Boewe stroop ambulans, hou paramedici aan

(Foto: SAPD Mpumalanga)

ʼn Ambulans is Sondagaand in Belfast, Mpumalanga voorgekeer en die paramedici is gyselaar gehou deur die rowers.

Brig. Selvy Mohlala, woordvoerder van die polisie, sê die nooddienste het dieselfde dag ʼn vreemde oproep ontvang oor ʼn vrou wat in kraam was op ʼn plaas naby Belfast in Spitzkopweg. “ʼn Ambulans is na die toneel ontplooi. Die paramedici het egter om 21:30 weer ʼn oproep ontvang en die persoon het hulle versoek om hom op ʼn sekere plek te ontmoet sodat hy hulle aanwysings kan gee na die toneel. Hulle was onbewus daarvan dat dit eintlik ʼn rooftog was onder voorwendsel van ʼn noodgeval.”

Toe die ambulans by die ligging opgedaag het, het twee mans met klapmusse hulle oorval. “Hulle het die paramedici gyselaar gehou en hulle selfone gesteel voor hulle met kabelbinders vasgebind is. Die ambulans is daarna na ʼn ander toneel geneem waar nog vyf rowers by hulle aangesluit het.”

Die verdagtes het die ambulans gestroop van die ratkas, enjin, twee bande en die battery. Die geraamde waarde van die gesteelde onderdele beloop sowat R300 000. “Hierdie onderdele is in ʼn ander voertuig gelaai en die verdagtes het verbasend die paramedici se selfone teruggegee voor hulle van die toneel gevlug het.”

Die paramedici kon hul toesighouer in kennis stel en hulle is gered. ʼn Saak van roof is by Belfast-polisie aanhangig gemaak en ʼn soektog is van stapel gestuur na die vermeende rowers.

Lt.genl. Semakaleng Daphney Manamela, provinsiale polisiekommissaris, het die voorval ten sterkste veroordeel. “Ons kan nie toelaat dat só situasie weer gebeur nie. Ons sal alles in ons vermoë doen om seker te maak dat die verdagtes aan die pen ry.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Byekonfyt ·

Derde wêreld donker Afrika! My kind het ‘n passie om mense op ongelukstonele te help. So goedhartig – en dan moet ek vir haar vra: dink jy dis die regte beroep vir jou? Ek ys. Dis eintlik tragies dat ons lewenskwaliteit in hierdie land so arm is.

Stephen ·

Ons kan nie toelaat dat so iets weer gebeur nie” Dit gebeur elke dag Mnr Manamela!

Strandloper ·

Sjoe wats volgende? Ruk jou uit jou onderbroek op straat?

annie ·

Barbarisme…. is well and alive and demanding human rights. Waar trek ons. Ons het grand futuristiese selfone om die te polisie te bel wat te besig is om nou te kom help na die krisis want hul is besig om te onderhandel met ‘n skelm wat ‘n lekker ongeregistreerde gun soek vir sy volgende joppie?

Nommer 7 ·

Hou die beheer kamer dan nie boek van die ambulans se beweging nie. Om n voertuig se enjin en ratkas uit te haal neem tog meer as n paar minute.

JM ·

Skuim! Gemors! Ál waarvoor hulle deug is roof, moor en verwoes en dan het hulle die arrogansie om aam te dring op menseregte!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.