
Oudpres. Jacob Zuma in die beskuldigdebank van die hooggeregshof in Pietermaritzburg. (Foto: Sandile Ndlovu/Pool)
Dit is twee en ’n half jaar later en die staat het oënskynlik nog geen poging aangewend om die regskoste van R32 miljoen van oudpres. Jacob Zuma te verhaal soos die appèlhof hom in April 2021 gelas het nie.
Die presidensie ontken egter dat die staatsprokureur ’n “politieke opdrag” ontvang het om nié die regskoste wat hy vir Zuma se korrupsieverhore betaal het, van die oudpresident te verhaal nie.
Dit is dus onduidelik waarom daar nog geen stappe gedoen is om die miljoene rande uit Zuma te kry nie.
“Hulle het byna drie jaar gehad om dit te doen en hulle het nog boggherol gedoen,” het Glynnis Breytenbach, die DA se woordvoerder oor justisie en grondwetlike ontwikkeling, Dinsdag by navraag aan Maroela Media gesê.
Breytenbach meen die regering het geen bedoeling gehad om die geld te verhaal nie – bloot omdat dit Zuma is.
Sy wys egter daarop dat dit die staatsprokureur se werk is om die geld te verhaal.
“Dit is my en jou [as belatingbetalers se] geld. Dit is nie hulle geld nie. Hulle kan nie daarmee maak wat hulle wil nie. Hulle moet dit invorder sodat dit gebruik kan word vir ’n behoorlike doel.
“Die appèlhof het hulle aangesê om dit te doen. Indien hulle dit nie doen nie, minag hulle die hof.”
News24 het Vincent Magwenya, woordvoerder van die presidensie, Vrydag gevra of hy mense die versekering kan gee dat siviele litigasie voor Mei 2024 (wanneer die siviele eis verjaar) teen Zuma ingestel sal word om die regskoste van hom te verhaal.
“Ek kan nie kommentaar lewer oor tydlyne nie. Julle sal die staatsprokureur se kantoor moet vra,” was Magwenya se antwoord.
Magwenya het ook gesê indien die dagvaarding nie voor Mei 2024 aan Zuma beteken word om die geld terug te betaal nie, sal dit die staatsprokureur wees wat moontlik klagte van minagting sal moet hanteer en nie die presidensie nie.
Magwenya sê die appèlhof het die staatsprokureur opdrag gegee om die geld te verhaal, nie die presidensie nie.
Dit is ondanks die feit dat die staatsprokureur die presidensie as sy “kliënt” in die potensiële Zuma-regskoste-litigasie geïdentifiseer het, berig News24.
Die staats prokureur moet ook vervolg en ontslaan word
Ag almal weet mos hy gaan niks oorkom nie. Hy gaan ook nie die geld terug betaal nie. Hy moet sy huis in Dubai verkoop om dai geld terug te besorg maar almal weet dit Gaan nie gebeur nie.
Die hele spul werk saam niks sal daarvan Kom nie ek hoop hulle Kan my verkeerd bewys
Daar sal niks gebeur niks. Sommige mense sal altyd meer gelyk wees as ander.
GAAAAAAP…..GAAAAP…GAAP!!
Natuurlik Sal niks gebeur met Zuma nie,net soos met Cele:
ANC kannie KZN se stemme verloor nie!
Eenvoudig nê!
Hulle almal is kop in een mis. Wie van hulle was nou Al sover vervolg???? The plot thickens.
Ongelooflik!
Next year after the elections and the electorate have woken up?? it may be different I do hope!