Boikot van Vodacom beplan oor ‘Please Call Me’-man

Panyaza Lesufi. Foto: Twitter

Die sogenaamde #PleaseCallMe-beweging dreig om Donderdag op te ruk na Vodacom se hoofkantoor in Midrand.

Die beweging is begin in ondersteuning van Nkosana Makate, die sogenaamde skepper van Vodacom se Please Call Me-diens. Makate en Vodacom is al jare lank in ʼn twis oor krediet vir die diens.

Panyaza Lesufi, LUR vir onderwys in Gauteng, is in sy persoonlike hoedanigheid deel van die beweging. Lesufi het ʼn prokureursbrief wat Vodacom aan hom gestuur het op Twitter gedeel. In die brief word Lesufi versoek om nie valse en lasterlike uitlatings te maak rakende Vodacom nie, asook nie mense aan te moedig om deel te wees van protesoptrede teen die selfoondiensverskaffer nie.

Vodacom het Lesufi gewaarsku dat strafregtelike vervolging hom in die gesig staar, sou dit plaasvind. Lesufi het egter in reaksie gesê hy sal nie geïntimideer of stilgemaak word nie.

Intussen word berig dat Vodacom gereed is om Makate te betaal vir die Please Call Me-diens. Volgens berigte het Vodacom glo vir Makate R49 miljoen aangebied. Makate het egter vroeër vandeesmaand gesê dat hy nog niks met Vodacom ooreengekom het nie.

Nkosana Makate. Foto: Facebook

“Die bedrag waarop die uitvoerende hoof besluit het, is skokkend en ʼn belediging. Ek word tans deur my regspan van raad bedien oor die regsmiddele tot my beskikking. Vodacom het nog nie om verskoning gevra vir sy veragtelike gedrag die afgelope 18 jaar soos bevind deur die konstitusionele hof nie,” het Makate gesê.

Vodacom het verlede jaar ʼn aansoek in die Pretoriase hooggeregshof ingedien om Makate te verhoed om inligting oor hul vergoedingsonderhandelings te verklap. Makate het daarna ʼn ooreenkoms met die telekommunikasiereus aangegaan dat hy nie weer met die media sal praat nie.

Die konstitusionele hof het in April 2016 beslis dat die twee partye ʼn konsensus moet bereik en onderhandel hoeveel vergoeding Makate moet ontvang.

Daar is wyd berig dat Vodacom ʼn geraamde R70 miljard deur die diens verdien het en Makate het aanvanklik 15% daarvan (R10,5 miljard) geëis.

Lesufi en ander deelnemers van die beweging het intussen ’n beroep op gewone Suid-Afrikaners gedoen om hul selfoonkontrakte met Vodacom te kanselleer en om geleenthede wat deur Vodacom geborg word, te boikot.

 

 

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

35 Kommentare

Anoniem ·

Vra ek ook, lyk vir my hy het hopeloos te veel vrye tyd. Siende dat hy dit in sy privaat hoedanigheid gaan bywoon, moet hy net onthou om verlof in te sit vir vandag……

Piet Pompies ·

Hierdie was ‘n Suid Afrikaanse uitvindsel gemaak deur ‘n lid van die publiek en voorgestel aan Vodacom wat nou nie die nodige erkenning en vergoeding wil verskaf.
Dit is bloot groot besigheid boelie wat dink hulle kan daarmee wegkom. Ons self verminder ons afhandlikheid van Vodacom agv swak diens.

Werner ·

Gaan lees bietjie weer alles hieroor. Hy was n werknemer by Vodacom en hulle het hom R49m aangebied, wat volgens my te veel is. Maar dis nie vir hom genoeg nie. Sjoe! Plus, as die Lefusi vent deel is van iets, is ek verseker daarteen.

Freud ·

Die idee was jare terug al in Duitsland gebruik. Geen nuwe uirvindsel nie.

Eddy ·

Hoekom gaan betoog Panyasa Lesufi nie liewer daar by daai nuwe spogskool wat deur sy eie mense geplunder en gevandaliseer is nie!

Andre ·

Hou in gedagte dat hulle baie hoe pryse vra en baie swak diens gee.

JM ·

Ek stem, aan die een kant voel ek dit was dalk Khan wat eerste met dit opgekom het maar Nkosana was die een wat die idee aan Vodacom gegee het.

Het hy nie sou dit Vodacom baie langer gevat het as die 7 weke wat hulle na MTN dit op die been gebring het. Ek glo ook nie die man het van MTN se idee geweet voor hy dit aan Vodacom voorgelê het nie, waar sou hy tog aan die inligting gekom het?

B ·

Ari Kahn het PCM ontwikkel toe hy vir MTN gewerk het.

