Bok van Blerk en Hanna Grobler verloor hul baba

Bok van Blerk en Hanna Grobler Foto: Esté Meyer Jansen, Maroela Media

Bok van Blerk en Hanna Grobler Foto: Esté Meyer Jansen, Maroela Media

Die sanger Bok van Blerk en sy vrou, Hanna Grobler, het hul babaseuntjie verloor.

Jenny Griesel, Van Blerk se agent, het Maandagoggend aan Maroela Media die hartseer nuus bevestig dat die seuntjie doodgebore is. Sy wou nie bekendmaak wanneer dit gebeur het nie, maar het gesê die oorsaak van die stilgeboorte is nie in hierdie stadium bekend nie.

“Dit is ʼn ongelooflik moeilike tyd vir hulle en hulle vra dat hul privaatheid in hierdie tyd gerespekteer word,” het Griesel gesê. Die egpaar het hul eersteling in Junie verwag.

Die nuus van Grobler se swangerskap het eers in Februarie vanjaar bekend geword. Die paartjie wat bekend is daarvoor dat hulle verkies om uit die media-kollig te bly, is in Maart verlede jaar stil-stil getroud.

Grobler, ’n aktrise, is ook die hoof- uitvoerende beampte van die Hanna Charity and Empowerment Foundation, ʼn liefdadigheidsorganisasie wat hom toespits op die bekamping van armoede.

Van Blerk se regte naam is Louis Pepler.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

20 Kommentare

mandie ·

Jammer om te hoor van jul verlies. Julle is in ons gebede. Baie sterke aan jul albei

NL ·

Hanna en Bok… Woorde is nie genoeg vir vertroosting nie, en wat julle nou deur gaan is alles tussen woede, en seer maar ek wil he julle moet weet ek bid saam met julle hierdeur, en dat God julle hierdeur sal dra. Sterkte julle twee!

Dis so hartseer, dat twee sulke ongelooflike mense wat so opreg lief is vir mekaar deur so iets moet gaan!

As ek kon sou ek elkeen van julle ‘n drukkie wou gee, ai, STERKTE!

Juanita ·

Dis baie slegte nuus, my hart gaan uit vir Hanna en Bok. Mag die Here julle dra in die moeilike tyd. Baie sterkte.

Theresa ·

Dis nou baie hartseer nuus. Ai wat kan mens sê. Baie sterkte vir julle twee. Ondersteun en wees daar vir mekaar. Dis vir albei baie erg.

Tanya Bezuidenhout ·

Dis verskriklik hartseer so jammer vir julle verlies. Hou julle in my gebede sterkte aan julle en die familie xxx

Peet Schabort ·

Bok en Hanna, ek en my vrou weet hoe julle voel. Mens kom daar oor, wel, soort van. Sterkte word julle toegebid.

petro ·

Baie sterkte aan julle dit kan nie maklik wees nie… ek vra dat God julle sal dra deur die moeilike tyd, dis nie maklik nie

Magda ·

So jammer oor julle groot verlies. Ons dra julle op in ons gebede

Elza ·

Bok en Hanna is nie in die geheim getroud nie wel stil-stil. Dis was wel op fb en in die Media. Nie almal wil altyd hulle hele lewe in besondehede op in openbaar he nie. Hanna doen wondelike werk met haar stigting. So jammer dat hierdie wonderlike vrou nou deur hierdie groot hartseer moet gaan.

Lukas Engelbrecht ·

Bok en Hanna

Die son het opgegaan
Toe ons hoor van jou bestaan
Met liefde het ons gewag
Wanneer ons aan jou dink

Maar die son het onder gegaan
En ons lewens het gaan staan
Toe jou lag in die verte verdwyn
En ons met ‘n traan aan jou dink

Al ons liefde waar jy jou bevind

alta ·

Dis ‘n baie hartseer situasie. Ons dink aan julle in die donker tyd. Hou vas aan mekaar en vertrou op ons Goeie Getroue Vader. Hy sal jul deur die tyd help.

Ellen Schoeman ·

Baie jammer om te hoor van julle verlies. Mag julle vrede vind in die Almagtige Vader.

Louis van Niekerk ·

Ons bid dat die troos van onse Hemelse Vader julle sal aanraak. Alle sterkte

Ronelle ·

Ons dink aan jle in die moeilike tyd,hou vas aan jle Geloof en ons Hemelse Vader…

Willma Gerber ·

Bok en Hanna ek weet waardeur julle gaan. Het 42 jaar gelede presies dieselfde op dieselfde ouderdom deurgegaan. Dit neem jare om dit verwerk te kry, maar dit gebeur tog met die tyd, maar ek verseker julle dat julle nooit sal vergeet nie. Ons baba was toevallig ook `n seuntjie wat op 8 maande gebore is. Ek bid baie vir julle. Sterkte en alles wat goed is in die toekoms.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.