Bokdiefstalsindikaat in Noordwes oopgevlek

boerbok

Argieffoto

ʼn 42-jarige vrou en haar 31-jarige broer, wat vermoedelik deel is van ʼn sindikaat wat bokke steel en verkoop, is in Ledig naby Rustenburg, Noordwes, in hegtenis geneem.

“Die polisie het ʼn bokkarkas, -vleis, en dagga van 6.1 kg, met ʼn geraamde straatwaarde van R3 000, in hul besit gevind,” het sers. Kealeboga Molale, ʼn polisiewoordvoerder, Maandag gesê. “Die twee is vermoedelik deel van ʼn sindikaat wat bokke in Noordwes steel en verkoop. Minstens 357 bokke is oor die afgelope drie maande uit gebiede om Mogwase en Madikwe gesteel.”

Die twee gaan na verwagting Maandag in die Mogwase-landdroshof verskyn.

Hulle word aangekla van die besit van vermeende  gesteelde goedere en die besit van dagga.

“Die ondersoek duur voort, en meer inhegtenisnemings word verwag,” het Molale bygevoeg. -SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.