Bokhelde dan tuis; landwye toer beplan

Foto: (Tsuyoshi Ueda/Kyodo News via AP)

Suid-Afrika se Wêreldbeker-kampioene sal van Dinsdag af in die land aankom voor daar met ʼn landwye kampioenetoer afgeskop word.

Rassie Erasmus, Springbok-afrigter en direkteur van rugby, kaptein Siya Kolisi en onderkaptein Handré Pollard sal van die eerste groep Springbokke wees om van Japan na Suid-Afrika terug te keer. Die eerste vlugte sal na verwagting tussen 16:30 en 16:45 by die Internasionale Lughawe OR Tambo in Johannesburg aankom.

Van die ander vlugte sal later die aand en Woensdag in Johannesburg aankom voor daar Donderdag met ʼn landwye kampioenetoer afgeskop word.

Die Springbokke sal Donderdag ʼn draai in Pretoria, Johannesburg en Soweto maak. Vrydag kom Durban aan die beurt en Saterdag sal mense in Oos-Londen die geleentheid kry om hul Bokhelde te sien.

Sondag word daar in Port Elizabeth gekuier voor die toer Maandag in Kaapstad afgesluit word. Die presiese plekke en tye sal later bevestig word.

Die Bokke is Sondag met ʼn rits pryse by die Wêreldrugby-toekenningsgeleentheid bekroon.

Die prysgeleentheid het Sondagaand in Tokio, Japan, plaasgevind, ʼn dag nadat die Springbokke vir ʼn derde keer die Webb Ellis-trofee verower het toe hulle Engeland in die eindstryd met 32-12 verslaan het.

Tydens die geselligheid het Erasmus die toekenning vir afrigter van die jaar ontvang. Pieter-Steph du Toit, Springbok-flank, is aangewys as die rugbyspeler van die jaar, met sy meer as 50 duikslae tydens die toernooi. Hy is soms beskryf as die “hart en siel van die Bokke se enjinkamer”.

Die Springbokke is ook as Wêreldrugby se span van die jaar aangewys. Erasmus het Saterdag ná die wedstryd gesê die Bokke se doelwit was om weer vir Suid-Afrikaners hoop te gee.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

47 Kommentare

pieter ·

Hoekom net die stede besoek seke van die grootste ondersteuners is in die plateland wat wat sou gee om die bokke te sien kinders grootmense oud en jonk almal sal dit waardeer het dis elke keer net in stede

Kokkie ·

Uitstekend, Sakkie ! Langebaan is ‘n MOET. Dan moet Eben weer vir Trevor so ‘n lang en innige soen op sy kop gee en van die ander spanmaats met ‘n waterpistooltjie ‘dreig’ en oor die kop slaan. Dan’s die Kaap weer Hollands en die Universiteit van Stellenbosch weer Afrikaans.

JohanL ·

Sakkie jou skerp man. Ja, dan moet Eben die trofee alleen die hele tyd omhoog hou daar.

Henk ·

Landwye toer? Die Laeveld in Mpumalanga is nie op die lys nie. Limpopo is nie daar nie. Wat is landwyd? Het net die mense in groot stede vir die Bokke geskree?

Kiewiet ·

Soos gewoonlik word die VRYSTAAT ook nie besoek nie. Dis waar Rassie sy rugby geleer het. Rugby gespeel het en in Springbok geword het. Asook afgerig het. En dan vergeet hy van die Vrystaat.

Heleen Botha ·

Ja soos altyd word die provinsie hier reg in die middel geignoreer!!! Vrystaat tel mos vir niks.

naomi ·

Ja-nee, die Vrystaat is seker te ver…of te plat…of te droog. Dis ‘n klap in die Vrystaat se gesig dat hulle nie eens ten minste Bloem toe gaan nie.

Speedguard ·

Dit is beslis nie Rassie wat besluit nie, dit is SARU, dink jy werklik Rassie sal die Vrystaat in die steek laat……………jy behoort hom seker beter as dit te ken ….sy karakter spreek vanself…….ek sal self daarvan hou as hulle na Sannieshof toe kan kom !!

Pieter ·

Landwye toer ? Onthou daar is al klaar mense wat hulle lippe aflek om daai goue koppie te kry. Lekker baie geld op die swartmark verdien. Op `n landwye toer kan daai mense se droom dalk bewaarheid word.Los eerder daai koppie in Japan waar ons weet dit sal veilig wees.

bokke ·

Daar’s ‘n paar replikas van die beker. Die wereldbeker wat byvoorbeeld deur die wereld “gedra” is voor die wereldbeker was ‘n replika. Hierdie een wat vertoon gaan word deur die strate is waarskynlik ook ‘n replika.

