Bokke bitter teleurgesteld oor uitslag – Am

Lukhanyo Am op die aanval teen die All Blacks. Foto: GB Jordaan.

Lukhanyo Am was Saterdag die Springbokke se beste speler in hul nederlaag teen die All Blacks op Ellispark.

Die 28-jarige agterspeler het onder meer ’n drie gedruk, vyf verdedigers na lug laat gryp en 137 m vir die Suid-Afrikaners met sy lopies gewen. Terselfdertyd moes hy ook die skuif na vleuel maak nadat Jesse Kriel die veld met harsingskudding verlaat het.

Tog sou hy baie groter geglimlag het as die Bokke die wedstryd gewen het.

“Ons is baie teleurgesteld oor die uitslag. Ons wou bitter graag wen, maar ons het nie ons geleenthede benut nie. Ons was ook doodeenvoudig nie goed genoeg in ’n paar van die wedstryd se belangrikste oomblikke nie: ’n Strafskop is byvoorbeeld omgekeer en ons was ’n paar keer vas aan die slaap op verdediging,” het Am gesê.

Die meeste Springbok-ondersteuners sit seker ook met hul hande in die hare oor die geskoppery – selfs in die doodsnikke van die wedstryd wanneer ’n oorwinning gejaag word – terwyl die spankeuse ook tereg bevraagteken word.

Daarteenoor het die All Blacks behoorlik hul huiswerk gedoen. En hoewel dit nie noodwendig ’n Damaskuspad-ervaring vir die Nieu-Seelanders was waar alles in ’n oogwink verander het nie; het Ian Foster se troepe genoeg gedoen om te wys dat hulle beslis nie ’n swak groep spelers is nie.

Boonop is die Kiwi’s ook nou kort op die Bokke se hakke op Wêreldrugby se punteleer. Net 0,02 punte skei die twee spanne.

Ierland (90,03) is die voorste span ter wêreld gevolg deur Frankryk (89,41), Suid-Afrika (87,78) en Nieu-Seeland (87,76).

Dinge word ook nie juis makliker vir die Springbokke nie. Hul volgende wedstryd is op 27 Augustus teen Australië in Adelaide; ’n span wat hulle laas in 2013 weg van die huis kon klop.

“Ons sal ons kragmetings teen die All Blacks ontleed en kyk waar dinge vir ons skeefgeloop het. Ons het lanklaas die Wallabies in Australië gewen en as span sal ons moet verbeter,” het Am gesê.

  • Uitslae van die Springbokke se jongste kragmetings in Australië:

18 September 2021: 30 – 17 vir Australië

11 September 2021: 28 – 26 vir Australië

8 September 2018: 23 – 18 vir Australië

9 September 2017: 23 – 23

10 September 2016: 23 – 17 vir Australië

18 Julie 2015: 24 – 20 vir Australië

6 September 2014: 24 – 23 vir Australië

7 September 2013: 38 – 12 Suid-Afrika

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

49 Kommentare

Waarnemer ·

Kry eers n ander hoof afrigter voor julle Australie aanvat.

domheks ·

Te gerus gewees! Onnodige foute. Die skoppies werk nie, elke keer in die ander span se hande. Hardloop liewer met die bal…..

Nommer 7 ·

Ja, net toe ons voorloop kry ons die bal uit die skrum, skop hoog, AB kry die bal en gaan druk ‘n drie.

N ·

Am is op goeie vorm en kort spelers om hom wat ook is. Geland, Fassi, Roos, Louw, Esterhuizen

piet ·

Definitief NIE Fassi en Esterhuizen nie. Useless gewees teen Wallis.

N ·

Kolisi ook useless die laaste 10 wedstyde maar hy is daar? Dweba is useless maar hys daar bo Marx. So ook Jesse Kriel. So wat is jou punt?

piet ·

En so ook Vermeulen en Kwagga en, en so wat is jou punt? PSDT is ook nog nie op vorm nie en ouens soos Pollard is ook maar middelmatig. Los maar vir Kolisi uit, hy was rugbyspeler van die jaar verlede jaar en is ‘n gerespekteerde kaptein. Voor jy vinger wys na Kolisi moet jy vele ander eers aantree. En Dweba word nie bo Marx gekies nie. Marx word gewoonlik beskou as deel van die bomb-squad. In meeste gevalle is Marx in elk geval meer prominent wanneer hy van die bank afspeel. Ongelukkig is Mbonambi beseer anders sou Dweba nie gespeel het nie. Dweba is ‘n nuweling net soos ander jonger onbeproefde spelers wat dalk wil speel. Almal ongetoets, geen waarborg dat hulle beter as Dweba sal vaar nie of enigsins die mas sal opkom nie.

