Adriaan Strauss, kaptein van die Springbokke, het Donderdag aankondig hy tree aan die einde van die 2016-seisoen uit toetsrugby.
Strauss het in ʼn verklaring gesê hy beplan sedert laat in 2015 sy uittrede en het Allister Coetzee, die Springbokke se afrigter, tydens sy aanstelling aan die begin van die jaar daaroor ingelig.
“Ek het altyd die druk en uitdagings aanvaar om vir die Springbokke te speel en kaptein te wees. Ek voel dit is die regte tyd om my spanmaats en ondersteuners in te lig van my besluit, sodat voldoende planne gemaak kan word,” het hy gesê.
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
19 Kommentare
Goeie besluit! Nuwe era, nuwe bloed en verseker nuwe denke! Hy was/is ‘n goeie speler, maar dink ook hy wil nie in ‘n “John Smit” situasie beland nie. Marx en kie is ons beter keuse en môre se helde! Welgedaan Kaptein Strauss… Niks is groter as die groen en goud
Goeie besluit.
Ons sal die werklike rede in sy boek wat hy eendag sal skryf lees.
Ek gaan jou ms Strausie!!! Jy is ‘n speler 1000.
Sterkte op jou pad voorentoe. Wat jy ookal gaan aanpak sal ‘n suksesvol wending wees.
Kan mens die man verkwalik …jy doen die regte dink …kom net daar weg asap