Bojanala-munisipaliteit het stééds nie geld vir salarisse

Die Bojanala Platinum-distriksmunisipaliteit spook vandeesmaand wéér om sy werkers te betaal. (Argieffoto: pixabay)

Die Bojanala Platinum-distriksmunisipaliteit in Noordwes spartel vir ʼn tweede agtereenvolgende maand om werkers se salarisse te betaal.

Archie Babeile, munisipale woordvoerder, het gesê daar is reeds begin met die proses om geld by die nasionale tesourie te kry.

“Die munisipaliteit is vol vertroue dat die saak dringende aandag by die tesourie geniet. Ons versoek het reeds die kantoor bereik en word verwerk,” het hy gesê.

“Die tweede opsie is ʼn aansoek vir ʼn oortrekkingsfasiliteit van R50 miljoen by ʼn plaaslike bank. Die nodige dokumente word verwerk om aan die bepalings vir goedkeuring te voldoen. Die prosesse geskied samelopend en is geprioritiseer om te verseker dat werkers se salarisse so gou moontlik betaal kan word.”

Die munisipaliteit kon sy werkers ook nie verlede maand hul salarisse betaal nie.

Die munisipale bestuurder, Pogiso Shikwane, en die finansiële beampte, Olga Ndlovu, is reeds geskors vir hul beweerde aandeel in die munisipaliteit se finansiële verknorsing.

Babeile het gesê die munisipaliteit verwelkom die betrokkenheid van die waarnemende munisipale bestuurder, Desiree Tlhoaele, en finansiële hoof, Morena Mofokeng. Die provinsie het die twee by die munisipaliteit ontplooi.

“Die hoogste prioriteit is om te verseker dat werkers se salarisse vir September en Oktober as ʼn saak van dringendheid verwerk word.”

Die munisipaliteit het in Julie vanjaar ook versuim om salarisse betyds te betaal toe die munisipaliteit nie sy regmatige aandeel van die nasionale tesourie ontvang het nie.

Maroela Media het die afgelope week ook berig Paultjie Hendriks, ʼn DA-raadslid in Noordwes, het strafregtelike aanklagte van aanranding en ontvoering aanhangig gemaak teen beamptes van die Bojanala Platinum-distriksmunisipaliteit. Hy is aangerand nadat hy die raadsaal probeer verlaat het.

Twee van sy vingers, sy elmboog en van sy ribbes is gebreek. Hy is drie ure lank gyselaar gehou toe stakers geweier het om hom te laat gaan én geweier het om ʼn ambulans te ontbied sodat hy mediese behandeling kan ontvang.

Die DA het gesê hy het begrip vir die frustrasie van beamptes wat nie hul salarisse ontvang het nie weens wanbestuur van finansies by die munisipaliteit, maar dit is onaanvaarbaar dat raadslede fisiek aangerand word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

19 Kommentare

Markus ·

Dit is goed so hoe gouer die plek in as vergaan hoe gouer kan ons vir n onafhanklike tuisland onderhandel nou betaal ons net en het geen sê in ons hede en toekoms.

Dolf ·

Net jammer die VF+ en hul vrinne is maar laks om die proses te begin. Reken mos Afrikaners kan selfbestuur toepas in die chaos.

Koos de Meyer. ·

Waar het jy gesien hulle kan met geld werk. Geld mors ja dit kan goed gedoen word. Aan die anderkant ons betaal mos nie vir dienste nie.

JJ ·

Die struggle is 25 jaar terug verby, maar wanneer dit kom by opbou en onderhou dan weet ons nie hoe nie.
Zim het dieselfde probleem gehad.

Anni ·

Dis chaos hier in Rustenburg mense, julle verstaan nie!!! Al hoe RLM gered gaan word is om hom in die lug in op te blaas, die rommel weg te ry, en letterlik van scratch af te begin.

Suzette ·

@Anni – jy is so reg want glo my nie eers n donkie bly sy kop stamp teen selde klip nie, maar vir 25 jaar stroom hulle ANC stembusse toe en stem wragtig weer dieselfde EISH

Feite ·

Geen rede oor hoekom daar toegelaat word dat werkers se geld verduister word is n goed genoeg rede en verskoning om nie n pakslae op die lyf te loop nie. Mense se geduld is lankal al verby die punt van waar daar van mense verwag kan word om wetsgehoorsaam te moet optree terwyl niks daadwerkliks gedoen word en realiseer wat probleme oplos nie. Volgende maand herhaal dieselfde probleme dit self weer en dit hou net nie op nie. Dit raak erger, want niemand word ooit aanspreeklik gehou vir die skade en trauma wat veroorsaak word nie. Mense gaan dus toenemend minder verdraagsaam optree en die reg in eie hande begin neem en niemand kan hulle daarvoor verkwalik nie. Indien jy werklik onskuldig is en nie aandadig is nie, bly dan uit die pad van die gegriefdes!

Dries ·

Ja ou feite maar as daar gestem word gaan kyk vir wie stem hulle jy gaan en sal hulle nooit verander nie omtrent negentig pers van die ANC het nie eers graad een klaar gemaak nie die land is siek verby

Kon nie nuwe voertuie bekostig nie. ·

Hier is meer nuwe stadsraadvoertuie as wat hier parkeerplek in die dorp is. Kom kyk. Dis n groot grap. Wie se kop het so gewerk. Ugh!

Amanda ·

Maak die Munisipaliteite toe, hulle doen in elke geval niks. Betaal net vir dienste wat nie gelewer word nie en intussen bly die burgemeester in n paleis. Sien sommer kostes wat oornag by jou rekening kom en dan word daar gese dit is vir instandhouding,,,,,,watse instandhouding?
Sal direk aan Eskom krag betaal, en dink Eskom sal verlig wees.

Bert ·

Is al die werkers se munisipale rekenings op datum vir die tyd toe hulle wel hul salarisse gekry het??
Of is dit weer ‘n geval van ‘ons betaal nie maar demand om self betaal te word’?

Leon ·

Nou waar de hoenders is Bojanala. Nog nooit van hom gehoor nie.

dave ·

koop nog huise en kare ons petaal mos vir alles skelm guit dis hoekom dis hoekom hulle is waar hulle nou is want hulle swipe mos daai kaart lat hy smelt

Chris Ws ·

Kla die munisipale bestuurder en finansiele beampte wat geskors is aan vir bedrog/diefstal en versuim van uitvoering van hul pligte.laat hulle in die hof verduidelik waar is die geld heen.Rustenburg se munisipaliteit was die rykste in Noordwes met die anc oorname in 1994 maar is daarna stelselmatig en doelgerig geplunder tot hy nou bankrot is.Iemand MOET voor die hof gedaag word om te verduidelik.

Susan ·

Leon, Bojanala sluit in Madibeng/Brits en Rustenburg mislikepaliteite!! Ons dorp is vuil, paaie vol gate en stinkend en verstop!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.