N ·

Gaaap (lang een)!! Dit is hoekom my heel eerste kommentaar gerig is op spelers wat op vorm is. Pollard en PSDT was wel goed. Lees om te verstaan, nie om terug te voer nie. Groete

Nie Verbaas ·

Speler van die jaar? Ons weet hoekom. Baie beter spelers as hy gewees.

Leon ·

Die afrigter se mos redes vir span keuses en spel patroon bly “privaat”. Die rugby publiek moet maar tevrede wees met “sy wil” . Lagwekkend

krodedil ·

Die afrigter ken nie die antwoord op die vraag nie. Vra hom weer, hierdie keer net stadiger

Michael ·

Met ‘n afrigter wie voorheen nog nooit die hoofaftrigter van enige rugbyspan was nie sal dinge maar later moeilik raak. Hy ploeg maar met Erasmus se kallers en ploeg. Indien Erasmus hom nie vinnig help nie sal dit al slegter gaan.

George ·

Erasmus is te besig om te drink en tiktoks te maak. Hy sal terug kom vir die limelight wat hy so baie mis.

Maritza ·

Was baie teleurstellend. Hoekom jou beste spelers op die bank sit tot later?

piet ·

Want dit werk vir hulle (gewoonlik). Ongelukkig weens swak spankeuses en strategie moes die sogenaamde “bomb squad” vroeer opkom as gewoonlik en toe raak hulle go op teen die einde.

Jacobus ·

Hoekom word die beste spelers op die bank gesit? Dan moet daar later opgevang word wanneer die span klaar in die moeilikheid is. Marx was voorverlede week speler van die wedstryd maar moet van die bank af speel. Verstaan nie hulle taktiek nie. Ons sit met van die beste spelers maar hulle hou die stoele warm. Ek is n groot Duane Vermeulen ondersteuner maar ek dink sy knie is gedaan en hy moet maar rugby vaarwel toeroep. Sy spel was glad nie op standaard nie.

Alfred E Neuman ·

Die springbokke het verloor want hulle is eenvoudig net nie goed genoeg nie.

Kobus ·

En wat was jou antwoord toe hulle laasweek gewen het? Die All blacks was net die beter span gewees.

piet ·

Dit is waarskynlik die geval teen die AB’s. Hulle oorheers rugby al van die jare toet af. Sedert die professionele era is hulle heeltemal onstuitbaar. So ja, bokkies soos alle ander spanne gaan maar meeste van die tyd pakslae kry teen die AB’s dis ‘n gegewe.

George ·

van jare toet af LOL…so verduidelik dan asb al die jare waar die AB nie die RWC gewen het nie? Nee wat, hul is n doodgewone span, SA het hul onderskat die hele week, bitter swak gespeel, eenvoudig.

piet ·

Doodgewone span, LOL. Jy hoef net na hulle algehele rekord te kyk, by verre beter as enige ander span. Jy sien, dis waar die ouens die fout maak, dink die wereldbeker is die alfa en omega waar dit inderwaarheid maar net ‘n 4-jaarlikse uitkloptoernooi is. Om te dink dat as jy die wereldbeker wen, jy noodwendig die beste span in die wereld is, is baie ver van die waarheid af. Die AB’s het ‘n meer as 80% wenpersentasie sedert die aanvang van die professionele era. Absoluut dominant. Om jou hoop op ‘n 4-jarige uitkloptoernooi te vestig, is eintlik lagwekkend.

piet ·

George, die AB’s wen die Bokke gereeld op Ellis Park en in SA onderskat of nie.

JohanR ·

Saterdag was die tweede keer in 5 wedstryde dat Jacques Nienaber die verkeerde span gekies het. Ox, Dweba en Duane nie eers 30 minute op die veld nie. Teen die All Blacks jy hulle sommer in die eerste 15 minute ore aan sit of hulle kom sterk terug. Nou gaan ons Aussie toe en mag net 32 speelers neem soe sal interesant wees wie hulle by die huis los. Ek dink sterk Saterdag aan Evan Roos en hoe hy kan baljaar. maar dan gaan Duane Vermeulen 10 jar ouer en terug van ‘n besering op die veld!

