Bok-ondersteuners só opgewonde, Amerikaanse polisie daag op

Martin Ross en sy vriende het die Wêreldbeker-finaal in Amerika gekyk. (Foto: Facebook)

Suid-Afrikaanse emigrante in die VSA was só opgewonde toe die Bokke Saterdag wen dat die polisie hulle amper in hegtenis geneem het. Só berig die webtuiste SA People Sondag.

Brett Wright, oorspronklik van Kaapstad, het ʼn video op Facebook geplaas van hoe die polisie van Coconut Creek, Florida, gisternag aan hul deur kom klop het nadat hy en vier ander Suid-Afrikaners ʼn bietjie luidrugtig geraak het tydens die Springbokke se eindstryd teen Engeland.

In die video kan gesien word hoe die polisie aan sy deur klop en iemand met ʼn Springbok-rugbytrui die deur oopmaak en aan die polisie verduidelik wat aangaan. Die polisie is duidelik tevrede met die verduideliking en verlaat die huis ʼn paar minute later.

“ʼn Ander hoogtepunt van ons (Suid-Afrika) wat die Wêreldbeker gewen het, is dat die polisie om 06:50 (Saterdagoggend) by ons deur opgedaag het, vyf minute voor die einde van die wedstryd. Dankie, Coconut Creek-polisie, dat julle so fantasties is,” het Wright geskryf.

Martin Ross, nóg ʼn Suid-Afrikaanse emigrant wat saam met Wright na die wedstryd gekyk het, het ook op Facebook geskryf, “Wêreldbeker-kampioene! Ons het seker ʼn bietjie te veel geraas gemaak 05:00 die oggend, want die polisie het opgedaag om te kyk of hulle iemand moet arresteer!”

Gelukkig was die polisie baie verdraagsaam toe hulle sien dit is net ʼn paar Springbok-ondersteuners wat geraas maak en niks meer ernstig nie.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

27 Kommentare

Franna ·

My bure ook by die deur uitgeloer om te sien wat aangaan. Ken seker nie rugby nie

Anoniem ·

Ek hou van sulke ‘cool’ Polisie-manne wat op hulle voete kan dink ! Go Bokke Go Dankie dat Julle daar vér ons VREUGDE deel !

KOOS ·

Lekker gelag nou! Ja, leer hulle vani BOKKE en rugby! GO BOKKE GO

Jerry B ·

Nice van die polisie, waar hulle nog hulle werk doen, met insig kan dink en wet en orde kan toepas.

Ounooi ·

Snip dink jy sy is dalk die buurvrou. The lady doth protest toooo much????????????

Bianka ·

OMW, vrou jy is nou wat mens n ou suurknol noem. Shame moet erg wees om vreugdeloos deur die lewe te gaan. Mag jy binnekort liefde en vrede in jou hart en siel ervaar. Dán sal jy die lewe wat vir jou gegee is begin waardeer en werklik voluit lewe. Glimlag en lag meer. Beterskap vir jou.

Tuki ·

In Noord America kan jy nie eens hard praat, almal is so behep met hul privaatheid. Ek miss my land en sy mense. SA;s is tops……ons is net, opregte mense. Baie geluk Bokke en groete vir al die SA’s……

bokke ·

Dankie Tuki. Daar het die suurknolle dit nou eerstehands. Home is where the heart is, ons waardeer te min en moan te veel hier in SA. Ek het ook in verskeie lande gebly, SA is ‘n lekker (die lekkerste) land.

Christa ·

Ja Louise EK stem saam. Mans Kan maar net nie Groot word nie. Rugby het vir Baie mense n god geword. Sal mense so tekere Gaan vir die Groot Verlosser?

Vryhand ·

Christa en louise..dan het julle nie ons klomp vrouens gehoor skree nie..duidelik is julle verveeld tydens rugby ..gaan sit en brei dan iewers in n klank digte kamer as julle nie wil rugby kyk nie..MOOI BOKKE..ONS IS TROTS OP JULLE

Muffin ·

Ag Louise dit wil voorkom jy is n Amerikaner. Glo jy ondersteun nie die bokke nie.

Amber ·

Hier in die Paarl, het tot die dominee die kerkklok gelui in die hoofstraat. Hier was heelnag fees gevier. Bokke go!!!!!!!

Antoon ·

Hugo call the Police…..the neighbours are Bok supporters!!!!

Bokke julle is champs!

SjN ·

Gelukkig kan die polisie net daar die klag aanhoor, luister, dink en hul oordeel besluit vanself toepas. Dankie dit is hoe dit werk.

Emsie Mc Killop ·

Jy moet dalk meer uitkom! Jy kan jou sterre dank jy is nie my buurvrou nie

Ruan Janse van Rensburg ·

Ek het n buurvrou wat kla oor als. My hond eet te hard my papegaai gesels te hard. As ek my kar met high pressure cleaner skoonmaak beloer sy my oor die muur. Maar saterdag 11:00 was dit payback. 80min se geskreeu en dit het nie gestop daar nie ek was so op n high dat ek dit weer moes kyk met die selfde skreeu ek het daarna trug gegaan na 1995 en weer geskreeu en toe na 2007 en weer geskreeu. Ek hoop sy is ok want ek het nie n piep van haar gehoor nie. Bokke bo

Scalla ·

Ruan, ek vermoed jy was dalk onder die prop want sy het saam met jou geskreeu.

Wrssel ·

Weet nie waar Johan De Jonge is nie…. Maar lyk my ons het sy vrou gevind

Ann ·

Jy kan bly wees jy het nie vir ons as bure nie, dink jy sou doof gewees het. Was die enigste wedstryd wat ek gekyk het. Het jy nie kinders nie? Die MA’s skreeu harder langs die baan as die pa’s. So klim af van jou boksie af.

@Maria ·

ha,ha,ha laaste paar minute my hart amper gaan staan ek en my pa so geskree dat die huis se dat glo sal lig. fanansie !

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.