Boggelrugwalvis spoel by Kaapstad-hawe uit

Argieffoto (Foto: skeeze/Pixabay)

Die karkas van ʼn 10 meter lange boggelrugwalvis het suid van Swartriviermond naby Kaapstad se hawe uitgespoel, het die Stad Kaapstad Woensdag gesê.

Volgens Stad Kaapstad het die karkas Dinsdagaand uitgespoel. Die normale protokol is dat die stad die karkas sal verwyder, maar Stad Kaapstad het aangedui dat hy nie in hierdie stadium die karkas kan bereik nie.

“Ons sal die karkas bly monitor totdat dit toeganklik is om verwyder te word,” het Marian Nieuwoudt, burgemeesterskomiteelid vir ruimtelike beplanning en die omgewing, gesê. “Ons wil die publiek gerus stel dat die karkas geen risiko inhou vir die strand of strandgangers nie. Sodra die see die karkas na ʼn beter ligging skuif, waar ons toegang het tot die karkas, sal ons dit verwyder.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

PJC ·

Ek wonder hoekom kan die hawe owerheid dit nie met ń sleepboot verder af teen die kus sleep nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.