Boikot Kulula en British Airways, sê SAKP

Argieffoto: cyberairlines.net

Argieffoto: cyberairlines.net

Die Suid-Afrikaanse Kommuniste Party (SAKP) het Dinsdag sy ondersteuning aan stakende Comair-werkers toegesê en sy lede versoek om die lugredery se vlugte te boikot.

“Die SAKP doen ʼn beroep op al sy lede en leiers om nie van Kulula of British Airways gebruik te maak nie,” het Alex Mashilo, woordvoerder van SAKP, gesê. “Dit sal verseker dat daar nie teen die werkers se struggle ingewerk word om te veg teen uitbuiting nie.”

Ongeveer 400 Comair-werkers, wat deur die vakbond United Association of South Africa (UASA) verteenwoordig word, het verlede Woensdag begin staak ná salarisonderhandelings vasgeval het.

Comair en UASA het vandag met vergaderings met die Kommissie vir Versoening, Bemiddeling en Arbitrasie (KVBA) begin.

Lees alle vorige berigte oor Comair op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

Irene ·

Ek stem nie saam nie hulle wil alles met geweld reg kry gaan kry eers opvoeding en gaan leer iewerste maniere net nie by univ nie

Kaspaas ·

Nog nooit gesien. Nou sal ek hulle meer as ooit ondersreun.

Janneman ·

Pasop, julle boikot julself vinnig uit n joppie uit! Hierdie rederye is in die uiters mededingende bedryf om wins te maak. Hulle ontrek vinnig as kondisies te ongunstig raak.
Hulle het nie die luuksheid van SAA om sake te doen op die belastingbetaler se rekening nie.

Veritas ·

As al die SAKP-lede die rederye gaan boikot, gaan dit geen impak op hul besigheid hê nie. Die totale ledetal van die SAKP is minder as die balletdansers op Mars.

J ·

Ja boikot hulle. Dan sê hulle tata Suid Afrika en dan sit julle sonder n job. Waar gaan julle dan n job kry?

Chivago ·

Dit gaan my verstand te bowe! Ons sit met ‘n ekonomiese krisis, daar is nie werk nie en die wat het, staak! Oormore word daar weer samesprekings gehou oor die lugredery wat moet sluit en mense hul werk verloor (soos wat met die myne gebeur) Maar sommiges is nooit tevrede nie. As jy nie gelukkig is met jou salaris nie, bedank en kry vir jou een met ‘n koninklike salaris man!

Jaque ·

Ek sal Kulula bly ondersteun. Dis onopgevoede mense sonder kultuur wat agter alles is en deelmaak van al hierdie gemors. Ons land is reeds in ‘n gemors en steeds staak die mense.

Kenny Erasmus ·

As ek die. SAKP se posisie reg verstaan is hulle lede juis onder die armstes van die armes aldus hulle posisionering oor die algemeen. Nou hoe gaan hulle “magdom” lede hierdie redery boikot? Was hierdie enigsins nuuswaardig? Moet se dankie vir iets om oor te giggel! Eish…

Paul ·

Hulle lede is definitief nie arm nie. Hulle is meestal Johnny Walker-kommuniste.

Tiger ·

Ek boikot die SAL tien maal eerder as ENIGE ander redery!Ons het juis doelbewus met Quantas na Australia en terug gevlieg ‘n paar jaar gelede en sou ons weer oorsee gaan vakansie hou /kuier sal ons dit WEER doen.

to tiger ·

Ek deel die tier se sentiment 100%. In my privaat hoedanigheid vlieg ek verseker nie met ‘n staatsorganisasie nie!

Frederik ·

Dit sal fantasties wees om Brittish Airways te vlieg as jy weet daar is geen kommunis aan boord nie. Nou kyk ek nie eers wyer nie. Boek Brittish Airways en klaar!

Gnomen ·

Lekker. Meer spasie vir my as die KFC brigade nie opdaag vir die vlug nie.

Henri ·

Dit is reg boikot hulle, gaan voort kerels doen die ding, maak dit moeilik om die besigheid in Suid Afrika te hou. Onthou egter net een ding, as hulle waai of die besigheid skaal af en vat hul broek en loop, dan is dit julle wat sonder ‘n werk sit, niemand anders nie, julle. Staak rustig voort, want more gaan jy werk soek, dit is maar die prys wat jy moet betaal. As jy gelukkig is om wel ‘n verhogingkie te kan kry, dink daaraan dat die passasier meer vir sy vliegtuig kaartjie moet betaal omdat jy ‘n salaris verhoging wou hê. Miskien wil jou familie ook gevlieg het, maar, o wee, nou is die kaartjies duurder. Ai tog die redery het alweer sy tariewe opgesit wonder waar gaan die geld heen. Dan dink jy nie daaraan dat jy die rede is dat die tariewe duurder is nie, nee dan is die redery die slegte een.

GeeCee ·

Kyk maar net na die Poskantoor en sien wat die gevolge gaan wees

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.