Boeties terug in SA na maande op straat

Argieffoto

Argieffoto

Die twee boeties wat in Brasilië op straat gewoon het nadat hulle ma vir dwelmhandel in hegtenis geneem is, is terug in Suid-Afrika.

“Hulle het vanoggend op OR Tambo-lughawe geland,” het Lumka Oliphant, woordvoerder van die departement van maatskaplike ontwikkeling, gesê. “Wat ons weet is dat hulle hul ma Desember laas gesien het. Ons is nie seker hoe lank hulle op straat gewoon het nie. Hulle is onmiddellik na ʼn plek van veiligheid geneem nadat die Suid-Afrikaanse konsulaat van hul lot te hore gekom het.”

Die seuns se ma is in hegtenis geneem nadat sy glo tussen Brasilië en Portugal met dwelms handel gedryf het. Die seuns, sewe en 13 jaar oud, was in Sao Paolo op straat. Volgens Oliphant sal die seuns in pleegsorg geplaas word. Hulle het nie dieselfde pa nie. Die seuns se pa’s is nie Suid-Afrikaanse burgers nie. “Die ma het pleegouers voorgestel. Haar wens was dat ons die kinders na die pleegouers neem. Ons sal haar wens bewaarheid want ons sien om na die belange van die kinders.”

Oliphant het gesê die pleegouers woon in KwaZulu-Natal en dat daar ʼn assessering gedoen sal word voor die seuns in hulle sorg geplaas word. “Ons het hulle in ʼn hotel ingeboek en afhangende van hoe moeg hulle is, sal ons besluit wanneer ons hulle na die pleegouers toe stuur.”

Volgens Oliphant moet daar ʼn hofproses gevolg word om die plasing wettig te maak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

amelia ·

Sluit haar toe en gooi die sleutels weg! Hoe moes die 2 kids gevoel het in die vreemde en dit op straat?????? Ag nee man, ek glo nie eers ‘n dier sal so optree nie.

helen Mary Willemse ·

Mens hoor elke dag van Suid-Afrikaanse kinders wat in ander lande gevind word. Hoekom haal dit nie die nuus nie?

Rina Pretorius ·

Dalk kon die mamma nie werk kry nie en het dit gedoen om sodoende haar kinders te voed, ons moenie oordeel nie, ek weet van n mamma wat haar liggaam verkoop het om haar kinders te kan voed en toe sy werk kry het sy haar verkeerde wee gelos en loop nou die regte pad en het steeds haar kinders by haar, waar is die pappas dat hulle nie onderhoud betaal nie, dis altyd die mammas wat met die kinders se versorging sit. Moenie oordeel nie want ons weet nie wat die werklike waarheid agter alles is nie.

Patat ·

Is om jou liggaam te verkoop nou sowaar ‘n opsie? A nee a, man! Dit is ‘n goedkoop manier om jou kinders te versorg. En voor ek nou gestenig word, dink ‘n bietjie wyd. Mens hoef nie koerante te verkoop of karre op te pas nie. Daar is tientalle eerbare werke wat genoeg inkomste sal bied, sonder om ‘n graad agter jou naam te hê.

Nee, dwelms is ook nie een nie!

EMK ·

Rina – Ja- nee wraggies wat se dom kommentaar is dit dan nou. Sy was nie te arm om vlugkaartjies vi rhul te kry soontoe nie! Daar is ALTYD ander opsies, klop aan by Welsyne, kerk ens. Mens het keuses ja en om met verdowingsmiddels te smokkel is uiters laakbaar, diesulkes veroorsaak duisende se dood agv verslawing. Dis omdat dit mos makliker is as om te werk dat mense handel in verdowingsmiddels. Niemand wil meer WERK nie, nee hulle wil vinnig en sonder baie moeite gou geld maak.

Nina ·

Elkeen wat daai naald in hul arm druk, daai daggapyp in hul bek druk, of daai poeier in hul neusgate opsnuif, maak daai keuse SELF. Jy kan ‘n perd tot by die water lei…..

EMK ·

Nina, nee, jy moet mooi dink voor jy skryf. Hope verslaafdes het so geraak omdat smouse nuwe kliënte soek en die dwelms dan skelm in hul drankie/koeldrank gegooi is. Maar jy dwaal van die onderwerp af, ons praat nie van dwelmslawe maar van die dwelmHANDELAAR in hierdie geval wat te lui was om te werk en gou ‘n “buck” wil maak deur te smous en dan ly haar onskuldige kinders onder haar dom optrede. Plaas sy hul tuis by famielie gelos het – mens weet nie eers waardeur hulle alles moes gaan nie.Nou wou jy(jy is mos Rina ook?? of dan jy en Rina) maak of die “mamma” nou weer nie werk kon kry terwyl daar hope alternatiewe is. Bepaal jou by die onderwerp..

estelle ·

Nina jy is totally mis ingelig!! die dwelmslawe is a.g.v. van morone soos sy wat smokkel en verkoop!! “shame sy het dalk nie ‘n ander manier gehad om vir haar kinders te sorg nie” lees die berig!!! haar kinders het haar laas in desember gesien!! sit haar voor ‘n vuurpeleton!!

Drieks ·

Ek sal hoop hier in die Oos Rand is ook werk. Daar iemand na aan my wat na 3 maande se gesoek na kantoor werk ook al gedink het aan moet ek maar my liggaam gee. Onderhoud nie genoeg, mamma moet ook ‘n inkomste hé. Ek sal daar gaan help om dit te keer, maar mens beleef mense se desperaatheid. Voor ek nie op straat beland nie, sal ek nie ander oordeel nie.

Patat ·

Dan is dit tyd dat immers families leer om saam te staan en mekaar te ondersteun.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.