Bok-kaptein hang stewels op

Adriaan Strauss (Foto: SA Rugby)

Adriaan Strauss (Foto: SA Rugby)

Adriaan Strauss, kaptein van die Springbokke, het Donderdag aankondig hy tree aan die einde van die 2016-seisoen uit toetsrugby.

Strauss het in ʼn verklaring gesê hy beplan sedert laat in 2015 sy uittrede en het Allister Coetzee, die Springbokke se afrigter, tydens sy aanstelling aan die begin van die jaar daaroor ingelig.

“Ek het altyd die druk en uitdagings aanvaar om vir die Springbokke te speel en kaptein te wees. Ek voel dit is die regte tyd om my spanmaats en ondersteuners in te lig van my besluit, sodat voldoende planne gemaak kan word,” het hy gesê.

Lees meer hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

19 Kommentare

Goed so ·

Goeie besluit! Nuwe era, nuwe bloed en verseker nuwe denke! Hy was/is ‘n goeie speler, maar dink ook hy wil nie in ‘n “John Smit” situasie beland nie. Marx en kie is ons beter keuse en môre se helde! Welgedaan Kaptein Strauss… Niks is groter as die groen en goud

Kobus ·

Ons sal die werklike rede in sy boek wat hy eendag sal skryf lees.

Kobus ·

Dan moet ek byvoeg, na die week se nuus oor Gordhan, die SAL, Danel, Eskom, die Haardosse, jy noem dit, AB Protea kaptein wat onthul het hy die vorige nag nie kon slaap nie, waaroor sal ons nog verras wees?

Uiteindelik het die ANC ons waar hulle ons wil hê. O’ja die laaste kom nog, maar dit weet ons al, rommelstatus.

En die Rand wat val. (Ek dink as die grafiek styg, dan dink die ANC dis die waarde van die rand wat so optel.)

Marianne ·

Ek gaan jou ms Strausie!!! Jy is ‘n speler 1000.
Sterkte op jou pad voorentoe. Wat jy ookal gaan aanpak sal ‘n suksesvol wending wees.

Lance ·

Kan mens die man verkwalik …jy doen die regte dink …kom net daar weg asap

Gys ·

Wat my verstand te bowe gaan, is hoe Alistair Coetzee dan vir Strauss kaptein gemaak het as vooraf geweet het dat Strauss net tot die einde van die jaar gaan speel. Sou dit dan nie meer sin gemaak het om dan maar liewer ‘n jong opkomende kaptein te kies wat die span tot en met die volgende wereldbeker kan aanvoer nie?

Kobus ·

Gys, ek stem. Ek sien hy sê in ‘n ander berig, elders, dat hy net ‘n ‘oorgangskaptein’ was. Het jy al van ‘n ‘oorgangskaptein’ gehoor?

Klong ·

Jy is reg Gys,kyk maar sy span keuse
Ek dink hy hey plank brille op

Neewat ·

Onder die huidige omstandighede, die regte ding. Niks gaan beter word nie.

anita ·

Goeie besluit hy is nie die beste nie. Hoop nie hy trek n blou bul op ons rugby soos Matfield nie. Gaan kom gaan kom.

REAList ·

Dankie tog.
Sal bly wees as ‘n paar ander ook aftree…

Klong ·

Stem saam hy ploeter nog voort met van Jake White se ou kalwers
Hier is so baie talent in SA bou n nuwe span met nuwe spel styl

TM ·

Sal hom nie mis nie. Het nie juis ‘n impak gemaak die laaste tyd nie.

Pietman ·

Baie goeie speler. Goeie besluit. Verlaat die sinkende skip.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.