Boewe teiken glo Gautengse kerke

Argieffoto

ʼn Nuwe neiging het in dele van Gauteng, veral Johannesburg, kop uitgesteek waar boewe kerke tydens beurtkrag besteel.

Charnel Hattingh, woordvoerder van Fidelity ADT, sê daar is tussen 11 en 16 Februarie minstens drie inbrake by kerke in nabygeleë woonbuurte in Johannesburg aangemeld.

Hoewel die boosdoeners se werkwyse in al drie voorvalle soortgelyk was, is dit in hierdie stadium onduidelik of dieselfde groep boewe by al die voorvalle betrokke was, sê sy.

“Daar is verskeie musiekinstrumente en klanktoerusting tydens die drie voorvalle gebuit. In elk van die voorvalle is toegang verkry deur ʼn deur of venster oop te breek en die diefwering oop te dwing,” sê Hattingh.

“Daar is duidelik ʼn grys mark vir die musiekinstrumente, wat die probleem vererger,” sê Hattingh.

In Pretoria lyk dit of voorvalle meer opportunisties van aard is. Hier word selfone en handsakke gesteel terwyl die kerkgangers bid, gewoonlik deur ʼn man en vrou wat saamwerk. Die vrou stap oënskynlik uit die kerk met die sak, wat dit moeilik maak vir veiligheidsbeamptes om te bepaal of die sak gesteel is.

Hattingh sê die verdagtes buit ook die voortgesette beurtkrag uit en slaan dikwels in dié tye toe.

Sy sê ekstra waaksaamheid, veral wat mense se persoonlike veiligheid betref, kan help om verliese te beperk. “Bly waaksaam en moet niks aan die noodlot oorlaat nie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Eugene ·

Ek blameer die cANCer regering. Hou op om Ander lande met krag te help, Dan sal suid-afrika nie loadshedding kry nie, en Soweto en Alexandra moet vit krag Betaal Soos ons.

domheks ·

Wanneer gaan die mense leer om dit wat jy wil he – daarvoor te werk en aan te koop met swaar verdiende geld!

AmY ·

Die Groot Regter se stoel staan reg vir julle.
Is julle gereed om rekenskap te gee?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.