Dis ook so gepatenteer.

Kasper ·

B,
Dit is ook hoe ek dit verstaan, dit was ontwikkel deur MTN. Hierdie hele ding lyk vir my na gierigheid , en niks anders nie. Ek sien hulle praat van bedrae van R70 biljoen ens. Rerig belaglik.

dejager ·

Die konstitutionele hof het al gewys hulle het ń rasse-agenda.
My simpatie is by Vodacom.

Ray ·

Lesufi, Nou vra jy vir my steun na al jou optrede oor die afgelope paar jaar wat ons kinders in gevaar stel. Dink jy doen maar net goedkoop politiek ALWEER

Bux Koegelenberg ·

As jy vir iemand werk wat jou vergoed vir jou dienste, behoort daardie werk wat jy doen and werkgewer. Dit is die werkgewer se intelektuele eindom. So met ander woorde, dit behoort aan die werkgewer. Die werkgewer kan die persoon wat dit uitvind, vergoed as hulle dit so goed dink. Hy kan nie aanspraak maak op vergoeding nie.

Theo ·

Ek voel ook dat die uitvindsel deel van Vodacom se intellektuele eiendom is.

Marius ·

Rerig Lesufi jy wil dan Afrikaans uit ons skole verwyder nou vra jy ons hulp waarvandaan kom jy,jy gaan seker ‘n gedeelte kry dit is hoekom jy betrokke raak snaaks????

benaYaHU ·

@Marius
Dink jy werklik dis vir jou, of die minderheid, waarna hy uitreik tot ‘n boikot..
Neewat, al word die term “gewone Suid Afrikaners” in die artikel gebruik, is ek byna seker dit was NIE sy gedagtegang nie.. nes sy president word jy nie gereken as “our people” nie.
Shalom!

SjN ·

Lesufi, jy druk jou neus ook orals in, doen eerder jou werk waarvoor jy n reuse salaris ontvang. Hoop Vodacom wys jou n punt.

Giel ·

Kom ons begin ‘n lysie van positiewes wat die betogers en boikotters tot die land bygedra het:
1. ?
2. ?
3.?
Ek kan aan niks verder dink nie.

benaYaHU ·

@H.A.
Ek vermoed jy lees dalk sonder begrip? Waar nog mag jy dalk verkeerde afleidings van maak indien jy meer kere lees sonder begrip? Ek lees ‘n geraamde 10.5 (skynbaar 15% van 70) en nie 70.

Verder is dit my opinie (nes die hoofstroom-media maar doen) dat die artikel eintlik van die primere boodskap afwyk deur ‘honourable’ Lesufi se naam & foto by hierdie saak in te bring; die feit bly staan dat Vodacom skynbaar in gebreke bly om te betaal vir dienste gelewer.

Alex ·

@benaYaHu
Ons lees meer as net hierdie berig. Gaan lees gerus ander berigte oor die R70m wat geeis word. Lesufi het homself by hierdie saak betrek, dit is die primere boodskap in die berig.

Stormrider ·

Interessant. Ek wonder of ek ook ‘n paar Rand kan kry by die bankinstelling waar ek nuwe innoverende produkte moes help uitdink…..
R49m vir ‘n goeie idee toe jy ‘n werknemer was? Hoeveel is die idee nou regtig werd? Ai tog…..

ANONIEM ·

Duidelik is Lesufi in die verkeerde beroep kan nie eers die probleme by die skole uit sorteer nie hier gaan dit oor die note wat hy sien sekerlik gaan hy deel daar in die gierigheid ai.

Ray ·

Ek wonder of hulle David Hasselhoff gaan betaal vir die GPS wat klink soos KITT in Knight Rider

LOL ·

Die kanse om ‘n selfoonmaatskappy suksesvol te boikot is net so swak soos die naaste shebeen/drankwinkel se boikot–mense kan nie daarsonder leef nie.

Alida Swart ·

So vra ek myself ook af! Wat de hel het Lesufi met Vodacom uit te waai? In plaas daarvan moet hy hom by sy departement bepaal waar duisende kinders nog nie plek in skole het nie en sy departement nog agter is met honderde skole wat gebou moes word! Hoe ver gaan hy nog gaan om kinders te benadeel alvirens hy voor stok gekry gaan word????? Waarom kry hy nie stakers daarvoor nie ???? Hy is ‘n REGTE hanswors !

Gert van Wierdapark ·

Lyk my Lesufi wil nie n les leer om nie te help krap waar dit nie jeuk nie. Miskien sal streepsuiker help!

@stormrider ·

Die 1c wat dit jou kos om n gerekenaariseerde boodskap te stuur. Ek voel VC het sy salaris betaal… Is dit dan nie genoeg nie?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.