaste en stukkende motors van jou perseel.

charmaine ·

Die ding is ons weet van hierdie ouers kan of wil nie na hulle kinders omsien nie, dis n gebrek aan verantwoordelikheid. Soos in die berig genoem dis nou al die 3de geval waar kinders versmoor in ou kar wrakke en vrieskaste. Hoeveel hoor jy klein kindertjies het n rioolpyp gespeel en verdrink, by n sekere mens is dit nie n prioriteit nie, jammer om te se en hulle raak net weer swanger.

Rudie van den Bosch ·

Ek kry skaam as ek die verwyte en teregwysings in die kommentaar lees. Is dit werklik wat ons geword het? Ek het van laerskool af alleen by die huis gebly. My pa en ma het donker busse gehaal werk toe en donker teruggekeer. Om ‘n dak oor ons koppe en mince op die tafel te verseker. Wil diegene wat so maklik gal braak, nou
vir my sê hulle was onverantwoordelik? Twak! Tel eerder jul seëninge as om seermakende kaf te gorrel!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.