Bok en Hannah trou stilletjies

Bok van Blerk en Hannah Grobler. Foto: Facebook

Bok van Blerk en Hannah Grobler. Foto: Facebook

Die Gautengers Bok van Blerk en sy jarelange meisie, die aktrise Hanna Grobler, het Saterdag stilletjies die knoop in Hoedspruit, Limpopo, deurgehaak.

“Dit was ʼn groot geheim om die afgelope ses maande stil te hou,” het een van die uitgesoekte gaste wat by die troue was, Maandag aan Maroela Media gesê. “Daar was geen media en fotograwe nie. Hulle wou dit so gehad het,” het die bron gesê.

Hanna het die geheim op Twitter uitgelap: “#MevrouPepler” is al wat sy geskryf het.

Intussen stroom gelukwense uit alle oorde vir die nuwe egpaar op Facebook en Twitter in. Steve Hofmeyr, Kurt Darren se vrou, Dunay, Karlien van Jaarsveld en Ricus Nel is van die bekendes wat hulle geluk gewens het.

Nel het die seremonie op Twitter beskryf: “Die lekkerste troue ooit!! Warra night!”

Mozi Records, Bok se bestuurder, was nie dadelik vir kommentaar beskikbaar nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

annieka ·

Baie gelyk julle 2tjies mag God julle ryklik seen Tinus Annieka en die kidz

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.