Bojanala Platinum-distriksmunisipaliteit vat Rustenburg-geld

Munisipale werkers van die Bojanala Platinum-distriksmunisipaliteit betoog in Julie vanjaar nadat hulle nie hul salarisse betyds ontvang het nie. (Foto: ANA)

Die bestuur van die Bojanala Platinum-distriksmunisipaliteit in Noordwes sal na verwagting vandag voor die provinsiale parlement se staande komitee oor openbare rekeninge verskyn om verantwoording te doen vir die munisipaliteit se beweerde finansiële wanbestuur.

Dít volg nadat die bestuur nie daarin kon slaag om verlede maand sy werknemers se salarisse betyds te betaal nie. Ontstoke werknemers het daarna munisipale kantore aan die brand gesteek.

Die munisipaliteit het in Julie vanjaar ook versuim om salarisse betyds te betaal toe die munisipaliteit nie sy regmatige aandeel van die nasionale tesourie ontvang het nie.

Die Suid-Afrikaanse Nasionale Burgerlike Organisasie (Sanco) vra nou dat daar opgetree moet word teen diegene wat verantwoordelik is vir finansiële onreëlmatighede by die munisipaliteit.

Daar is gevolglik kennisgewings aan Pogiso Shikwanem, bestuurder van die munisipaliteit, en Olga Ndlovu, finansiële hoof van die munisipaliteit, uitgereik om voldoende redes te verskaf waarom hulle nie geskors moet word nie nadat hulle na bewering geld wat vir die Rustenburg-munisipaliteit bedoel is, verkeerdelik aangewend het.

“Terwyl die provinsiale regering beslissend opgetree het deur opvolgbestuur teen die munisipale bestuurder en die hoof- finansiële beampte te eis, het die politieke leierskap verantwoordelik vir toesig nie daarin geslaag om hierdie amptenare aanspreeklik te hou nie. Dit het byna gelei tot die ineenstorting van die munisipaliteit,” sê Paul Sebegoe, provinsiale voorsitter van Sanco.

Sebegoe voer aan dat die dringende ontplooiing van nuwe politieke leierskap die munisipaliteit se finansiële posisie sal versterk.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Irene ·

Kom net voor niks gebeur nie net nog a stuk ander nuus gewoond daaraan

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.