Tante ·

agge nee julle hulle wil ook bietjie rus nou saam hulle geliefdes, hulle het julle Saterdag tot nou en nog langer laat geniet en trots gemaak hulle kan nie nou die land vol toer julle sal maar na die plekke moet gaan waar hulle wel gaan toer. Staan by Eben en laat regverdigheid geskied valse getuienis sal nooit ongestraf verby gaan nie. Elke iedere mens moet eendag voor God se regstoel gaan veroordeel word

Tante ·

agge nee julle hulle wil ook bietjie rus nou saam hulle geliefdes, hulle het julle Saterdag tot nou en nog langer laat geniet en trots gemaak hulle kan nie nou die land vol toer julle sal maar na die plekke moet gaan waar hulle wel gaan toer. Staan by Eben en laat regverdigheid geskied valse getuienis sal nooit ongestraf verby gaan nie. Elke iedere mens moet eendag voor God se regstoel gaan veroordeel word

Landie ·

Ongelooflik trots op die Springbokke!!! Baie geluk manne, welverdiende oorwinning. Engeland het na die sing van die volksliedere nie werklik ‘n kans gestaan nie, want hulle het gesing van hulle Queen en ons manne het gesing van die land wat ons so lief het.

bokke ·

Ek hoop Maroela plaas minstens 5 positiewe stories per dag oor die oorwinning en ander positiewe stories wat elke dag in SA plaasvind, vir die volgende week. Dit behoort ‘n bietjie nasietrots in ons wakker te maak.

Nasiebou ·

Soos in die polisie en weermag se teenwoordigheid het gangster moorde op die kaapse vlak met 30% laat afneem. Tikbendes bly nou by die huis ipv op straat uithang. Groot positief.

Rooibok ·

Die Springbokke het die EFF n groter terugslag gegee as vir die Engelse! Kyk maar hoe negatief is hulle oor die uitslag!

Dassie ·

Verwag julle nou hulle moet elke liewe dorp en stad in SA besoek…. Regtig

SjN ·

Dassie, jy redeneer nou soos n strikdas, ten minste elke provinsie se hoofstad, Bloemfontein nie eers op roete nie.

Gesiggie ·

Kom nou Bokke”’ Mpumalanga ( Nelspruit) …Ons is so TROTS op jul… En Rassie… jy is n Yster en Well Done op daai toekenning .. jy het dit verdien. Baie geluk ook aan Pieter- Steph en aan Siya Kolisi en al die ander BOKKE… Jul het almal bewys.. dat jul kan, en jul het. GO BOKKE”’

Dubbelloop ·

Ek sou ook darem dink dat Bloemfontein besoek moes word…
Ons het darem mos die Currie beker hierdie jaar verower. Die drie beker wat hierdie jaar verower so langs mekaar op n foto. Sjoe! Ou Snorre en AC se harte pomp seker ook nie modder nie!

aj ·

Ag nee plattelanders! Hoe gaan net 10 of 20 mense klink as hulle die volkslied (of shosholiza) sing? As die bokke kom kuier?

Pak jou mandjie en gaan piekniek in die stad … dan SING julle LEKKER in ‘n groot groep!

Pinky ·

Ja nee ons platteland staan weereens glad nie in die ry nie, wonder of hul weet as hul se landswye daar is 9 provinsies en dan moet hulle in al die provinsies ‘n draai ‘n draai maak. Nee wat ek is sommer baie teleurgesteld, het my stem weggeskree die naweek en hul kom nie eers naby die Noordwes Provinsie nie.

jakes ·

Wat van Pofadder en Wiliston? Hier in Pofadder is ons 25 ondersteuners en verdien om die Bokke te sien. Sal sorg vir n lekker braai, pap en hoenderpote.

Geheim ·

Jakes, hulle is volgende Maandag by Riemvasmaak – die oggend as my binne-kring-info reg is :)

Julle moet maar ‘n lorrie reel vir daai 25 groot ondersteuners.

Nettie ·

Trots op julle al sal julle nie my klein dorpie kan besoek nie is ek net tevrede julle bring beker SA toe. GO BOKKE!!!!!!!!!!

Uncle Bob ·

Hulle moet net nie van Harare vergeet nie. Ons is mos een nasie.

Mary ·

Ja maak nie saak waar julle gaan draai nie, ons is trots op julle en Japan wat n uistekende
wereld toernooi! Baie geluk aan julle almal.

Koos ·

Dankie Heer dat daar geen ernstige beserings was nie. En julle verdien nou om te rus. Sou jul in Langebaan wou gehad het, maar ek verstaan jul kan nie almal besoek nie. Nogmaals baie geluk. Dit was n fantastiese eindstryd. Dankie Japan…die skoon, veilige en respekvolle nasie. Met liefde uit die Weskus.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.