Chris dupreez ·

Absolute swak kapteins besluite het ons die wedstryd gekos.

piet ·

Hierdie besluite word reeds voor die wedstryd geneem. Die Bokke reken hulle kan almal oor die doellyn losmaal. Dis dieselfde taktiek soos up and unders wat reeds voor die wedstryd besluit word. Jy kan nie die kaptein op die veld die skuld gee as dit is wat reeds vooraf besluit is nie. Nienaber kies dan sy spanne vir die toetse in ‘n reeks nog voordat die reeks begin het (soos die 2de toets teen Wallis). Die hele Bok setup is onbuigsaam, hulle het besluit hoe hulle gaan speel en niks gaan hulle daarvan laat afsien nie.

krodedil ·

Stem saam Piet maar ‘n goeie internasionale span behoort alternatiewe speel patrone te he as iets nie werk nie. Aanpasbaarheid laat jou uitstuig bo die res.

piet ·

Alternatiewe spelpatrone word uit die ouens uit ge-coach as dit by die Springbokke kom. Ongelukkig is dit so dat om teen sterk spanne te wen met so ‘n beperkte spelpatroon jy basies perfek moet speel (en bietjie geluk moet he) want die “margin for error” is baie klein.

Catherina ·

Kan nie altyd wen nie. Vat julle pak en beweeg aan. Nie die ended v d wêreld nie

Hennie ·

Ek sal weer betaal om rugby te kyk wanneer politiek uit rugby is. My geld is veilig.

Leon ·

Hi my maat. Baie dankie. Ek glo nie dit gaan baie gou gebeur. Ek het nou maar al die oorseese spanne aangeneem en geniet gesonde rugby

capie ·

Toe die erste strafskop wat na die pale kon gaan by die lyn uit is, het ek geweet dit is verby. Dit IS tog toets rugby en dit is die All Blacks. Dan speel jy om te wen en nie vir die oorseese rugby “kommentators” en afrigters nie. Ek het afgesit en beter goed gaan doen.

piet ·

Ek wil nou nie ‘n doemprofeet wees nie, maar ons rekord teen Australie daar is uiters beroerd. Dis iets soos 2 wedstryde wat ons daar kon wen sedert ons teruggekeer het uit isolasie. Ons rekord is erger in Australie as teen NZ in NZ as ek dit nie mis het nie.

Frederik ·

Moenie die “bombsquad” later instuur teen die allblacks nie. Ontnugter hulle vd begin af. n allblack wat momentum gekry het is te gevaarlik. Gebruik die beste spelers vd begin af.

krodedil ·

Die sogenaamde bom squad word gebruik as spelers te onfiks is om langer as 30min te speel. Bokke het bom squad en die All Black breinkrag

SjN ·

Die ander naam vir die bom squad is die rusplek vir sekere spelers wat polities gekies word en nie die mas kan opkom nie.

Niklaas ·

Ek dink nie die bom squad , Marx , Koch en Kitshof is politieke keuses nie.

Niklaas ·

Dis nie slim om teen die AB ‘s te eksperimenteer nie. Veral nie as hul gewond is en wraak wil neem nie

Papsak ·

Die Bokke moet ophou skop gaan speel sokker as jy net wil skop speel rugby ouens

piet ·

Dis waar maar die waarheid is ook dat ons nie die AB’s met hardlooprugby sal wen nie. Die telling sal dan waarskynlik nog groter in hul guns wees. Dis maar ‘n moeilike storie. AB’s is maar top klas.

piet ·

Ons rekord teen Australie in Australie sedert 1992. 32 gespeel, 5 gewen. Genugtig maar dis darem swak (15%).

piet ·

Tweekeer swakker as die matriekslaagsyfer. Nee kyk, dit wil gedoen wees. Ek bedoel, as jy 15% kry vir ‘n vraestel dan het jy mos nie ‘n clue wat aangaan nie. LOL

piet ·

So terloops. Algehele wenpersentasie (alle toetse teen alle lande): NZ 77%, SA 62%. NZ was maar nog altyd die beste. Natuurlik het NZ die rugbytoneel heeltemal oorheers in die professionele era. Maar steeds, as ek reg onthou was hulle wenpersentasie in die amateur-era 71% terwyl SA 66% was, so weereens maar nog altyd die beste in totaal gewees. Vandat hulle die suidsee eiland-manne nadergetrek het, het hulle egter die toneel heeltemal oorheers.

piet ·

So wat dink julle. Moet ons begin hardlooprugby speel so dat ons almal die spel kan geniet of hoe? Kom ons weeg die positiewe teen die negatiewe op. Positiewe – ons gaan die spel meer geniet en ons gaan swakker spanne met lekker groter tellings wegsit. Negatiewe – Ons sal waarskynlik verder verloor teen die AB’s maar dan verloor ons in elk geval meeste van die tyd teen hulle (die verloortelling word net beperk). Ek stem vir hardlooprugby, sal nou nie so lekker werk teen die AB’s nie maar minstens behoort dit voordelig te wees teen ander spanne.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.